Howa 6.5 x 55 groepeer nie

Post Reply
User avatar
hencohugo
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 278
Joined: Thu May 17, 2012 1:04 pm

Howa 6.5 x 55 groepeer nie

Post by hencohugo »

Hi manne

Ek het n Howa 6.5x55 al n geruime tyd. Ek het gister gaan skiet met 140gr Sellier en Bellot en kry nie n groep kleiner as my hand met of sonder die silenser nie. Waar kan die probleem lê? Moet ek miskien PMP probeer?

Groete

Henco
User avatar
3006
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 456
Joined: Mon Jul 04, 2011 3:13 pm

Re: Howa 6.5 x 55 groepeer nie

Post by 3006 »

Het jy n sintetiese kolf? Indien wel maak die loop kanaal bietjie oop sodat die loop nie iewers raak nie, ek vermoed die demper veroorsaak kontak punte.
User avatar
hencohugo
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 278
Joined: Thu May 17, 2012 1:04 pm

Re: Howa 6.5 x 55 groepeer nie

Post by hencohugo »

More 3006

Ja hy het nog sy oorspronklikke kolf. Groepering is dieselfde met of sonder die silencer. Links is met silencer en regs is sonder.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
3006
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 456
Joined: Mon Jul 04, 2011 3:13 pm

Re: Howa 6.5 x 55 groepeer nie

Post by 3006 »

More Henco
Ek self het nie baie goeie groepe met S&B gekry nie en het maar self begin laai, sit nou op so 8mm gemiddeld 3 skoot groeperingsmet Hornady 140g SP. Ek het net die loop kanaal oop gemaak en die aksie sommer met Pratley gebed.
Groete
Cobus
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3326
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm

Re: Howa 6.5 x 55 groepeer nie

Post by joe rocket »

Plaas n wasser op die voorste aksie skroef om loop effens te lig.
GROETE

__________________________



Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
User avatar
heywillie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1214
Joined: Sun Apr 21, 2013 8:03 pm

Re: Howa 6.5 x 55 groepeer nie

Post by heywillie »

joe rocket wrote:Plaas n wasser op die voorste aksie skroef om loop effens te lig.
slim !
30-06 Sako Finnbear
.22LR Mauser Oberndorf
Glock 19 Gen 4
6.5x55 Howa
375 Ruger Howa
38S&W
.22LR Remington Scoremaster
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Howa 6.5 x 55 groepeer nie

Post by Gawie(13mm) »

joe rocket wrote:Plaas n wasser op die voorste aksie skroef om loop effens te lig.
Wat jy eintlik probeer sê, is dat jy 'n waster tussen die aksie se terugskopnok en die kolf moet sit. >:D

Onthou dat dit net 'n tydelike oplossing is, aangesien jy die kolf nou "skeef" op die aksie vastrek. Indien jou groepe verbeter met die waster in plek, sal ek jou aanraai om die aksie te glasbed in die kolf.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
japievan
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 364
Joined: Fri Oct 25, 2013 9:57 am

Re: Howa 6.5 x 55 groepeer nie

Post by japievan »

Niks fout met die S&B nie. Die groep was 4 skote op 100m met S&B 140gr.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Exiled4Life
Newbie
Newbie
Posts: 19
Joined: Sun Jun 11, 2017 12:36 pm

Re: Howa 6.5 x 55 groepeer nie

Post by Exiled4Life »

El het presies dieselfde probleem gehad met my 30-06 toe laat bed en pak ek hom en maak sy loop free float. Probleem opgelos
9mm Cz 75
30-06 Howa
.22 Slazenger
Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 2156
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm

Re: Howa 6.5 x 55 groepeer nie

Post by Ds J »

Enkele gedagtes:

- toets hom eers met n ander pak S&B ammunisie, en n ander fabrikaat ook; dit skakel n fout in die fabrieksammunisie uit
- ek het al twee Howa's beleef waarvan die aksieskroewe nie behoorlik vas was nie
- die voorste rubber greepstuk van die kolf druk soms teen die loop
- kyk na AL die skroefies en boutjies van die teleskoop
- kyk vir vuilgoed tussen die loop en die kolf.

Gebruik jaracal se soekfunksie - ek het dit gedoen en 'n paar gesprekke raakgeloop waar Howa 6.5x55 eienaars hierdie saak noem. Ek het nie verder gelees nie - maak asb daarvan seker?
User avatar
heywillie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1214
Joined: Sun Apr 21, 2013 8:03 pm

Re: Howa 6.5 x 55 groepeer nie

Post by heywillie »

Myne het ook gesukkel tydens lading ontwikkeling.
Het loop "gepolish" met Isosso Bore paste.
2x foulers geskiet, bore snake deurgetrek en to halveer die groepe
30-06 Sako Finnbear
.22LR Mauser Oberndorf
Glock 19 Gen 4
6.5x55 Howa
375 Ruger Howa
38S&W
.22LR Remington Scoremaster
Hansieslim
Hero Member
Hero Member
Posts: 1373
Joined: Thu Jun 04, 2015 11:06 am

Re: Howa 6.5 x 55 groepeer nie

Post by Hansieslim »

140gr Sellior&Bellots is die een koeël waarmee ek (met my CZ 6.5x55 ±23"loop) die minste moeite nog ooit gehad het. Ek herlaai wel self. My creedmoor met 24" loop en ander twist hou ook van 140gr S&Bellots. Met dieselfde winkelpatrone het ek al uit n ander maak geweer met 'n 22" loop, halfduimgroepe konstant geskiet.

Ek sê eintlik dat daar met die koeël niks fout is nie (kom ons sê tot by 100m). Daar is dus BESLIS 'n ander probleem.
.
CZ550 6.5x55, Howa .204, Howa 6.5CMx2, Sabatti 6XC, Mauser .22LR
Konrad
Newbie
Newbie
Posts: 41
Joined: Sun Dec 15, 2013 4:06 pm

Re: Howa 6.5 x 55 groepeer nie

Post by Konrad »

Aand.
Ek het dieselfde probleem gehad en het my geweer toe laat glassbed. Probleem uitgesort. Nou skiet ek n 3 skoot groep van n 50sent op 300m. Ek laai wel self maar het vroeer ook self gelaai.
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3529
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: Howa 6.5 x 55 groepeer nie

Post by Armand Steenkamp »

Ek moet se van al my Howas is my 6.5x55AI die steekste om te groepeer. Maak maar eers heel seker als is goes vas. Aksie skroewe , basise en ringe. Dan maak soos die ander manne se, doe rubber kolwe werk baie goed as jy hulle ordentlik pak, die loop kanaal effems oopmaak en dan doe voorlaai styfmaak met steenvas.
My geweer het weer baie mooi met S&B 140gr winkel patrone geskiet. Maklik onder n duim.

Groetnis
Post Reply