Help asb. Strelok en JBM verskil

Post Reply
the kid
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 283
Joined: Sun Nov 27, 2011 10:29 pm

Help asb. Strelok en JBM verskil

Post by the kid »

Kan iemand my dalk help of net check of ek iets verkeerd doen?

Ek het Gister gaan skiet en Strelok op my foon gebruik. die stellings wat strelok gee werk toe nie so lekker uit met wat ek kry op die baan nie. toe ek by die huis kom kyk ek op JBM en kry toe twee heelteml verskillende resultate. JBM is baie nader aan dit wat ek practise op die baan gekry het. nou weet ek nie of ek erens iets verkeerd gedoen het nie, ek het weer die Data gecheck om hseker te maak ek het dieselfde info op altwee ingetik. enigste verskil is JBM werk op G7 en Strelok op G1

Strelok gee my vir my 'n 45inch/7.87 drop op 500m teenoor JBM se 59.8inch/10.4 MOAdrop op dieselfde afstand. dit is amper 15 duim verskil?

Hier is my Data

Geweer: .260 rem Savage LRP
Bullet. 130gr Berger VLD Hunting
Ballistic coefficient: G1 0.552 G7 0.282
Bullet speed: 2841 FPS
Zero distance: 100m
Scope height : 2 inches (ek het gemeet van die middle van die loop tot die middle van die scope, weet nie of dit reg is nie maar dit is constant)
ek gebruik 'n Sightron siii 8-32 x 56 LRMOA

Sal iemand asb vir my check of julle dieselfde verskil optel tussen die twee calculators.
is daar 'n manier om Strelok te "TRUE" dat wat ek op de baan kry ooreenstem met wat hulle vir my gee?
Glock 19, Ruger m77 mkii ss 30-06, BSA .22, 12g ss, Lee Enfield.303, Ruger m77 mkii VT 25-06, Savage LRP .260 rem, Krico.222, Beretta 12g semi auto, Sako 6mm PPC, Zoli 20 GA.
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Help asb. Strelok en JBM verskil

Post by Gawie(13mm) »

Erens langs die pad het jy iets verkeers ingetik. ;D

Dit is wat ek met jou data gekry het.
Screenshot_20170320-103202.png
Om jou tweede vraag te beantwoord: Ja jy kan.
Klik regs onder op die teiken en volg die stappe.
20170320_103621.png
Screenshot_20170320-103942.png
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
the kid
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 283
Joined: Sun Nov 27, 2011 10:29 pm

Re: Help asb. Strelok en JBM verskil

Post by the kid »

Ok ek dink ek het die Free version, want ek het nie daai opsies nie, ek het ook nie n keuse tussen G7 en G1 nie. want ek het weer alles gecheck en al verskil is die G7 en G1

Is dit moontlik vir jou om die g7 na G1 te verander en te kyk of jy dieselfde lesing kry? ek gaan kyk of ek my strelok kan uninstall en weer laai en kyk.
Glock 19, Ruger m77 mkii ss 30-06, BSA .22, 12g ss, Lee Enfield.303, Ruger m77 mkii VT 25-06, Savage LRP .260 rem, Krico.222, Beretta 12g semi auto, Sako 6mm PPC, Zoli 20 GA.
the kid
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 283
Joined: Sun Nov 27, 2011 10:29 pm

Re: Help asb. Strelok en JBM verskil

Post by the kid »

:-[ Gawie, baie dankie vir jou hulp, ek het die fout gekry...... :-[

Ek het die {.} voor die ballistic coefficient vergeet. so dit was 552 inplaas van .552


Ek kan nie se hoeveel keer ek alles WEER en WEER gecheck het nie, en elke keer het ek daai . gemis.


