Page 1 of 1
1996 30-06 Waars die dae
Posted: Tue May 15, 2018 8:43 pm
by Riaan Beeslaar
Krap hier deur n paar ou goed kom ek op my faktuur vir my 30-06 af. R3899.00 in 1996. 22 Jaar later skiet hy nog net so lekker
20180515_184740.jpeg
Sent from my SM-G950F using Tapatalk
Re: 1996 30-06 Waars die dae
Posted: Tue May 15, 2018 10:38 pm
by Steyr270
Defnitief nie net n 'flavour of the month' nie....

Re: 1996 30-06 Waars die dae
Posted: Wed May 16, 2018 8:14 am
by NicoSmit
My Musgrave 3006 het ek by oorlede Lukas Potgieter gekoop toe sy winkel nog in Melville was in die vroee 80's vir R800
Re: 1996 30-06 Waars die dae
Posted: Thu May 17, 2018 9:13 am
by Hennie Dreyer

My 3006.....FN Sauer......By DECOR in Vanderbijlpark. Ja dit was 'n meubel winkel. Gekoop in 1982 ek dink. Gekry saam met Bushnell se 'bullet drop compensator' teleskoop met geweersak vir R850. Op Rekening gekoop, en lisensie vinnig gekry!!! Waar is die dae?
So spyt ek moes hom verkoop om vir my vrou 'n trouring te koop
Aan die ander kant....die roer was redelik swaar om te dra, en agter gedeelte van kolf was nie aaneenlopend met die res nie. Maw daar was 'n bout wat van die skouer kussing gedeelte ingeskroef het na voor wat met my gebruik losgekom het...gelukkig nie terwyl ek geskiet het nie!!!!