Goeie dag
Ek het so paar weke gelede rondgekyk na die Leupold Firedot teleskope as opsie, maar toe gedink ek bly maar by 'n konvensionele teleskoop wat ek ken.
Ek moet basies nou kies tussen 'n Duplex of F-Duplex teleskoop, maar ek sien die een winkel se teleskoop het 'n verstelknop voor? Kan iemand my dalk help met raad tussen die verskille? Dalk is die S&O foto 'n ou teleskoop?
Baie dankie
Leupold verskille
-
mustangsa
- Full Member

- Posts: 101
- Joined: Tue Jan 07, 2014 12:27 am
Leupold verskille
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Sako 30-06
Mauser .22LR
Mauser .22LR
- JPS
- Hero Member

- Posts: 3653
- Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm
Re: Leupold verskille
Die boonste teleskoop het paralaks verstelling wat gestel word voor op die scope.
Die onderste een het nie paralaks verstelling nie.
Jy sal ook scopes kry (meer gereeld by groter vergroting scopes) waar die paralaks verstelling knop aan die teenoorgestelde kant van die links / regs verstellig knop is.

- Edu
- Jr. Member

- Posts: 79
- Joined: Tue Aug 02, 2016 4:09 pm
Re: Leupold verskille
Ek het een van elk albei VX-ii
My 4-12 x 40 het ook die fine duplex met die parralaks verstelling voor op die klok.
Die fine duplex se kruishaar is bitter fyn. As ek ladings toets op 100m dan print ek vir myself half-duim blokkies op
'n teiken. 'n Duim blokkie teiken is te groot en die kruishaar het baie plek binne die duim blokkie om rond te beweeg.
Sy parralaks verstelling los ek permanent op die "ïnfinity" verstelling omdat ek meeste van die tyd bosveld jag.
Ek raak inelkgeval so opgewonde as ek 'n rooibok bekruip dat ek nie tyd kry om aan 'n parralaks te dink nie
Dan het ek het 'n 3-9 x 40 in die normale duplex sonder parralaks verstelling ook.
Ek wil amper sê ek hou meer van hom as van die fine duplex. Dis maar persoonlik keuse.
Ek het nog nooit moeilikheid gehad met enige een nie. Volgens my is die goed rateltaai.
Ek mishandel hulle redelik en nog nooit het een sy zero verloor as gevolg van 'n harde stamp nie.
Sterkte met die keuse

- Werner Prinsloo
- Full Member

- Posts: 228
- Joined: Mon Nov 17, 2014 10:03 am
Re: Leupold verskille
Pasop vir die foto op 'n website. Ek het al meer as een keer gevind die foto van 'n produk is nie die produk in die beskrywing nie. Hulle gebruik baie 'n generiese foto vir verskeie produkte.
Dis nie noodwendig die geval hier nie, wees maar net bedag.

Groete
Werner
Die lewe is vol risiko's, vat 'n kans!
Werner
Die lewe is vol risiko's, vat 'n kans!
-
mustangsa
- Full Member

- Posts: 101
- Joined: Tue Jan 07, 2014 12:27 am