Brno ZG 47
- Vantheman
- Full Member

- Posts: 222
- Joined: Wed Aug 24, 2011 8:06 am
Brno ZG 47
Dags?
Ek wil net by julle manne, met die kennis, weet of julle my meer kan vertel van 'n BRNO ZG 47.
"n Vriend van my het vir hom een in 'n 270 gekoop en net daarna het sy pa sy ou geweer vir hom gegee. Die is ook 'n 270. Ek het die geweer by hom oorgeneem, eintlik verniet gekry.
Nou wil ek net meer inligting oor die geweer kry.
Dankbaar

Re: Brno ZG 47
Manne
Is daar niemand wat iets van hierdie Brno weet nie???

- Cobus(Cobb)
- Hero Member

- Posts: 4248
- Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm
Re: Brno ZG 47
http://books.google.co.za/books?id=tuVU ... pe&f=false
Kyk bietjie op die link.
Ek is baie gelukkig met my BRNO, het ook nog nooit iemand hoor kla oor 'n BRNO nie

Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)

- Vosman
- Sr. Member

- Posts: 356
- Joined: Thu Aug 11, 2011 7:58 am
Re: Brno ZG 47
Van
Daar is absoluut niks fout met Bruno nie. Ek het groot geword met een in 30-06 en ek het niks sleg te se oor hulle nie.
Het joune die dubbel sneller?(haarsneller) Die aksies is sterk en die sneller breek skoon. Sit bietjie fotos op dan kan ons kyk.
Groetnis!
Daar is absoluut niks fout met Bruno nie. Ek het groot geword met een in 30-06 en ek het niks sleg te se oor hulle nie.
Het joune die dubbel sneller?(haarsneller) Die aksies is sterk en die sneller breek skoon. Sit bietjie fotos op dan kan ons kyk.
Groetnis!
- Vantheman
- Full Member

- Posts: 222
- Joined: Wed Aug 24, 2011 8:06 am
Re: Brno ZG 47
Vossie
Stem saam met jou. Ook groot geword met Brno en baie van my vriende het Brno's, maar ek nog nie gehoor van daai aksie nie. Het 'n paar foto's gesien op die net, maar dis al inligting wat ek kry...
Die geweer is nog by 'n handelaar daar op die Rand.

-
Philip
Re: Brno ZG 47
Ek dink dis die voorloper van die Zkk reeks.Eugene Combrinck van Sabi Rifles is besig om vir my n 308 win te bou op n ZG47 aksie.Dis n Mauseraksie met n paar veranderinge.
Philip
Philip
- Vantheman
- Full Member

- Posts: 222
- Joined: Wed Aug 24, 2011 8:06 am
Re: Brno ZG 47
Phillip
Ek neem aan as jy vir jou 'n geweer laat bou met die aksie, is dit 'n goeie aksie?!?!
Ek gaan m?re daar na die stad toe ry, as alles reg uitwerk. Julle weet mos sodra mens iets beplan, dan breek daar weer iets....
Sal kyk of ek nie 'n paar foto's sommer kan neem en opsit nie.

JoevR
- Full Member

- Posts: 218
- Joined: Tue Jun 14, 2011 4:55 pm
Re: Brno ZG 47
Vantheman, as jy 'n Brno ZG 47 geweer verniet gekry het, is jy 'n gelukkige man. Tans staan daar 'n ZG 47 in 270 kaliber by Classic Arms in Witbank teen R 15 000 as ek reg onthou.
Die Model 21/22 Brno's en ZG 47 Brno's het van die beste kommersieele 98 aksies wat na die Tweede Wereld Oorlog gemaak is. Die Model 21 Brno is die halflaai kolf geweer met lepelslot en dubbel sneller, terwyl die Model 22 dieselfde is maar met volkolf. Die eerste gewere het ronde receiver ringe gehad, terwyl die lateres dubbel vierkant brug aksies met groewe vir teleskoop montering gehad het. Ongeveer 40 000 Lepelslotte is gemaak volgens Blue Book of Gun Values.
Na die Mod. 21/22 is die ZG 47's gemaak. Persoonlik is die ZG 47 my gunsteling. Jy kan 'n teleskoop sonder enige verandering aan die geweer pas met Warne QD monterings. Deur net die QD's af te haal, kan jy ook skiet met die uitstekende oop visier en korrel. Die lepelslot op die Model 21/22 draai nog steeds effens te hoog vir 'n lae teleskoop montering. Ek het al verskeie Model 21/22 gesien met veranderde lepelslot, laer aangepas om verby die teleskoop te kom. Op die ZG 47 is die probleem oorkom. Volgens Blue Book of Gun Values is by benadering slegs 20 000 ZG 47's gemaak.
Die ZG 47 aksie het die volgende kenmerke:
1. Solid side wall (geen uitsny vir clip loading van ammo in laaiplaaitjie, wat 'n militere funksie is),
2. Roterende veiligheidsknip, uit die pad van 'n teleskoop,
3. Dubbel vierkantbrug aksie met groewe vir teleskoopmontering,
4. Straddle magasynplaat (magasyn plaat gaan aan albei kante verby die snellerbeuel) met drukknop in snellerbeuel om magasyn van onder oop te maak.
Al die ZG 47 wat ek al gesien het, 'n totaal van 6, het die enkel sneller gehad. Ek sal egter nie verbaas wees as daar ook van hulle met dubbel snellers gemaak is nie. Persoonlik hou ek nie baie an die dubbel sneller nie
(jy skiet altyd van die voorste sneller, as jy die agterse sneller trek, voor die voorste sneller op haarsneller geplaas). Dit was 'n tipiese sneller op Europees vervaardigde gewere in die ou dae.
In my opinie is dit een van die beste kommersieele M98 aksies wat na die 2de Wereldoorlog vervaardig is. Vervaardiging is gestaak agv hoe produksie koste, daarna het die bekende ZKK reeks gevolg.
Vandag is die ZG 47 Brno 'n versamelbare wapen vir die volgende redes:
1. Tegnologies: Aanpassings van die standaard M98 aksie vir jag doeleindes met 'n teleskoop,
2. Skaarsheidswaarde, jy sien hulle nie gereeld nie, en vervaardiging is in die vroee 1960's gestaak,
3. Tipiese Europeese styl elegante jaggeweer, scnabel op kolf (Estetiese waarde), en
4. Tematiese waarde vir die student van al die variasies van die M98 aksie.
Die aksie is 'n uitstekende keuse vir 'n pasmaak jaggeweer projek. My ZG 47 is in 8 x 60 S kaliber. Ek het ook 'n Brno Mod. 21 Lepelslot in 8 x 57 JS en 'n ZKK Brno in 8 x 68 S. Langs die tipiese Brno proefmerk op die aksie en loop sal jy 2 nommers vind, bv. 56 op my geweer. Dit beteken die geweer is vervaardig in 1956.
Groete
Joe

