"Beste Press vir long range reloading"

Post Reply
User avatar
JJV
Hero Member
Hero Member
Posts: 770
Joined: Fri Oct 02, 2015 7:26 am

"Beste Press vir long range reloading"

Post by JJV »

Wat sal die "beste" press wees om akkuraat te herlaai?? Is 'n Redding beter as 'n Rockchucker? Wil graag jul ondervinding hoor oor wat die manne gebruik vir "long range" shooting, so v 300 meter en verder?
Lekker aand
JJV


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: "Beste Press vir long range reloading"

Post by ruaanb »

Ek gebruik n Redding big boss 2.
Rasmus
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Mon Sep 06, 2010 2:38 pm

Re:

Post by Rasmus »

JJV

Dit is n kan wurms. Meeste sal seker sê Rockchuker, foster ens.

Dit hang maar van jou budget af. Daar is n persoon wat met n Lee classic cast press twee jaar in n ry die Bisley F klas ope kampioenskap gewen het. Sy punte telling het ook n rekord of twee ingesluit wat steeds staan.

Baie gaan dalk verskil, maar jy kan bitter vinnig baie geld op n press spandeer vir n geringe verbetering in akkuraatheid.

Let wel ek verwys nie na die gewone aluminium lee presse nie.
User avatar
Sean3006
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 478
Joined: Mon Jun 27, 2016 9:10 pm

Re:

Post by Sean3006 »

I have a Lee Classic Cast (iron) press. Great value. I am very happy.
.30-06, 6.5CM, .22lr, 9mmP
User avatar
Konrad308
Full Member
Full Member
Posts: 210
Joined: Mon Feb 15, 2016 12:07 pm

Re: "Beste Press vir long range reloading"

Post by Konrad308 »

Ek gebruik 'n foster. Baie lekker press.

Sent from my SM-G930F using Tapatalk
22 Beretta Mod 70
22 Brno Mod 2E
223 Rem Sako A1
6mm Dasher Winchester Mod 70
6.5 x 47 Lapua Howa
308 Win Musgrave RSA
300WSM Tikka T3 Varmint
30-06 Spring Howa
375 Ruger Howa
Pointer 12 Guage Semi-Auto
9mm CZ 75 P-07 Duty
Ruger Super Blackhawk 44Mag
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3653
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re:

Post by JPS »

Foster of arbor press.

Dit is nou maar so dat floating dies hulle self sal sentreer om daarmee beter konsisiteit te weeg te bring.

En ja die rock chucker en lee classic cast presses sal werk ook maar ek dink jy sal brter af wees met Arbor of Foster co ax. Ek gebruik tans redding maar vrind se ammunusie gelaai op foster is maar nou net meer konsentries al ruil ons dies bly sy patrone met minder run out as my gelaaide patrone.

Groete
Jan
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Re:

Post by Hein M. »

JPS wrote: Ek gebruik tans redding maar vrind se ammunusie gelaai op foster is maar nou net meer konsentries al ruil ons dies bly sy patrone met minder run out as my gelaaide patrone.

Groete
Jan
Hoe weet jy dat dit spesifiek die press is wat die run out veroorsaak?
User avatar
Nico Harris
Hero Member
Hero Member
Posts: 2480
Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm

Re:

Post by Nico Harris »

Ek gebruik n lee. Die een wat .50 cal ook kan laai. Doppe oor 2thou run out is maar skaars. En hy hey my net R1700 gekos paar jaar terug.
.22LR , Mauser Obendorf
.223 Rem , Howa mini action
6.5 Creedmoor , Howa sporter
6.5 Creedmoor , Howa varmint
30-06, Sauer mod 90
300 PRC , Howa varmint
9.3x62, Mauser Oberndorf A tipe
12ga , Mossberg boltaction
12ga , Mossberg pumpaction
9mm , Glock 43
User avatar
Smitstertjies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1988
Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am

Re: Re:

Post by Smitstertjies »

JPS wrote:Foster of arbor press.

Dit is nou maar so dat floating dies hulle self sal sentreer om daarmee beter konsisiteit te weeg te bring.

En ja die rock chucker en lee classic cast presses sal werk ook maar ek dink jy sal brter af wees met Arbor of Foster co ax. Ek gebruik tans redding maar vrind se ammunusie gelaai op foster is maar nou net meer konsentries al ruil ons dies bly sy patrone met minder run out as my gelaaide patrone.

