Hoog- en laag skiet - VROEG OGGEND EN LAAT MIDDAG

Everything regarding Long Range Shooting and Hunting here / Alles rakende Langafstand skiet en jag hier
Post Reply
User avatar
JBS
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 62
Joined: Tue Sep 15, 2015 3:57 pm

Hoog- en laag skiet - VROEG OGGEND EN LAAT MIDDAG

Post by JBS »

Ek vermoed al 'n geruime tyd dat skote geskiet tydens vroeg oggend en laat middag ( gewoonlik ideale omstandighede vir 'n "Zero" kry) te hoog of te laag tref.
Ek oefen meestal vroeg oggend voor kantoor-ure en dus is hierdie verskynsel 'n probleem.

Vir die afgelope 4 maande het ek hierdie verskynsel gaan naspeur en kort hulp..........

My toetsafstand is ongeveer 500m om 'n hoogteverskil mooi op te merk.

Sommige oggende is die groepering perfek (1"-2") op die verwagte verstelling voor sonop. Met sonop "klim" die groepering tot 1MOA hoog en bly daar vir bykans n uur waarna dit weer terugkeer na die oorspronklike "zero".
Dieselfde verskynsel gebeur sommige middae met sonsondergang.

Op ander geleenthede bly die hoogte onveranderd deur die sonsopkoms en sonsondergang.

Op verskeie geleenthede (meestal) vroeg oggend sak die groepering na sonsopkoms laer (0.5MOA) as die verwagte "zero" en bly daar tot 10h00 waarna dit terugkeer na die "zero" posisie.
Die verskynsel is gereeld (maar nie altyd nie) omgekeerd (opwaarts) in die laat middag.

Let dat die loop nie warm geskiet word nie.
Daar is nie altyd "mirage" sigbaar tydens die hoog- en laag tref skote nie.

Het iemand dalk al soortgelyke ondervindings gehad en is daar dalk 'n verklaring?
JBS

308 Win Krieger
404 Jeffrey
6mm XC
223 Rem Sako
30-30 Win Lever
357 Lever
9mm Sig 226
40 S&W Vektor
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Hoog- en laag skiet - VROEG OGGEND EN LAAT MIDDAG

Post by tripodmvr »

Daar is 'n verskynsel genaamd refraksie wat 'n groot effek op hoek waarnemings het in die opmeet bedryf. Dit is baie aktief wanneer die lug verwarm of afkoel en meer stabiel in die middel van die dag. Met tabelle of berekeninge word daarvoor gekompenseer. Dit is heelwaarskynlik wat jy ervaar met die skietery. Prakties gesproke beteken dit dat die beeld wat jy sien op en afwaarts verplaas word deur die ligstrale wat gebuig word terwyl dit deur die lug trek.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
jankraay
Hero Member
Hero Member
Posts: 1898
Joined: Fri Dec 30, 2016 4:12 pm

Re: Hoog- en laag skiet - VROEG OGGEND EN LAAT MIDDAG

Post by jankraay »

Lights down sights down, lights up sights up...


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
Heinds
Hero Member
Hero Member
Posts: 786
Joined: Thu Aug 18, 2011 2:33 pm

Re: Hoog- en laag skiet - VROEG OGGEND EN LAAT MIDDAG

Post by Heinds »

Ek sien dieselfde van tyd tot tyd en dit laat n ou baie twyfel in die geweer as jy nie weet wat dit veroorsaak nie.
Sako 85 6XC
Howa 22-250 Rem
Blaser R8 6.5x55
Tikka .260AI Rem
Tikka 223
Glock 9MMP
Baretta SP1 O/U
User avatar
JBS
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 62
Joined: Tue Sep 15, 2015 3:57 pm

Re: Hoog- en laag skiet - VROEG OGGEND EN LAAT MIDDAG

Post by JBS »

tripodmvr wrote:Daar is 'n verskynsel genaamd refraksie wat 'n groot effek op hoek waarnemings het in die opmeet bedryf. Dit is baie aktief wanneer die lug verwarm of afkoel en meer stabiel in die middel van die dag. Met tabelle of berekeninge word daarvoor gekompenseer. Dit is heelwaarskynlik wat jy ervaar met die skietery. Prakties gesproke beteken dit dat die beeld wat jy sien op en afwaarts verplaas word deur die ligstrale wat gebuig word terwyl dit deur die lug trek.
Dankie vir die terugvoer.
Is daar n webwerf met die tabelle?