Last edited by JoevR on Tue Sep 20, 2011 10:36 am, edited 1 time in total.
6,5 x 58, 7 x 57 (x5), 8 x 57JS, 8 x 60J, 8 x 60JS, 8 x 68S, 9 x 57, 10,75 x 68, 25-06, 30-06, 7mm Rem Mag, 375 H&H Mag, 12 Gauge (x2), 22 LR (x5) 6,35 (x7) .38 Spec., .380, 9 mm P, .44 Mag
-
Philip
Re: Brno ZG 47
JoeVR het alles gese!Vantheman wrote: Phillip
Ek neem aan as jy vir jou 'n geweer laat bou met die aksie, is dit 'n goeie aksie?!?!
Ek gaan m?re daar na die stad toe ry, as alles reg uitwerk. Julle weet mos sodra mens iets beplan, dan breek daar weer iets....
Sal kyk of ek nie 'n paar foto's sommer kan neem en opsit nie.
-
JoevR
- Full Member

- Posts: 218
- Joined: Tue Jun 14, 2011 4:55 pm
Re: Brno ZG 47
Iets wat ek vergeet het:
Op die Lepelslot Brno's word die model nie aangedui nie. Op die ZG 47 Brno's staan ZG 47 op die aksie en op die loop. Ek wens die .22 Oberndorf Mauser gewere het die model op die geweer gehad. Vandag moet jy deur 'n dik, duur boek van Jon Speed lees op agter te kom watter model dit is.

Last edited by JoevR on Tue Sep 20, 2011 3:26 pm, edited 1 time in total.
6,5 x 58, 7 x 57 (x5), 8 x 57JS, 8 x 60J, 8 x 60JS, 8 x 68S, 9 x 57, 10,75 x 68, 25-06, 30-06, 7mm Rem Mag, 375 H&H Mag, 12 Gauge (x2), 22 LR (x5) 6,35 (x7) .38 Spec., .380, 9 mm P, .44 Mag
- Vantheman
- Full Member

- Posts: 222
- Joined: Wed Aug 24, 2011 8:06 am
Re: Brno ZG 47
M?re Manne
Ja wel, ek het gister toe daar gaan draai en eers gisteraand laat terug gekom. Manne, was ek nou aangenaam verras. Ek voel weer soos 'n kind met 'n nuwe speelding.
Daardie geweer is nou vir jou in goeie kondisie, en lyk hy vir jou nou MOOI. Ek het sommer dadelik met RAM gereel om die geweer te vervoer(courier) hier na my plaaslike handelaar toe. Hulle s? hy sal m?re of Vrydag hier wees. Is baie opgewonde.
Die handelaar het ook eers gister vir my ges?, nadat hy vir my die geweer gewys het, dat as ek nie tevrede met die geweer is nie, hy die geweer dadelik by my sal terugkoop. Wel, ek was baie tevrede. Na ek alles deurgegaan het en so staan en lekker kry, toe wys die man ook vir my daai advertensie van Classic Arms, R16 000!!!
Die geweer het nog 'n ou Bisley Deluxe teleskoop op. Van daai wat die vertikale net so puntjie uitsteek bo die horisontale lyn.
Dis regtig 'n lieflike wapen. Ek het 'n foto of twee geneem met die foon, ek sal probeer om dit op te sit. Wanneer die geweer eers hier is sal ek 'n paar mooi foto's neem.
Cobb, Vossie, Phillip en Joe dankie vir al die inligting.
Man, dis 'n moooi geweer!!!

Dis darem lekker as 'n man iets verwag en jou verwagtinge word oortref!
Ek sien uit om die geweer te sien, so ek wag maar vir die fotos.
Groetnis
Ek sien uit om die geweer te sien, so ek wag maar vir die fotos.
Groetnis
- Vantheman
- Full Member

- Posts: 222
- Joined: Wed Aug 24, 2011 8:06 am
Re: Brno ZG 47
Kry nie die foto op nie, sal maar wag vir die vrou. Kyk of sy dit regkry 