Groete
Jan
Hi Jan

Wat ek somtyds vind met my Rockchucker is dat hy nie 100% waterpas op die tafel is nie. Ek sit maar elke keer voor ek laai n klein waterpas op die skag van die press en stel net bietjie aan die torque van die skroewe wat die press op die bank vastrek om hom 100% waterpas te kry. Soos wat jy laai stel hy maar weer uit.

As n press nie 100% waterpas op die bank is nie sal daar wesenlik run out wees omrede die dop binne die shellholder tilt agv swaartekrag soos jy die ram afdruk.

Ek ken nie die Co Ax nie, maar as hy baie effens nie waterpas is nie sal die dies en dop nog steeds konsentries oplyn?

As dit so is, wag daar n nuwe press vir my!!
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
User avatar
andre007
Hero Member
Hero Member
Posts: 2234
Joined: Tue Jul 17, 2012 12:59 pm

Re:

Post by andre007 »

Ek dink die 1 van Sudami is ook contender. Hom noudiedag in aksie gesien, werk bitter lekker.

http://www.sudami.co.za/gallery/sudami- ... ition-2016
"Mag ek nooit onthou word vir dit wat ek gejag het nie, maar eerder vir hoe ek gejag het."

Groete

Andre007
083 491 1999
andrejbotha007@gmail.com
User avatar
Hein (Haan)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1088
Joined: Wed Aug 24, 2011 12:26 pm

Re: "Beste Press vir long range reloading"

Post by Hein (Haan) »

Ek werk met n Rock Chucker en sal liewers ekstra op beter Dies spandeer as wat ek meer op n press spandeer. Persoonlik dink ek jy kan dalk meer verbetering sien met beter Dies.
Daar is niks fout met die goedkoper dies nie maar ek dink die duurder dies verskaf net bietjie beter konstantheid.
As jy reeds n press en dies het sal ek liewers fokus om dit wat jy in die herlaai kamer te doen reg te doen.


Sent from my iPhone using Tapatalk
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3653
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Re:

Post by JPS »

Hein M. wrote:
JPS wrote: Ek gebruik tans redding maar vrind se ammunusie gelaai op foster is maar nou net meer konsentries al ruil ons dies bly sy patrone met minder run out as my gelaaide patrone.

Groete
Jan
Hoe weet jy dat dit spesifiek die press is wat die run out veroorsaak?
Hein, Aangesien die foster press met my dies presies dieselde run out gee as wat dit doen met my vriend sin. Maar op my press met my en sy die sets kry ons meer run out.
Dit is oor 2 kalibers die 260Rem en 284win en doppe se konsentrieiteit is voor dit gelaai is ook bevestig.

Soos genoem, die Redding laai ek mee nog steeds (rondtes is binne my spek en ek gebruik waggelmetevir die wat nie is nie) maar foster is verseker in my oë meganies beter vir konsentries laai.

Mooi loop
Jan
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3653
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Re:

Post by JPS »

Smitstertjies wrote:
JPS wrote:Foster of arbor press.

Dit is nou maar so dat floating dies hulle self sal sentreer om daarmee beter konsisiteit te weeg te bring.

En ja die rock chucker en lee classic cast presses sal werk ook maar ek dink jy sal brter af wees met Arbor of Foster co ax. Ek gebruik tans redding maar vrind se ammunusie gelaai op foster is maar nou net meer konsentries al ruil ons dies bly sy patrone met minder run out as my gelaaide patrone.

Groete
Jan
Hi Jan

Wat ek somtyds vind met my Rockchucker is dat hy nie 100% waterpas op die tafel is nie. Ek sit maar elke keer voor ek laai n klein waterpas op die skag van die press en stel net bietjie aan die torque van die skroewe wat die press op die bank vastrek om hom 100% waterpas te kry. Soos wat jy laai stel hy maar weer uit.

As n press nie 100% waterpas op die bank is nie sal daar wesenlik run out wees omrede die dop binne die shellholder tilt agv swaartekrag soos jy die ram afdruk.

Ek ken nie die Co Ax nie, maar as hy baie effens nie waterpas is nie sal die dies en dop nog steeds konsentries oplyn?

As dit so is, wag daar n nuwe press vir my!!
Ek dink hy gaan hom nog steeds 100% oplyn aangesien die DIE los lê (float met speling) dus sentreer jou dop en die op met mekasr en baklei nie teen mekaar omrede beide as een effe skeef is soos as dir vas is nie.

