Regering beskerm jakkies...

Post Reply
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Regering beskerm jakkies...

Post by Hein M. »

Sien nou-net die berig in Die Burger...

Kaapstad

Al 480 permitte wat aan Wes-Kaapse veeboere uitgereik is om klein roofdiere te jag, is onwettig, volgens die ANC.

?n Vraag in die provinsiale parlement oor watter proses gevolg is om di? jaglisensies aan boere toe te ken, het gister in ?n bekgeveg ontaard toe mnr. Max Ozinsky, ANC-LPP, mnr. Anton Bredell, provinsiale minister van omgewingsake, daarvan beskuldig het dat hy die lisensies as verkiesingsfoefie gebruik het.

Ozinsky het ges? daar word aangevoer dat tussen 160000 en 170000 vee jaarliks onder klein roofdiere deurloop, maar daar is geen bewys om dit te staaf nie.

Hy het ges? boere moet sulke probleme by CapeNature aanmeld, maar daar is geen teken daarvan nie.

?Dit is ?n regskwessie. Die minister het nie eens die reg om oor jagpermitte te besluit nie. CapeNature se bestuursraad moet dit laat proklameer en dit is nie gedoen nie. Dit beteken dat al die permitte wat uitgereik is, ongeldig is.?

Bredell het ges? indien dit ?n verkiesingsfoefie was, was dit ?n baie swak een, want die boere ?n natuurbewaringsmense is kwaad vir hom.

Hy het gemaan dat die kwessie met omsigtigheid benader moet word om wetenskaplike oplossings op die langtermyn te kry.

Volgens hom het hy verskeie plase besoek ? van Matzikama tot in die Karoo ? waar die probleem met klein roofdiere groot is.

?As ons die bedryf s? wurg dat ons mense uit hul werk uit wurg, gaan hulle ander onwettige maniere vind om die probleem op te los en dit kan selfs die hele natuur vernietig.?

Die permitte is ses maande geldig en dit is ?n korttermyn-oplossing, terwyl navorsing oor die bestuur van rooijakkalse en rooikatte, asook die langtermyn-impak op veeverliese, teen Oktober vanjaar afgehandel sal word.

?Ons moes so optree dat ons nie die probleem van probleemdiere en die impak wat hulle op boere, vee en voedselsekuriteit het, vererger nie.

?Ons is bewus dat boere reeds swaarkry, veral in die huidige droogte en resessie.

?Maar dit is ons plig om besluite oor probleemdiere op wetenskaplike navorsing, feite en nasionale en internasionale beste praktyk te baseer en nie net op die beskouings of emosies van mense nie,? het hy ges?.


- Die Burger
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
User avatar
MEERKAT
Hero Member
Hero Member
Posts: 737
Joined: Sat Feb 07, 2009 8:41 pm

Re: Regering beskerm jakkies...

Post by MEERKAT »

Het iemand miskien Max Ozinski se Email adres , indien sit dit asb op, dan kan die wat wil vir hom 'n paar bewys stukke stuur.

Mooi loop
MEERKAT
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Regering beskerm jakkies...

Post by Hein M. »

Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
User avatar
Heinds
Hero Member
Hero Member
Posts: 787
Joined: Thu Aug 18, 2011 2:33 pm

Re: Regering beskerm jakkies...

Post by Heinds »

Menere

Die van julle wat belangstel, hier is die oorspronklike artikel..



[img width=358 height=480]http://i1205.photobucket.com/albums/bb4 ... G_0951.jpg[/img]

Groete
Sako 85 6XC
Howa 22-250 Rem
Blaser R8 6.5x55
Tikka .260AI Rem
Tikka 223
Glock 9MMP
Baretta SP1 O/U
User avatar
Wismit
Hero Member
Hero Member
Posts: 576
Joined: Wed Jun 09, 2010 1:47 pm

Re: Regering beskerm jakkies...

Post by Wismit »

Het nou net die stront op die nuus ook gehoor !!! >:(
.22 Barretta
7.65 Tangfolio
9mm STAR
12Br Mossberg
.22 CZ
.303 Lee Enfield
.308 Howa
30-06 Musgrave
User avatar
Kleinpiet
Full Member
Full Member
Posts: 142
Joined: Thu Jun 30, 2011 5:40 pm

Re: Regering beskerm jakkies...

Post by Kleinpiet »

Geld die permitte net in die Weskaap of in ander provinsies ook?

Ek het nog nooit 'n permit uitgereik om my lammers te vang nie :police: :police:
henslin
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 401
Joined: Thu Oct 14, 2010 3:34 pm

Re: Regering beskerm jakkies...

Post by henslin »

Vanaand bietjie 50/50 gekyk. Daai hanslam (?) ( Ozinsky as ek kan spel ) Wat word hy betaal om soveel dinges op te dis. ? Mens word meer die moer in om na die tipe van beriggeweing te kyk as na M@@@ma se stront !!!!!
Agterosse kom ook in die kraal - vir die volgende veiling !
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: Regering beskerm jakkies...

Post by Beretta »

Kleinpiet
Ek sal daardie permitte hier in JHB area verkoop aan die groenes as hulle weer so kla oor die duur skaap vleis en sal 50% vir jou ook gee.Man ons gaan rol in die geld.As ek n boer was my plaas my jakkie my skaap ek sal die bliksems skiet met of sonder permit die regering moet ophou met hulle nonsens en na die boere luister.Dink net jakie steak en pap vir lunch in die parlement.
Beretta
henslin
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 401
Joined: Thu Oct 14, 2010 3:34 pm

Re: Regering beskerm jakkies...

Post by henslin »

Sorry !!!!  - miskien was ek bietjie kwaai ! Wil net graag weet wie betaal vir wat ?
Agterosse kom ook in die kraal - vir die volgende veiling !
User avatar
MEERKAT
Hero Member
Hero Member
Posts: 737
Joined: Sat Feb 07, 2009 8:41 pm

Re: Regering beskerm jakkies...

Post by MEERKAT »

Indien 1307 Lede elkeen vir die man 'n foto stuur van 'n verminkte lam of kalf sal hy seker beter verstaan wat tans besig is om te gebeur met ons diere.

Miskien kan hy tot ons redding kom en onnodige wetgewing van die tafel vee.

Mooi loop
MEERKAT
User avatar
PITSMIT
Hero Member
Hero Member
Posts: 989
Joined: Thu Mar 24, 2011 10:48 am

Re: Regering beskerm jakkies...

Post by PITSMIT »

manne julle het daai epos adres nou gekry by hein.    gooi hom toe met fotos
Ontmoet altyd nuwe vriende maar moet nooit die oues vergeet nie
" Shooters do it in any position "

.270Win  Brno de Lux  Mod ZKK600
.308Win  Zastava
CZ85 9mm Para
Taurus .357 Mag  6" barrel
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: Regering beskerm jakkies...

Post by Dawie »

Het my kort eenetjie gestuur...

Die saak gaan my nog tot vuil taal en onverantwoordelike geweld dryf.

Kojak
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Regering beskerm jakkies...

Post by Hein M. »

Ek het ook een gestuur...

Kom ons gebruik die geleentheid!
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
Post Reply