Middag,
Is hier dalk slim manne wat my kan raad gee. My wapens los ek een dag vir my seuns, maar hoe gemaak as hulle nog minderjarig is? Wat is die beste manier om jou testament so te bewoord en legally reg is? Kan mens die goed net stoor, of trust sit, of moet jy dit op iemand se naam registreer?
Dankie
Hulp met vuurwapens en testament
- pietjacobs
- Hero Member

- Posts: 522
- Joined: Mon Sep 27, 2010 1:23 pm
- Viking
- Hero Member

- Posts: 871
- Joined: Tue Jun 03, 2014 4:55 pm
Re: Hulp met vuurwapens en testament
Pietjacobs,
Dis 'n tameletjie....die Vuurwapen Wet maak nie voorsiening vir vererwing nie - dus sal die testament bepaling nie afgedwing kan word by die toestaan van 'n lisensie nie.
Eienaarskap van die wapens MOET dus kan oorgedra word na 'n natuurlike persoon wat 21 jaar oud is - so die trust gedagte is uit!
Stoor vir 'n onbepaalde tyd gaan ook nie werk nie - die boedel moet afgehandel word en na jou dood is die eksekuteur die enigste wat toesig en besit kan neem van die wapens. Daar is spesifieke bepalings hoe die eksekuteur daarmee moet handel tot die boedel uiteindelik afgehandel is.
Jy sou die wapens aan jou vrou kon bemaak of enige familielid/vriend, maar ouer as 21 en ELKEEN in die ry sal 'n gewone aansoek roete moet volg om die wapen(s) regmatig oorgedra te kry!
Sterkte!

" My idea of gun control is using BOTH hands!"
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4793
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: Hulp met vuurwapens en testament
Piet
Dit kan seker bewaar word tot die kinders self kan aansoek doen vir lisensie. Die vraag is by wie en vir hoe lank? Die eksekuteur is verantwoordelik om die bates te stoor en kan dit doen met 'n SAPS stoor dokument. Daar is egter min eksekuteurs wat vuurwapens gaan stoor. Die vuurwapens kan deur 'n bevoegde persoon gestoor word - wat genoem word in jou testament. Bv jou broer wat toegewyde jagter is en groot kluis het. Ek stoor my pa se vuurwapens, dis net 'n pyn om die SAPS dokument elke 6 maande te laat afteken.
Alles gaan na 'n trust, maar die trust sal nie die lisensiering kan doen nie.

Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4793
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: Hulp met vuurwapens en testament
Die testament kan afgehandel word al is die vuurwapens nog in stoor of dan veilige bewaring. Die waarde van die bates op datum van dood word bepaal, belasting word betaal en dan word die verdeling gedoen. As seun 1 die 30-06 kry en jou oogappel die 270 Win dan kan die wapens gestoor word bv by jou broer tot hulle self kan aansoek doen. Niemand van SAPS of die wet het gesê hoe lank die wapens gestoor mag word nie.
Die Wet spreek wel daaroor:
Firearms Control Act, 2000 (Act No. 60 of 2000)
Firearms Control Regulations, 2004
Chapter 12 : General provisions
103. Disposal of firearms in insolvent or deceased estate
https://www.acts.co.za/firearms-control ... sed_estate
Die Wet spreek wel daaroor:
Firearms Control Act, 2000 (Act No. 60 of 2000)
Firearms Control Regulations, 2004
Chapter 12 : General provisions
103. Disposal of firearms in insolvent or deceased estate
https://www.acts.co.za/firearms-control ... sed_estate
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
- pietjacobs
- Hero Member

- Posts: 522
- Joined: Mon Sep 27, 2010 1:23 pm
Re: Hulp met vuurwapens en testament
Ok baie dankie almal
-
Ds J
- Hero Member

- Posts: 2160
- Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Re: Hulp met vuurwapens en testament
Kinders kan met bietjie moeite vuurwapenlisensies kry. Êrens lui 'n klokkie vir 12 jaar as minimum ouderdom maar dit vereis toegewyde status.