Page 1 of 1
Raklewe van patrone
Posted: Mon Sep 19, 2011 11:18 am
by Coenie (Swift)
Goeie dag almal,
Ek het gekyk op forum en kon nie antwoord kry nie.
Wat is die raklewe van patrone gekoop of herlaai wat nog behoorlik sal groepeer?
Dankie
Re: Raklewe van patrone
Posted: Mon Sep 19, 2011 12:05 pm
by Coenie (Swift)
Hi Ludwig,
Dankie vir jou antwoord ek het hier by nog 'n klompie wat so 8 jaar oud is en ek kon nie probleme sien nie.
Sou dit nie lekker wees om nou nog te kon koop vir R2.50 'n pakkie nie...... Ek glo as al die biltong getel kon word van daai 40 pakke sou ons verstom staan.
Groete
Re: Raklewe van patrone
Posted: Mon Sep 19, 2011 12:58 pm
by Louis Kriel
'n Paar jaar terug het 'n oom vir my 'n pakkie Sako 220 gr hammerheads gee. Dit was in die pakkie met die blou kol op. Daai ammo was soos 'n "flintlock". Jy trek die sneller en die skoot klap eers so 'n sekonde later. Of die primers of die dryfmiddel was kaput! So toets maar jy sal gou agter kom.
Re: Raklewe van patrone
Posted: Mon Sep 19, 2011 1:14 pm
by wlm
Ek het al waarskuwings gehoor teen herlaaide "ammo" waarvan die die dop smeermiddel nie uit die dopnekke verwyder is nie.
'n Chemiese binding kan tussen die dop, smeermiddel en koeel vorm met gepaardgaande hoe druk