Ek het mettertyd probeer om die uitwyking te voorspel voor ek skiet met relatief min sukses.
Ek kan dink dat die verskynsel die landmeter moet beinvloed. Hoe korrigeer jy hiervoor? Hoe neem jy die kondisie / uitstraling waar om die besluit van op- of af te maak?
JBS

308 Win Krieger
404 Jeffrey
6mm XC
223 Rem Sako
30-30 Win Lever
357 Lever
9mm Sig 226
40 S&W Vektor
User avatar
wolfie47
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 64
Joined: Sun May 03, 2015 3:05 pm

Re: Hoog- en laag skiet - VROEG OGGEND EN LAAT MIDDAG

Post by wolfie47 »

Is die probleem erger of minder as die wind so bietjie roer, meer as 5km/h. Dit is my ervaring maar nooit geweet wat dit is nie.
User avatar
wolfie47
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 64
Joined: Sun May 03, 2015 3:05 pm

Re: Hoog- en laag skiet - VROEG OGGEND EN LAAT MIDDAG

Post by wolfie47 »

Jammer my waarneming is dat die probleem verklein as die wind bietjie roer.
(Gestuur voor ek gelees het).
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Hoog- en laag skiet - VROEG OGGEND EN LAAT MIDDAG

Post by tripodmvr »

.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: Hoog- en laag skiet - VROEG OGGEND EN LAAT MIDDAG

Post by wlm »

Lugdruk?
User avatar
JBS
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 62
Joined: Tue Sep 15, 2015 3:57 pm

Re: Hoog- en laag skiet - VROEG OGGEND EN LAAT MIDDAG

Post by JBS »


Dankie. Lyk my die kort en die lank is vermy daardie tyd van die dag!
Ek het ook n artikel (meestersgraad tesis van landmeter) deurgewerk met SWAAR wiskundige benaderings (in grafieke omgesit) vir wanneer jy weet wat die uitstraling is.

Stem jy saam dat die voorspelling van wat die uitwyking moeilik is (liggestel)?

Het jy dalk n duimreel?

Myne was altyd:
Voor 07h00 soggens gaan ek 0,5MOA laag tref
Na 17h00 gaan ek 0,5 MOA hoog tref.

Hierdie reel is meestal die naaste benadering as ek die 25-30 min wat my skote hoog tref ignoreer......
JBS

308 Win Krieger
404 Jeffrey
6mm XC
223 Rem Sako
30-30 Win Lever
357 Lever
9mm Sig 226
40 S&W Vektor
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Hoog- en laag skiet - VROEG OGGEND EN LAAT MIDDAG

Post by Gawie(13mm) »

Ek is nou nie een van die slim manne nie!
Uit my eie ondervinding kan ek getuig dat observasie en data insameling vir latere korrelasie van uiterste belang is.
Overgesetsynde, leer en presteer of "Vini, vidi, vici!

.....en vir die van julle wat dink ek praat weer str@nt; leer uit jou foute!! ;D

Op Mooreesburg se baan kom die son ook vlak oor die horison op tussen 7 en 8 vm, in die winter. Net mooi die tyd wanneer daar ingeskiet en verstel word.
Na daai tweede aflos op die 200 m springbok, is daar baie "af bene en stukkende bekke" op daai bok. >:D

Ek maak maar notas en baie ouens lag vir my met my liniaaltjie en my rooi boekie, maar D.O.P.E. het al baie my gat gered. Nou moet ek net alles onthou wat ek predik. ;D
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
JBS
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 62
Joined: Tue Sep 15, 2015 3:57 pm

Re: Hoog- en laag skiet - VROEG OGGEND EN LAAT MIDDAG

Post by JBS »

Ek stem met jou saam Gawie, maar.......

Die rede waarom ek hulp inroep is JUIS omdat die data insameling oor n lang periode nie bevestig kan word nie. M.a.w. ek kan nie 'n suksesvolle voorspelling maak van die verstelling nodig om te tref in die bespreekte kondisies nie.

