Het enige manne sukses met alpakkas om hul skaap kudde op te pas? of is dit maar dieselfde storie as donkies ens?
Ek het n vriend in die Theunnissen(Sentraal Vrystaat) omgewing wat besig is om sy skaapkudde aansienlik te vergroot.Hy het baie verliese die laaste 2 maande.Ek diens die plaas met dag/nagroep en het goeie sukses.Verder gebruik hul ook ysters,vanghokke,helikopter en een anatoliese hond.Hul het nog nie gifskieters probeer nie maar is nou redelik desperaat.Groot probleem in die area is die min skaapboere en jakkalsproef draad so samewerking is min van die bure
Hul probeer sover als moontlik so ondersoek nou ook die opsie van alpakkas.
Hoop iemand kan help
Alpakkas enige nut by roofdier beheer?
-
junglejulian
- Hero Member

- Posts: 1229
- Joined: Mon Mar 28, 2011 10:35 pm
-
wlm
- Hero Member

- Posts: 2454
- Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm
Re: Alpakkas enige nut by roofdier beheer?
Vir my maak dit sin dat n donkie of alpakka in n klein kampie predatore kan verjaag. n kamp van redelike grootte gaan hy net nie oral teenwoordig wees nie. Beste manier, veral waar bure nie saam werk nie, bly jakkalsproef wat onder met klip gepak is of elektrifisering. Dis andersins onmoontlik om alles wat inkom na jou plaas toe te vang of te skiet.
Tong in die kies,pasop daai Anatool vang dalk meer lammers as jakkie.
Tong in die kies,pasop daai Anatool vang dalk meer lammers as jakkie.
-
junglejulian
- Hero Member

- Posts: 1229
- Joined: Mon Mar 28, 2011 10:35 pm
Re: Alpakkas enige nut by roofdier beheer?
Dit is eintlik die buurman/vennoot wat die anatool in sy een kamp het.Hy vertel nogal hy het net 10 skape in die eerste 2 jaar verloor wat die hond dood gebyt en gespeel het.noudat die hond groot is byt hy nie meer die skaap nie.Ek vermoed hy het nogsteeds verliese agv die hond.
-
Harambe
- Hero Member

- Posts: 681
- Joined: Wed Jul 19, 2017 4:48 pm
Re: Alpakkas enige nut by roofdier beheer?
Dit klink soos 'n mafia hond. Hy maak seker niemand anders kom naby sy prooi nie. Ek het rerig nie geweet daai honde maak so nie. Hulle is dan spesifiek geteel om skape op te pas en te beskerm.
Of so iets
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5028
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: Alpakkas enige nut by roofdier beheer?
My een goeie vriend het een Alpaka tussen 30-40 skape en sover geen probleem nie die skape loop op 200hektaar plaas tussen verskillende kampe rond. Daar was twee maar een het gevrek as gevolg daarvan om vekeerde lek in te kry. So vind uit wat hulle mag en nie maar eet nie.
-
wlm
- Hero Member

- Posts: 2454
- Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm
Re: Alpakkas enige nut by roofdier beheer?
In die karoo is 200 hektaar skaars een kamp.