Voel nou lekker stupid.
Glock 19, Ruger m77 mkii ss 30-06, BSA .22, 12g ss, Lee Enfield.303, Ruger m77 mkii VT 25-06, Savage LRP .260 rem, Krico.222, Beretta 12g semi auto, Sako 6mm PPC, Zoli 20 GA.
User avatar
JacquesT (Stompe)
Hero Member
Hero Member
Posts: 948
Joined: Fri Jan 30, 2015 2:26 pm

Re: Help asb. Strelok en JBM verskil

Post by JacquesT (Stompe) »

the kid wrote:Ok ek dink ek het die Free version, want ek het nie daai opsies nie, ek het ook nie n keuse tussen G7 en G1 nie. want ek het weer alles gecheck en al verskil is die G7 en G1

Is dit moontlik vir jou om die g7 na G1 te verander en te kyk of jy dieselfde lesing kry? ek gaan kyk of ek my strelok kan uninstall en weer laai en kyk.
Kan jy nie G7 selekteer op die free weergawe nie? Om 'n VLD te skiet en die G1 te gebruik is om die Gautrain met stoom aan te dryf.

Vir my is dit belanglik dat as wanneer jou geweer opgestel is en jyt als reg opgestel, om nie verder met daai zeroing data te karing nie, behalwe natuurlik as jy weer spoed meet in verskillende temperature om temperatuur sensitiwiteid uit te werk. Dit het my baie duur testaan gekom op ons vorige shoot en ek het konstant laag geskiet. Ek het die lading profiel gaan delete en oor opgestel, en skielik kan ek weer first round hits maak is my data ooreenstemmend met my dope.

Groete
the kid
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 283
Joined: Sun Nov 27, 2011 10:29 pm

Re: Help asb. Strelok en JBM verskil

Post by the kid »

Jacques, ek kry nie die G1 na G7 verander nie.(ek neem aan hulle moet 'n wortel voor jou neus hou om pro te gaan) Ek wou net eers check of strelok vir my werk voor ek die Pro version koop. ek was redelik teleurgesteld in die resultaat en bly ek het dit nie gekoop nie, en dit ales omdat ek die (.) vergeet het. Ek gaan nou weer probeer en as dit werk sal ek upgrade.

Wys jou nou net hoe groot invloed 'n "klein" foutjie kan he as dit by skiet kom.
Glock 19, Ruger m77 mkii ss 30-06, BSA .22, 12g ss, Lee Enfield.303, Ruger m77 mkii VT 25-06, Savage LRP .260 rem, Krico.222, Beretta 12g semi auto, Sako 6mm PPC, Zoli 20 GA.
User avatar
JacquesT (Stompe)
Hero Member
Hero Member
Posts: 948
Joined: Fri Jan 30, 2015 2:26 pm

Re: Help asb. Strelok en JBM verskil

Post by JacquesT (Stompe) »

Ad jy jou koel laai, gee hy vir jou 2 opsies, "Bullets database" en "G7 bullets database", kyk of jy dit het op jou weergawe.
the kid
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 283
Joined: Sun Nov 27, 2011 10:29 pm

Re: Help asb. Strelok en JBM verskil

Post by the kid »

Nope, nie op die free weergawe nie. Die Free weergawe is baie basic. Jy kan nie koeels kies nie, jy tik net gewig en BC in. Ek dink ek gaan maar die upgrade doen na pro, op die ou einde as jy 10 skote spaar, dan het jy vir hom betaal. Ek wou maar net eers check, ek hat al SO baie apps gedownload en dan as ek dit gebruik dan werk dit nie vir my nie. maar as ek nou net my deel doen :-[ dan lyk Strelok nogal of hy vir my kan werk. En die pro het ook my scope op. :)


TENSY iemand 'n beter app kan aanbeveel?
Glock 19, Ruger m77 mkii ss 30-06, BSA .22, 12g ss, Lee Enfield.303, Ruger m77 mkii VT 25-06, Savage LRP .260 rem, Krico.222, Beretta 12g semi auto, Sako 6mm PPC, Zoli 20 GA.
Post Reply