Ons glo almal is terug by hulle huise na die vakansie en al weer volstoom besig met 2018! ’n Baie voorspoedige 2018 word julle en julle gesinne toegewens.
Ons voorlopige datums vir die 4 formele ALRHA skietdae is 10 Maart 2018, 2 Junie 2018, 11 Augustus 2018 en 13 Oktober 2018. As daar informele skietdae en werkswinkels tussenin gehou gaan word, sal ons dit vooraf aankondig en aanstuur.
Geliewe asseblief kennis te neem van die volgende verandering rakende die inskrywings en tellings vir die jaar:
1. Inskrywingsfooie vir ALRHA lede wat vooraf inskryf vir die skietdae, sal ’n bedrag van R150-00 beloop en vir nie-lede wat vooraf inskryf, sal R300-00 beloop;
2. Inskrywingsfooie vir ALRHA lede wat op die dag inskryf vir die skietdae, sal ’n bedrag van R175-00 beloop en vir nie-lede wat op die dag inskryf, sal R325-00 beloop;
3. SLEGS ALRHA lede ontvang bywoning sertifikate vir elke skietdag wat bygewoon word. Nie-lede is welkom om die bywoningsregister te voltooi in die Vrywaringslêer en daar sal aan die einde van die jaar, slegs bevestiging gegee word aan die persone wat dit voltooi het;
4. Enige persoon wat vir ’n skietdag ingeskryf en betaal het, sal in aanmerking kom vir die eerste 3 plekke, sowel as die sertifikate en pryse wat daarmee saamgaan, maar SLEGS ALRHA lede se tellings sal in aanmerking kom vir die eindjaar pryse, sertifikate en trofee’s.
Onthou ook asseblief dat alle hernuwings teen 31 Januarie 2018 ontvang en betaal moet wees, anders moet jy van vooraf aansluit.
Vriendelike groete
ALRHA EXCO
ALRHA 2018 amptelikke skiet dae & gepaartgaande veranderings
- JacquesT (Stompe)
- Hero Member

- Posts: 948
- Joined: Fri Jan 30, 2015 2:26 pm
