Knaldemper en blow back

Post Reply
User avatar
Swede
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Fri Apr 20, 2012 11:56 am

Knaldemper en blow back

Post by Swede »

Ek het nog nooit 'n knaldemper gebruik nie. Ek het 'n Huntbuddy aangeskaf vir my 6.5 x 55 en kom nou agter dat al my doppe tekens van blowback toon. Dit is presies dieselfde lading wat ek nou 'n rukkie genruik. Kan 'n knaldemper dit veroorsaak?
And as thy days, so shall thy strength be
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Knaldemper en blow back

Post by Eugene »

Dit het nog nooit met my gebeur weens 'n KD nie, oorwegend maar as ek die skouers te veel gebump het en as die doppe begin hard raak en anneal nodig het.... Ek luister saam vir die ander manne se raad.
Aim small, miss small
User avatar
Swede
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Fri Apr 20, 2012 11:56 am

Re: Knaldemper en blow back

Post by Swede »

Eugene wrote:Dit het nog nooit met my gebeur weens 'n KD nie, oorwegend maar as ek die skouers te veel gebump het en as die doppe begin hard raak en anneal nodig het.... Ek luister saam vir die ander manne se raad.
Die skouers is 1 thou gebump met 'n body die, Norma doppe 5 keer geskiet en is anneal.
And as thy days, so shall thy strength be
Hercules Louw
Hero Member
Hero Member
Posts: 889
Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm

Re: Knaldemper en blow back

Post by Hercules Louw »

Die knaldemper kan nie die blow-back op die doppe veroorsaak nie. Waarskynlik is dit doppe wat al 'n paar keer herlaai is en wat nou al 'n bietjie hard geword het en dus nie behoorlik seel in die kamer nie. Aneal die doppe en die probleem behoort uitgesorteer te wees.

Blow-back probleme is nogal algemeen by die Sweedse Mauser, die lang vryboor maak dat die koeël al uit die dop is (veral ligte en korter koeëls) voor dit die lands tref en die druk genoeg verhoog om die dop in die kamer te seel. Daar is 'n paar goed wat gedoen kan word soos om die doppe gereëld te aneal, die lading te verhoog of deur die gelaaide patroon met bv. 'n Lee collet factory krimp die behoorlik te krimp. 'n Vinniger dryfmiddel sal ook help om die aanvanklike druk op te kry sodat die dop behoorlik seel, veral van toepassing met ligter koeëls.
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3126
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: Knaldemper en blow back

Post by LUAN »

Of jy kan net n gedeelte van die nek size wat beteken dat die nek dan die res van die dop afseel en blowback sal verhoed.
Post Reply