Gemengde vragie vir die ouens wat beter as we weet asb. Ek sien daar is baie herlaai advies op die forum en sal rustig daardeur lees (verkieslik by die werk, hahaha) so my vrae is meer spesifiek:
(Geweer is 'n Howa Supreme Varminter 308, 24" swaar loop, 1/12 twist, nou net gese?n met daai wit kaarkie van CFR af)
1. Opsoek na enige ander met dieselfde geweer, watter factory 150g ladings werk vir julle?
2. Wil graag begin herlaai (nadat ek baie van die ammo in punt 1. uitgeskiet het):
2.1 Doppe: as (bv) PMP 150g lekker werk en ek het baie doppe is die doppe goed vir herlaai? (wil graag akkuraat wees maar gaan nou nie benchrest nie), of moet ek
eerder na iets soos Lapua doppe kyk?
2.2 Punte (teiken): Weereens is die PMP HPBT 150g (R360 per 100) goeie punte of moet ek weereens na Lapua scenar, AMax, Nosler custom comp ens kyk. Ek
weet alles het sy prys en wat duurder is is gewoonlik (seker) beter....dit is vir SAHunters ens kompetisies. Soek ook 'n resep van iemand af asb.
2.3 Punte (jag) - Soek 'n lekker 150g punt waarmee ek kan (relatief) langafstand jag, kyk na Barnes TTSX, Nosler Accubond, Hornady Interbond etc. Ek neem aan dat
ek almal moet probeer en die beste/akkuraatste ene hou? Het iemand 'n lekker resep vir so 2 800fps? Of is dit te vinnig? Ek weet elke geweer het sy sweetspot
waar dinge net werk, miskiien 'n goeie beginpunt asb. Net 'n praktiese vraag: indien ek verskeie punte wil probeer, waar kry ek net so 10 van elkeen? (dis nou
om verkieslik nie pakke van 50 te hoef koop nie), het iemand nie 'n "party pack" saamgestel nie? Ek skiet gewoonlik alles van Springbok tot Blouwildebees
met my 303 150g Sellier en Bellot.
Enige ander advies?
thanks!!
Advies re herlaai komponente en resep
- Vleder
- Jr. Member

- Posts: 95
- Joined: Thu Aug 18, 2011 11:11 am
Advies re herlaai komponente en resep
There is no theory of evolution. Just a list of animals Chuck Norris has allowed to live.
-
Beretta
- Hero Member

- Posts: 2954
- Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm
Re: Advies re herlaai komponente en resep
Vleder
Ek wou al sulke party packs maak maar die wholesalers wil nie vir die goed verskaf nie want ek het nie liksens vir wapens nie.Ek persoonlik dink dit is n goeie plan se bv 10 per gewig, maak ens ek dink die manne sal dit koop.Geniet die 308
Beretta
Ek wou al sulke party packs maak maar die wholesalers wil nie vir die goed verskaf nie want ek het nie liksens vir wapens nie.Ek persoonlik dink dit is n goeie plan se bv 10 per gewig, maak ens ek dink die manne sal dit koop.Geniet die 308
Beretta
