Nuwerwetse kolf ontwerpe
Posted: Sat Aug 27, 2011 3:27 pm
So rukkie gelede, elders op hierdie forum, het ek so tong in die kies gewonder of dit altyd ten goede is om sommer net jou kolf te verander na die moderne kolf style toe.
Na vanoggend wonder ek nie meer nie - ek weet nou
Die voortvarendheid van die jeug het my in hierdie penarie laat beland.
My seun laat weet my onlangs dat daar 'n pakkie vir my is by ons plaaslike poskantoor - neem bietjie geldjies saam net vir ingeval - is sy vriendelike raad.
Wat kry ek daar? Boyds FT kolf.
Skakel die knaap en vra wat nou - vir watse geweer is die kolf?
Pa se .308 Brno, di? kan doen met 'n 'facelift' na al die jare, volgens hom nou.
Vertel hy my ook Boyd's se webwerf s? die kolf van hulle pas Brno gewere met die minimum werk daaraan verbonde.
Lang storie kort, Boyd's het nie die vaagste benul hoe 'n Brno geweer se kolf behoort te lyk nie - veral nie een wat in die RSA gekoop is nie.
My goeie vriend wat die stuk bont hout moes maak pas op my Brno is so ampertjies nie meer vriendelik met my nie.
S?, weet maar hulle nie-Amerikaanse geweer kolf weergawes is maar nie die ding om by hulle te koop nie.
Skietbaan toe vanoggend - wat 'n vreemde ervaring om jou duim deur die kolf te moet druk - voel vreemd en alles behalwe die jare se gemaklikheid waaraan jy gewoond was met die staatmaker roer.
Nogtans, na 'n stuk of tien oefen skote raak dit al effens beter en voel ek lus om in die staande posisie, uit-die-vuis-uit 'n groepering op 100m te probeer.
Hier is die resultate -
[img width=360 height=480]http://www.techfund.co.za/images/5skoot ... dskolf.jpg[/img]
Links van onder af op, nrs. 1, 2, 3, 4 en 5 heeltemal mis!!!!!!!!
Hier sal geoefen moet word laat dit bars, voordat ek sooos vroe?r net kan aangooi en laat loop met eenskoot doodskote, uit my dierbare ou .308 Brno wat nou nie meer is nie
Mooi dink voor jy die besluit neem - my besluit is sommer vir my geneem
Groete,
Koos.