Voor en nadele van magesyne

Post Reply
Bakkies303
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 360
Joined: Wed Mar 11, 2015 9:27 pm

Voor en nadele van magesyne

Post by Bakkies303 »

Ek sit in twee of ek 'n detachable magesyn op my 223 moet sit of nie as ek die lisensie kry. Kan julle my dalk se wat die voor en nadele van 'n magesyn is bo die gewone Howa voer sisteem. Ek gaan ook die geweer ackley.
User avatar
Swede
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Fri Apr 20, 2012 11:56 am

Re: Voor en nadele van magesyne

Post by Swede »

Wel die eerste voordeel natuurlik is dat jy meer rondtes kan laai.

Sent from my SM-G950F using Tapatalk
And as thy days, so shall thy strength be
Malan123
Hero Member
Hero Member
Posts: 2128
Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm

Re: Voor en nadele van magesyne

Post by Malan123 »

Bakkoes, waarvoor gaan jy die geweer gebruik?
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Voor en nadele van magesyne

Post by tripodmvr »

Voordele
1. Meer skote
2. Kan voer van Ackley doppe makliker maak
3. Patrone word makliker vooraf gelaai omdat meer werkspasie beskikbaar is
4. Verwyderbare magasyn is veiliger omdat dit verhoed dat patrone per ongeluk gelaai word

Nadele
1. Gladde lyne van geweer word verbreek en magasyn haak aan alles
2. Moeilik om soms met geweer te bankskiet of uit le posisie raak magasyn aan die grond
3. Magasyn is meer blootgestel aan stof en ander voorwerpe wat daarin beland en voer versteur
4. Magasynveer kan voer belemmer as dit te pap word
5. Bykomende uitgawe vir magasyn
6 Die magasyn word maklik vergeet tydens 'n tog om te gaan skiet
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Bakkies303
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 360
Joined: Wed Mar 11, 2015 9:27 pm

Re: Voor en nadele van magesyne

Post by Bakkies303 »

Malan123 wrote:Bakkoes, waarvoor gaan jy die geweer gebruik?
Gaan hy meestal vir kleinwild en ongediertes gebruik.
Malan123
Hero Member
Hero Member
Posts: 2128
Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm

Re: Voor en nadele van magesyne

Post by Malan123 »

In daai geval gaan die standaard howa se sisteem voldoende vir jou wees. Tensy jy baie swak skiet :), gaan jy nie sommer al jou patrone in jou standaard Howa op 1 slag uitskiet nie. Dis my opinie, persoonlik sou ek die geld op iets anders spandeer het. Ek ken manne wat met single shot gewere jag!
User avatar
NicoSmit
Hero Member
Hero Member
Posts: 1899
Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm

Re: Voor en nadele van magesyne

Post by NicoSmit »

En hy verloor baie maklik dan sit jy met skade het myne verloor in die nag kon my eie gat skop
Mag jou skape begin jakkals jag.....Adam Tas
User avatar
henk.spioenkop
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 298
Joined: Thu Jul 30, 2015 12:45 pm

Voor en nadele van magesyne

Post by henk.spioenkop »

Goeienaand, Henk van Zyl hier. Nog n nadeel van n magasyn is dat dit jou TPL kan beinvloed nadelig.


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Voor en nadele van magesyne

Post by tripodmvr »

Malan123 wrote:In daai geval gaan die standaard howa se sisteem voldoende vir jou wees. Tensy jy baie swak skiet :), gaan jy nie sommer al jou patrone in jou standaard Howa op 1 slag uitskiet nie. Dis my opinie, persoonlik sou ek die geld op iets anders spandeer het. Ek ken manne wat met single shot gewere jag!


My 30-06 is 'n enkelskoot en ek het nog nie gesukkel weens dit nie.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Bakkies303
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 360
Joined: Wed Mar 11, 2015 9:27 pm

Re: Voor en nadele van magesyne

Post by Bakkies303 »

Dankie. Dink ek sal hom dan maar los soos hy is.
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Voor en nadele van magesyne

Post by Gawie(13mm) »

henk.spioenkop wrote:Goeienaand, Henk van Zyl hier. Nog n nadeel van n magasyn is dat dit jou TPL kan beinvloed nadelig.


Sent from my iPhone using Tapatalk
Henk, vertel bietjie meer oor die observasie van jou.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
henk.spioenkop
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 298
Joined: Thu Jul 30, 2015 12:45 pm

Re: Voor en nadele van magesyne

Post by henk.spioenkop »

Wanneer lang ammunisie gelaai word, sodat die sprong kort is na die lande, kan die TPL langer uitkom as wat die magasyn toelaat.


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
henk.spioenkop
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 298
Joined: Thu Jul 30, 2015 12:45 pm

Re: Voor en nadele van magesyne

Post by henk.spioenkop »

Dit is nou by los magasyne.


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
airhunter
Hero Member
Hero Member
Posts: 545
Joined: Sun Apr 30, 2017 6:44 pm

Re: Voor en nadele van magesyne

Post by airhunter »

NicoSmit wrote:En hy verloor baie maklik dan sit jy met skade het myne verloor in die nag kon my eie gat skop

So, dis waarom my ou Sanna se mag n kort kettingtjie gehad het?
Die Ingelse het lankal geken van mag verloordery. :laugh:
The trouble ain't that there is too many fools, but that the lightning ain't distributed right.
Mark Twain
Post Reply