Ek gaan definatief nog een aanskaf maar het nou net te veel ander skiet uitgawes om dit nou te regverdig....
User avatar
Smitstertjies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1988
Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am

Re:

Post by Smitstertjies »

Jan, wat jy noem maak absoluut sin vir my. Die manne moet bietjie gaan toets hoe waterpas hulle press gemonteer is. Meeste ouens gaan n verrassing kry.n Floating die behoort die probleem baie minder te maak.
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
Vaalbos
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 56
Joined: Thu Feb 27, 2014 11:32 am

Re:

Post by Vaalbos »

Meeste van die shell holders het genoeg speling weens die toleransies wat gebruik is in die vervaardiging om die effense afwyking vanaf senter te akkomodeer. Die probleem kom voor wanneer die struktuur onder druk/spanning gesit word, veral wanneer jy "full length" sizing doen. Dan skuif die Ram in verhouding met die "Die Holder" en hierdie veroorsaak die konsentriese probleme. So ook as jy die dop uittrek en die "Expander Button" trek nie gelyk in die begin van die nek nie as gevolg van"Donuts" of die ram wat sy posisie in sy loop verander soos hy af beweeg, dan word die nek skeef getrek. Jy sal met a Foster "Co-Ax" op sy sy kan resize en die doppe sal reg wees.
User avatar
Heinz Petersen
Hero Member
Hero Member
Posts: 1583
Joined: Sun Oct 13, 2013 5:00 pm

Re:

Post by Heinz Petersen »

Wilson dies en press. Seker nie die beste(duurste) nie, maar daar is geen bewegende dele wat uit lyn kan gaan nie. Kry vir jou die Wilson blanks en laat dit sny met die reamer waarmee jou kamer gesny is.
Deel jou kennis dan bevorder jy jou sport.
6mm Dasher; 300 NM Improve; 308 Musgrave; 22-250 Howa; .22 Savage; Glock 17
User avatar
Smitstertjies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1988
Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am

Re: Re:

Post by Smitstertjies »

Vaalbos wrote:Meeste van die shell holders het genoeg speling weens die toleransies wat gebruik is in die vervaardiging om die effense afwyking vanaf senter te akkomodeer. Die probleem kom voor wanneer die struktuur onder druk/spanning gesit word, veral wanneer jy "full length" sizing doen. Dan skuif die Ram in verhouding met die "Die Holder" en hierdie veroorsaak die konsentriese probleme. So ook as jy die dop uittrek en die "Expander Button" trek nie gelyk in die begin van die nek nie as gevolg van"Donuts" of die ram wat sy posisie in sy loop verander soos hy af beweeg, dan word die nek skeef getrek. Jy sal met a Foster "Co-Ax" op sy sy kan resize en die doppe sal reg wees.
Ek stem gedeeltelik met jou saam. Met die RCBS press sal die shellholder en die ook 100% opline, al lê hy op sy sy. Juis die feit dat daar speling in die shellholder is wat die dop nie heeltemal vasknyp nie veroorsaak dat die dop rondbeweeg en nie konsentries oplyn as die press nie 100% waterpas gemonteer is nie. Ek het die toets al paar keer gedoen en doppe se runout is aansienlik minder as press 100% regop is. Ek ken nie die Co Ax nie, daarom wonder ek of dit die probleem van n dop wat skeef in shellholder is sal uitsort. Klink wel so agv floating die
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 3176
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am

Re:

Post by Pappabeer »

Hoe presies werk die waterpas ding?

Gestel die as van die matrys is presies in lyn met die van die shellholder en die as van die ram, dan gaan swaartekrag mos nie n invloed hê nie?

Wat ek wel kan insien as n probleem is as die kop van die dop 1. Nie haaks met die lengte as van die dop is nie, en 2. Onreelmatig is, wat voorkom dat hy flush met die shellholder staan. Dis hier waar bv die Wilson trimmers handig is om die kop haaks te kan sny.
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8017
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: "Beste Press vir long range reloading"

Post by Arnold »

Jammer maar ek kan nie insien hoe die waterpas ding werk nie. Die kragte betrokke as jy n press gebruik is baie groter as swaartekrag.

Ek sou ook goeie dies voorskryf, gedeeltelike vol lengte vorming en n seater die wat die dop ondersteun en die koeël oplyn voor hy geseat word.

Ek sal graag n Forster press wou hê maar my Lee Classic Cast laai mooi.

