Page 1 of 1
Scope mounts te laag?
Posted: Tue Jan 16, 2018 5:15 pm
by kapteinoubaas
Okay so ekt 'n great lynx lx3 (2.5-15×50) gekry om my 338 wm klaar aan t trek. Saam met leupold rings met dove tail connections (sako brown bear het reeds bases). Nou net vir stupid vraag: mag die teleskoop aan d loop raak (net net)? Of moet ek ringe verander (van med na high)?
Sent from my SM-A720F using Tapatalk
Re: Scope mounts te laag?
Posted: Tue Jan 16, 2018 5:39 pm
by Hercules Louw
Die scope moet glad nie aan die loop raak nie, minimum 0.5mm gaping sou ek sê.
Wees ook versigtig vir daardie tipe ringe, deur hulle vorentoe of agtertoe te skuif op 'n Sako se "tapered dovetails" word die horisontale oplyning van die twee ringe ten opsigte van mekaar verander en kan jy baie maklik 'n spanning oor die teleskoop veroorsaak. Die beste is om Sako se eie Optilok ringe en basisse te kry met die plastiek "inserts" wat alle oplyning probleme uitskakel.
Re: Scope mounts te laag?
Posted: Wed Jan 17, 2018 11:26 am
by kapteinoubaas
Dankie Hercules. Probleem is my budget kompenseer nie vir hierdie tipe foutjies nie - kan nie nou Sako bases en optilocks bekostig nie (gaan by die R3000 wees).
Dit kan seker werk as ek net die leupold med height met high ringe vervang? So nie sal dit nie ook werk om ekstra two piece dovetail mounts (wat nie getaper is nie) bo-op die sako mounts te sit nie?
Soos bv hierdie:
https://zimbi.co.za/product/leup-win-qrw-70-exp-pre
Re: Scope mounts te laag?
Posted: Wed Jan 17, 2018 11:35 am
by Capt. Yoda
Maklike plan,ek ruil jou n Howa met hoer mounts vir daai Sako. Jy kan hom self by die winkel gaan kies

Re: Scope mounts te laag?
Posted: Wed Jan 17, 2018 11:39 am
by kapteinoubaas
3 howa's?
of twee en 'n cz 75?
Re: Scope mounts te laag?
Posted: Wed Jan 17, 2018 12:05 pm
by heywillie
Ek het vir jou Lynx basisse en 25mm medium mounts. Het my Vortex met 42 objective vêr bo die loop gelig.
PM my dan stuur ek vir jou fotos en 'n prys
Re: Scope mounts te laag?
Posted: Wed Jan 17, 2018 1:26 pm
by Harambe
Toe ek my haelgeweer gekoop het het ek nie eens geweet dovetail mounts bestaan nie. Loop koop ek toe mos 'n RDS vir die varkskiet slag en daar sit ek met 'n optic wat nie pas nie. R100 en ses weke later kry ek toe darem 'n dovetail-na-picatinny adapter, maar dis nou nie 'n resep vir akkuraat skiet nie. Dis wel oukei vir 'n haelgeweer.
Re: Scope mounts te laag?
Posted: Wed Jan 17, 2018 1:54 pm
by heywillie
Harambe wrote:Toe ek my haelgeweer gekoop het het ek nie eens geweet dovetail mounts bestaan nie. Loop koop ek toe mos 'n RDS vir die varkskiet slag en daar sit ek met 'n optic wat nie pas nie. R100 en ses weke later kry ek toe darem 'n dovetail-na-picatinny adapter, maar dis nou nie 'n resep vir akkuraat skiet nie. Dis wel oukei vir 'n haelgeweer.
Daar is darem ringe wat spesifiek gemaak word vir Sako se dovetails, die trick is net om die regte hoogte te kry
Re: Scope mounts te laag?
Posted: Wed Jan 17, 2018 2:12 pm
by Harambe
O ja natuurlik. Ek laaik maar net van praat oor myself. Dis 'n afwyking wat ek het.