Page 1 of 1

Die wil om te lewe

Posted: Tue Oct 04, 2011 5:35 pm
by Apie reilly
Nog eeniekie, Ek het twee jaar terug gaan jag in Dwaalboom bloue was in die visier Saterdag oggend loop ek in vier bulle vas klop die een en die ander drie staan ek dog toe nee wat sal maar nog een stamp so gemaak. Ek bel toe die plaaseienaar en laat weet hy moet kom ek het twee bloues geklap. Ek loop toe en kry die een maklik agter die boom le, soek toe die tweede een wat ek gwskiet het kerels glo my n blinde ou kan daai bloed spoor volg maar bloue is weg. Loop toe maar terug pad toe want die boer is al daar, die vra toe waar is hulle ek gaan wys hom die een en gaan wys hom die bloed spoor. Ons besluit toe maar ons gaan hom los laat hy gaan le ons sal later daai spoor volg. Ons maak toe so omtrent drie uur daai middag  ons loop hom Half vyf raak daai middag onder n boom skiet hom nog n skoot deur die kop maar was te oorhaastig swak skoot, hy vlieg toe weer op gelukkig skiet die plaas boer hom n mooi skoot deur die kop toe ons by die bok kom wou ek sien waar my skoot was die eerste een n pervekte blad skoot volgens my by die (exit) wound haal ek n stuk long uit ek het diet nog nooit te gekom nie hy het seker drie kilos vanwaar ek hom geskiet het en waar ons hom gekry het geloop.

Re: Die wil om te lewe

Posted: Tue Oct 04, 2011 5:46 pm
by ArnoldM
Ja nee Apie, hulle se mos 'n bloue word siek gebore en net al hoe gesonder met elke skoot wat jy hom skiet....

Re: Die wil om te lewe

Posted: Tue Oct 04, 2011 6:10 pm
by JoevR
Apie, dit is die rede hoekom ek die grootste kaliber geweer wat ek besit gebruik as ek 'n blouwildebees wil jag.

Groete
Joe

Re: Die wil om te lewe

Posted: Tue Oct 04, 2011 6:18 pm
by Cobus(Cobb)
Dis amper skrikwekkend as 'n ou agterkom hoe "ratel taai" die natuur is....

Cheers

Re: Die wil om te lewe

Posted: Tue Oct 04, 2011 7:24 pm
by GreyGhostGear
Watter kaliber het jy gejag mee Apie?

Re: Die wil om te lewe

Posted: Tue Oct 04, 2011 8:40 pm
by Apie reilly
308 met 165g pint en 44grein s335 hornady pinte

Re: Die wil om te lewe

Posted: Wed Oct 05, 2011 6:59 am
by DWB
Hallo Manne,

Ek moes self laas week 'n gekwesde SWB gaan opvolg met 'n 30-30.

Iemand het haar deur die agterstewe geskiet en sy het woes gebloei, ek is toe maar agterna te voet en het haar gaan soek.

Toe ek haar kry toe staan sy nog, en toe sy draai toe sit ek een wat ek gehoop is is die hart/long area, sy val en toe staan sy weer op, toe skiet ek weer op dieselfde plek.

Sy het toe gaan l?, maar wou nie dood, toe kom ek naby genoeg om haar deur die kop te skiet en dit is toe wat ek agterkom die teleskoop was uit want my twee "hart/long" skote was albei bymekaar maar ver regs.

Dit was vir my bitter hartseer om te sien hoe sy nie wil vrek nie.

Ons het daarna uitgevind sy was swaar dragtig. Dit was wild waar als in die kamp moes uitgeskiet word.

Re: Die wil om te lewe

Posted: Wed Oct 05, 2011 7:40 am
by BLOK
Arm man se buffel, kyk hulle is taai en omdar sy nek so laag gaan en sy skof so hoog sit skiet baie manne hom ook nog hoog. En pasop maar het al self gesien as hy gekwes is kan hy lekker bedonnerd word.

Re: Die wil om te lewe

Posted: Wed Oct 05, 2011 7:44 am
by Geno
DWB wrote: Ons het daarna uitgevind sy was swaar dragtig.
Dragtige diere vat baie langer om te vrek. Vra maar vir KSV, hy het in Mei saam met ons 'n gemsbok koei 'n perfekte breinskoot geskiet, en sy het ook bitter lank gevat om heen te gaan....