Die Wilson dies verstaan ek nie wat jy met jou reamer laat sny nie, ja die seating die maar hoe vorm jy jou doppe?
User avatar
Smitstertjies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1988
Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am

Re:

Post by Smitstertjies »

Arnold, ek dink jy het nou genoem wat ek dalk nie voorheen genoem het nie. Die waterpas probleem kom wel met seating in as die die nie die nek ondersteun nie.
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8017
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: "Beste Press vir long range reloading"

Post by Arnold »

Smitstertjies wrote:Arnold, ek dink jy het nou genoem wat ek dalk nie voorheen genoem het nie. Die waterpas probleem kom wel met seating in as die die nie die nek ondersteun nie.
Ja maar waterpas gaan nie regtig help nie. Kyk maar as jy n koeël baie skeef in die dop druk en dan seat teenoor hom reguit in die dop druk. Lee seating dies kom van die duiwel af en as jy hulle bv. nie met handskoene hanteer nie kan hulle maklik brand :) Ander Lee dies het ek nie probleme mee nie. Om die probleem bietjie te oorkom kan jy die koeëls in 4 stappe seat. Na elke bietjie lig jy die press en draai die 1/4 omwenteling en seat verder. Hierdie geld vir ander dies ook maar weereens meet of dit help ...

Beste is om jou herlaai stappe te meet en die probleem op te spoor. Meet die dop voor vorming, na vorming en dan nadat jy n koeël in die dop gedruk het.

So sien mens gewoonlik hoe voeter jy n dop al meer op met elke stap ;)
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3326
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm

Re:

Post by joe rocket »

Gaan dit nog steeds n probleem wees met n competion bullet seater wat n sleeve binne in die matrys het waarin die dop pas?
GROETE

__________________________



Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3079
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: "Beste Press vir long range reloading"

Post by Apie »

My Lee press was redelik gedaan en ek wou opgradeer.
Het n pel se ou Rcbs Rockchucker geleen maar wou graag 'n Forster hê wat ek toe gekoop het..
Om my duur aankoop te se meriete te probeer regverdig moes ek toets.
Toets was met Rcbs 308 Gewone Seater die.
RCBS Competition Seater die
Forster Bench Rest seater die

My Lee is daai gewone goedkoop press wat jy in daai Lee stel kry metdie ram/shaft wat al baie speling het.

Al die doppe was met 'n Lee Collet neck die geresize op die Lee press.
Dit is Lapua doppe wat se nekke almal geskil is.


Laai 5 patrone elk met elke press en elke dieset.

Meet runout.

Die tendens was elke keer dieselfde wat die dies aanbetref.

Die Forster met Forster BR die het elke keer die minste runout gemeet.
2de was die Rcbs Comp die
3de die gewone Rcbs die.

Wat die press vergelyking aanbetref.

1ste plek Forster
2de plek Lee.
3de plek Rcbs.

Al hoekom ek dink die Rcbs die swakste in my toets gedoen het was dat hy te min speling het.

Dit was asof die baie speling op die Lee press half die Forster se metode nagemaak het.


Die gemiddelde runout met die Forster was so .5 thou minder as die Lee so min verskil


Sent from my D5803 using Tapatalk
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re:

Post by Eugene »

Ek het vir baie lank met 'n LEE Classic Cast press gelaai en onlangs 'n RCBS goedkoop gekry en dit saam met die LEE begin gebruik. Ek gebruik Redding se Competition Dies vir my LA kettie, maar ook LEE, RCBS en Hornady DIES vir my ander gewere. Runout op LA geweer is selde meer as 1thou en dan is dit een of 2 uit 50 uit. Op ander gewere is dit tussen 1.5thou en 3thou. Ek dink die opstel van jou DIES en die tipe DIE, gaan groter verskil maak as die press. Dit gesê, daar kan altyd maar 'n swak press van enige vervaardiger af kom.....
Aim small, miss small
HJVisagie
Newbie
Newbie
Posts: 34
Joined: Thu Feb 27, 2014 12:28 pm

Re: "Beste Press vir long range reloading"

Post by HJVisagie »

andre007 wrote:Ek dink die 1 van Sudami is ook contender. Hom noudiedag in aksie gesien, werk bitter lekker.

http://www.sudami.co.za/gallery/sudami- ... ition-2016
Wat kos daai Sudami press? Lyk nice.


HJ Visagie
Sent from my iPad using Tapatalk
Post Reply