Goeiedag lede
Vertrou dit gaan goed met almal.
Ek het nou alles gehoor en alles getoets... en dit fasineer my hoe moeilik dit is om 'n skerp antwoord te gee in die geval...
Daar is drie hoof "schools of thought" / denkwyse aangaande die belang van ladings aanpas met die byvoeging van 'n knaldemper op 'n wapen wat "reg" skiet met 'n sekere lading:
1. Geen Verandering
Ek het nou al by 'n paar manne gehoor dit maak geen verskil op 'n lading as 'n man 'n knaldemper byvoeg en skiet. Ek het dieselfde al ervaar met my .30-06 Springfield. Ek het 56.9gr S365 gelaai met 'n 150gr Hornady SST koel sonder die knaldemper en toe ek die knaldemper gekry het, het hy dieselfde 0.5 MOA uitkomste op 200m gebied as sonder die knaldemper... Die snellheid het ook nie verander nie (2880fps).
2. Verhoging in snellheid
Die twede denkwyse is dat die knaldemper dien as 'n verlenging van die loop en dat die drukkragte wat werk aan die koel tydens beweging deur die loop langer aan die koel bloodgestel word. Dit het dan die effek van 'n verhoging in snellheid met dieselfde lading (verhoging in snellheid wat verkry word sonder knaldemper). Ek het die ook al ervaar met my .243 Win... Ek het 90gr Lapua Scenars op 42gr S365 teen 3150fps geloods in 'n 0.3MOA uitkoms op teiken... Toe die knaldemper bygevoeg is - het ek 3190fps geskiet en moes my lading met 0.7gr verlaag (na 41.3gr S365 toe) om dieselfde groeperings te haal. Ek het dit eers afgeskryf as bollie aanjaag toe ek gelaai het en het dit weer getoets (selfde lot nommer dryfmiddel), maar dit het wel 'n verhoging in snellheid veroorsaak... Toe ek 41.3gr S365 toe geskyf het, skiet die geweer nou weer 3150fps met 90gr Lapua Scenars op 'n tiekie...
3. Harmonika Verandering
Baie van die manne praat van 'n harmonika verandering in die loopstaal agv van die ekstra gewig wat deel word van die loop... Maar dan sou dit nie sin maak dat my geweer met / sonder die knaldemper teen die selfde snellheid groepeer nie soos bo in para 2 uit een gesit... Of is dit die harmonika verandering wat dit veroorsaak dat die snellhede wissel? Die ekstra gewig tas natuurlik die "flex" en frequency van die loopstaal aan... Maar hoe sou dit 'n verhoging van snellheid veroorsaak? Ek glo nie dit sal nie... Dit is snellheid relatief...
Wat is julle ervaring? Wat is die wetenskap hier agter?
Vind dit baie interessant.
Groete
Max
Knaldempers en Ladings - Die "Schools of Thought"
- Max Rossle
- Sr. Member

- Posts: 322
- Joined: Thu May 04, 2017 12:30 pm
Knaldempers en Ladings - Die "Schools of Thought"
Jag met kennis en wetenskap - nie met 'n opinie nie.
.22LR, 223 Rem, 7mm-08, 7x64, 375 HH Magnum, ATA SP OU 12G, Glock 9mm, Ruger 357 Magnum, S&W .38 en S&W .44 Rem Mag
Geskei met: .243 Win, 6.5 Cr,
30-06, .338 WM, 308 Winx2, 12Gx4, 450 Rigby
.22LR, 223 Rem, 7mm-08, 7x64, 375 HH Magnum, ATA SP OU 12G, Glock 9mm, Ruger 357 Magnum, S&W .38 en S&W .44 Rem Mag
Geskei met: .243 Win, 6.5 Cr,
30-06, .338 WM, 308 Winx2, 12Gx4, 450 Rigby
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13650
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Knaldempers en Ladings - Die "Schools of Thought"
Dis al bitter baie bespreek hier Max.
1. Ja hang af van die KD se ontwerp
2. Ja hang af van die KD se ontwerp
3. Nee
1. Ja hang af van die KD se ontwerp
2. Ja hang af van die KD se ontwerp
3. Nee
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- Max Rossle
- Sr. Member

- Posts: 322
- Joined: Thu May 04, 2017 12:30 pm
Re: Knaldempers en Ladings - Die "Schools of Thought"
Dankie sal bietjie oplees op die forum!Capt. Oblivious wrote:Dis al bitter baie bespreek hier Max.
1. Ja hang af van die KD se ontwerp
2. Ja hang af van die KD se ontwerp
3. Nee
Admin verwyder gerus die plasing.
Dankie en groete
Max
Jag met kennis en wetenskap - nie met 'n opinie nie.
.22LR, 223 Rem, 7mm-08, 7x64, 375 HH Magnum, ATA SP OU 12G, Glock 9mm, Ruger 357 Magnum, S&W .38 en S&W .44 Rem Mag
Geskei met: .243 Win, 6.5 Cr,
30-06, .338 WM, 308 Winx2, 12Gx4, 450 Rigby
.22LR, 223 Rem, 7mm-08, 7x64, 375 HH Magnum, ATA SP OU 12G, Glock 9mm, Ruger 357 Magnum, S&W .38 en S&W .44 Rem Mag
Geskei met: .243 Win, 6.5 Cr,
30-06, .338 WM, 308 Winx2, 12Gx4, 450 Rigby
-
Alwin
- Hero Member

- Posts: 1878
- Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Re: Knaldempers en Ladings - Die "Schools of Thought"
Ek sal saamstem dat die knaldemper se fisiese eienskappe 'n belangrike rol speel. Die gemiddelde kd sal ongeveer 20 fps toevoeg tot die trompspoed. Dit is minder as meeste mense se "extreme spread" en ook minder as die spoed variasie a.g.v. temperatuurveranderinge. Nie juis noemenswaardig vir die meeste toepassings nie.
Loop harmonika is 'n komplekse besigheid en die ekstra gewig aan die tromp het wel 'n invloed, maar net op sekere harmoniese en ander bewegings. Die O.B.T. gaan byvoorbeeld nie verander met of sonder 'n kd nie. Dan gaan die effek ook nog verskil van een geweer na die volgende.
Empiriese toetse is die enigste manier om 'n definitiewe antwoord te kry.

- Gawie(13mm)
- Hero Member

- Posts: 6150
- Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Re: Knaldempers en Ladings - Die "Schools of Thought"
Daar is 'n vierde denkrigting hoekom die spoedlesing hoër is met 'n demper as daarsonder.
Wanneer die koeël die tromp verlaat, "rem" die gasse wat die koeël stu, die koeël agv. turbulensie. Met 'n demper word daardie gasse "gestroop" en beweeg die koeël dus in "skoon" lug wanneer dit die tromp verlaat.

Dont make expensive noise! Make the first shot count!
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7575
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Knaldempers en Ladings - Die "Schools of Thought"
Max
Ek het n hele stuk hieroor geskryf onder die QL en Nodeprogram hofie. Lees gerus dit deur, meskien antwoord dit so paar van jou vrae.
Groetnis
Wouter
Ek het n hele stuk hieroor geskryf onder die QL en Nodeprogram hofie. Lees gerus dit deur, meskien antwoord dit so paar van jou vrae.
Groetnis
Wouter
- Max Rossle
- Sr. Member

- Posts: 322
- Joined: Thu May 04, 2017 12:30 pm
Re: Knaldempers en Ladings - Die "Schools of Thought"
Dankie Wouter. Het so gemaak. Uitstekende stuk skryfwerk.Wouter Roets wrote:Max