Nuwerwetse kolf ontwerpe

Post Reply
Biltongjagter

Nuwerwetse kolf ontwerpe

Post by Biltongjagter »

So rukkie gelede, elders op hierdie forum, het ek so tong in die kies gewonder of dit altyd ten goede is om sommer net jou kolf te verander na die moderne kolf style toe.

Na vanoggend wonder ek nie meer nie - ek weet nou  :o

Die voortvarendheid van die jeug het my in hierdie penarie laat beland.
My seun laat weet my onlangs dat daar 'n pakkie vir my is by ons plaaslike poskantoor - neem bietjie geldjies saam net vir ingeval - is sy vriendelike raad.

Wat kry ek daar? Boyds FT kolf.

Skakel die knaap en vra wat nou - vir watse geweer is die kolf?
Pa se .308 Brno, di? kan doen met 'n 'facelift' na al die jare, volgens hom nou.
Vertel hy my ook Boyd's se webwerf s? die kolf van hulle pas Brno gewere met die minimum werk daaraan verbonde.

Lang storie kort, Boyd's het nie die vaagste benul hoe 'n Brno geweer se kolf behoort te lyk nie - veral nie een wat in die RSA gekoop is nie.
My goeie vriend wat die stuk bont hout moes maak pas op my Brno is so ampertjies nie meer vriendelik met my nie.
S?, weet maar hulle nie-Amerikaanse geweer kolf weergawes is maar nie die ding om by hulle te koop nie.

Skietbaan toe vanoggend - wat 'n vreemde ervaring om jou duim deur die kolf te moet druk - voel vreemd en alles behalwe die jare se gemaklikheid waaraan jy gewoond was met die staatmaker roer.

Nogtans, na 'n stuk of tien oefen skote raak dit al effens beter en voel ek lus om in die staande posisie, uit-die-vuis-uit 'n groepering op 100m te probeer.

Hier is die resultate -
[img width=360 height=480]http://www.techfund.co.za/images/5skoot ... dskolf.jpg[/img]
Links van onder af op, nrs. 1, 2, 3, 4 en 5 heeltemal mis!!!!!!!!  :-\

Hier sal geoefen moet word laat dit bars, voordat ek sooos vroe?r net kan aangooi en laat loop met eenskoot doodskote, uit my dierbare ou .308 Brno wat nou nie meer is nie  :'(

Mooi dink voor jy die besluit neem - my besluit is sommer vir my geneem ;D

Groete,
Koos.
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3653
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Nuwerwetse kolf ontwerpe

Post by JPS »

Koos,

Ek het ook op die Forum al my rooi kolf opgesit wat ek by boyds gekry het. Kon ongelukkig nie hond haar afmaak met die kolf op my .30-06 nie en het toe weer die okkerneut kolf teruggesit siende dat die jagseisoen nie wag nie.

Sal maar daaikolf laat piller bed en weer probeer.....

Groete
JP
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8017
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Nuwerwetse kolf ontwerpe

Post by Arnold »

Koos, wat moes als gedoen word om die kolf te laat pas?
Biltongjagter

Re: Nuwerwetse kolf ontwerpe

Post by Biltongjagter »

Arnold, dit is eintlik 'n redelike, oulike gemors - dit nou die eindproduk!

Die agterste skroefgat van die aksie moes met ? 1/2" verskuif word - gate wat Boyd's in kolf geboor het was t? ver uitmekaar. Nou kan jy dink op 'n Forest Camo Laminated kolf is dit nogal 'n stryd om die kleur en patroon te behou en te maak pas met so 'n verskuiwing op die kolf. Di? gedeelte is redelik goed en netjies gedoen en dit is gelukkig aan die onderkant van die kolf agter die sneller hulsel.

As gevolg van die vorentoe verskuiwing, pas die houtwerk en die metaal van die aksie, nie meer perfek oor mekaar soos dit hoort nie. Ook is daar 'n skielike laer vlak in die boonste deel van die kolf aan die linkerkant vanaf die aksie na agter (al asof hulle die kolf vir 'n linkerhand aksie wou gebruik), maar daarteen besluit het!
Verder het Boyd's die houtwerk so diep uitgewerk (dit is nou die 'inlet' vir aksie en loop) dat die hele struktuur baie opvulling nodig gehad het.

My vrou, wat niks van gewere weet nie, dink dit lyk pragtig! Sy kyk natuurlik net na die kleur en die mooi gelamineerde hout se patrone en dan die duimgat, wat vir haar interessant voorkom.

Ek moet my geweersmid vriend wat die werk gedoen het loof vir sy vaardigheid om van so 'n stuk mismaakte hout iets te kon maak.

Afgesien van alles, gaan ek alles voorlopig so behou, totdat ek die duimgat kolf se skiet heeltemal bemeester het en uit die vuis uit daarmee kan skiet soos al die jare, en dan sal ek ander planne maak met 'n ander behoorlik ontwerpte duimgat kolf.

Beste van alles is, Boyd's antwoord nie 'n enklele e-pos wat ek hieroor aan hulle gerig het nie - uiters swak dink ek.

S?, nooit ooit weer 'n Boyd's kolf vir enige nie-Amerikaans ontwerpte geweer vir my nie!

Groete,
Koos.
Post Reply