Ek versoek dus raad vanaf skuts, landmeters ens. wat dalk 'n manier ontwikkel het om die voorspelling akkurater te maak. (Meet van atmosferiese kondisies om dalk 'n voorspelling van uitstraling te maak??)

'n 1 MOA fout @ 600m is 6.87" (17,4cm) wat 'n noemenswaardige afwyking is. Dit het my telkemale laat mis.

As daar n manier is om 'n kort video aan te heg doen ek dit graag ter bevestiging van die verskynsel............

Dankie vir die hulp!
JBS

308 Win Krieger
404 Jeffrey
6mm XC
223 Rem Sako
30-30 Win Lever
357 Lever
9mm Sig 226
40 S&W Vektor
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Hoog- en laag skiet - VROEG OGGEND EN LAAT MIDDAG

Post by tripodmvr »

Ek dink nie 'n formule gaan hier help nie. Windlees is ook maar nie 'n wetenskap nie, maar ondervinding help baie.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Hoog- en laag skiet - VROEG OGGEND EN LAAT MIDDAG

Post by tripodmvr »

Ek plaas hier 'n tabel wat ons gebruik wanneer hoek waarnemings gedoen word om hoogtes te bepaal. Let wel dat ons dit probeer doen oor die middel van die dag, so dit sal nie heel korrek wees vir die oggend en middag toestande nie.
Trig levelling.jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
swc-tr
Hero Member
Hero Member
Posts: 1518
Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm

Re: Hoog- en laag skiet - VROEG OGGEND EN LAAT MIDDAG

Post by swc-tr »

@ J Steyn. Neem jy temperatuur van die ammo in ag?
Dis 6" agter die kolf wat tel!
"A fool with a tool, is still a fool."
User avatar
JBS
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 62
Joined: Tue Sep 15, 2015 3:57 pm

Re: Hoog- en laag skiet - VROEG OGGEND EN LAAT MIDDAG

Post by JBS »

swc-tr wrote:@ J Steyn. Neem jy temperatuur van die ammo in ag?

Die amunisie se temp bly konstant gedurende die tyd wat die skote hoog begin tref en dan ook weer terugkeer na die "zero" posise.
Ek vergelyk nie die elevasie van een dag met n ander nie. Al die faktore word in ag geneem alvorens geskiet word.
JBS

308 Win Krieger
404 Jeffrey
6mm XC
223 Rem Sako
30-30 Win Lever
357 Lever
9mm Sig 226
40 S&W Vektor
Jaktrap
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 294
Joined: Tue Nov 02, 2010 8:59 pm

Re: Hoog- en laag skiet - VROEG OGGEND EN LAAT MIDDAG

Post by Jaktrap »

Ek het ook al n bietjie hier probeer oplees maar die is nie net die hoeveelheid lig
voor of na donker nie maar ook die tempo waarteen die temp van bo en onder lig verander.
As ek die saak so kyk sal jy seker n super computer nodig he om al daai veranderlikes in ag te neem.
En wat vir een plek werk gaan ook nie vir n ander plek op selfde tyd werk nie.

Dit is maar my afleiding.
Dope kan help maar jy sal n bakkie vrag papiertjies nodig he om presies te wees en baie meet toerusting
en n NASA budget.

Ek hoop jy kom reg.
User avatar
JBS
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 62
Joined: Tue Sep 15, 2015 3:57 pm

Re: Hoog- en laag skiet - VROEG OGGEND EN LAAT MIDDAG

Post by JBS »

Maar gehoop iemand het al die NASA rekening betaal en lek bietjie inligting uit! ;)

Dankie in elkgeval!
JBS

308 Win Krieger
404 Jeffrey
6mm XC
223 Rem Sako
30-30 Win Lever
357 Lever
9mm Sig 226
40 S&W Vektor
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13582
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Hoog- en laag skiet - VROEG OGGEND EN LAAT MIDDAG

Post by Capt. Yoda »

Is jou oog en die son of dan die hoeveelheid son (en ook die hoek van die son) wat van die tyken af kom na jou oog toe, soos Jan se "Lights down sights down, lights up sights up". Daar is ongelukkig geen formule vir die goed nie want elke scope en skieter se oog verskil, die beste wat jy kan doen is maar alles in jou log boek neer te skryf soos jy skiet en te kyk of jy n patroon kan sien en dit dan maar aan te pas soos jy skiet.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
Post Reply