Nosler 70gr bt varmint

Post Reply
Malan123
Hero Member
Hero Member
Posts: 2128
Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm

Nosler 70gr bt varmint

Post by Malan123 »

Manne ek vra nou uit onkunde.

Ek het die naweek 'n mild steel plaat op 300m geskiet met hierdie patrone uit my 243. Hy loop regdeur daai plaat.

Ek moes ook 'n baie ou blesbok ram uitskiet en die patroon het omtrent glad nie oopgemaak nie. Het enige iemand anders dit al ondervind? Ek dog juis die varmint punte maak lekker maklik en vinnig oop. Ek weet dis harder as die v-max, maar die ingangswond lyk dieselfde as die uitgangswond?
Hercules Louw
Hero Member
Hero Member
Posts: 889
Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm

Re: Nosler 70gr bt varmint

Post by Hercules Louw »

Malan, kyk na die skade binne die kop, ek is 100% seker dat die 70gr BT oopgemaak/ ontplof het en die die uigangswond net deur 'n stuk van die "jacket" gemaak is. Die basis van die BT koeëls het nogal dik koper en dit penetreer in baie gevalle ten volle, al het die koeël basies ontplof.

Met staal is dit net die spoed wat maak dat dit dwarsdeur gaan. Die koeël is deur voordat dit kans gehad het om oop te maak.
Malan123
Hero Member
Hero Member
Posts: 2128
Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm

Re: Nosler 70gr bt varmint

Post by Malan123 »

Dankie Hercules

Die staal maak sin. Oor die bok worry ek so bietjie. Dit wil voorkom asof 2 punte regdeur is met minimale skade.
Hercules Louw
Hero Member
Hero Member
Posts: 889
Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm

Re: Nosler 70gr bt varmint

Post by Hercules Louw »

Jy hoef nie bekommerd te wees nie, sny die bok se kop oop en kyk wat binne aangaan. Daai BT's is ontwerp om meerkatte in die VSA te skiet op 300m+ en hulle maak beslis oop, daar is nie 'n manier dat hulle nie op 'n blesbok se kop sal oopmaak nie.
Malan123
Hero Member
Hero Member
Posts: 2128
Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm

Re: Nosler 70gr bt varmint

Post by Malan123 »

Dankie vir jou terugvoer. Dit gaan moeilik wees. Die 3de punt het verseker oopgemaak!
deonjvan
Full Member
Full Member
Posts: 106
Joined: Thu Sep 20, 2012 1:29 pm

Re: Nosler 70gr bt varmint

Post by deonjvan »

Ive used these quite alot with a muzzle velocity of 3450. Have recovered around 8 of them and there wasnt much left over, the copper base of the bullets is slightly thicker than normal and this is usually the section i find along with some bits of the jacket attached to the base.
User avatar
douw
Hero Member
Hero Member
Posts: 1830
Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm

Re: Nosler 70gr bt varmint

Post by douw »

Watse spoed skiet jy hul omtrent?
Malan123
Hero Member
Hero Member
Posts: 2128
Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm

Re: Nosler 70gr bt varmint

Post by Malan123 »

Trompsnelheid is 3380 fps.
User avatar
douw
Hero Member
Hero Member
Posts: 1830
Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm

Re: Nosler 70gr bt varmint

Post by douw »

Dan moet hy mooi werk. Wat dink jy is jou spoed op 300m?
Malan123
Hero Member
Hero Member
Posts: 2128
Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm

Re: Nosler 70gr bt varmint

Post by Malan123 »

As die somme reg is behoort dit rondom 2700fps te wees op 300m
User avatar
douw
Hero Member
Hero Member
Posts: 1830
Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm

Re: Nosler 70gr bt varmint

Post by douw »

Dan moet hul nog baie mooi oopmaak.
Post Reply