Die breek kar

Hou dit skoon en onsuggestief, dit is 'n openbare forum en enige iets wat nie pas nie sal verwyder word.
Post Reply
User avatar
Johan7
Full Member
Full Member
Posts: 226
Joined: Thu Jul 10, 2014 2:47 pm

Die breek kar

Post by Johan7 »

'n Ou ry en sy kar breek tussen erens en nerens. Hy weet niks van karre af nie, so hy gee 'n sug, klim uit en maak die bonnet oop. Hy staan en betrag die enjin so, hand op die ken, toe iemand vir hom in 'n duidelike stem se: "check die coildraad!". Die ou vlieg om, sien niemand behalwe 'n ou bruin perd wat in die veld staan en wei nie. Hy bepaal hom weer by die enjin toe hy weereens duidelik hoor:"check die coildraad!" Hierdie keer bekyk hy mooi die wereld, sien net die perd en dis toe dat hy sien dis die perd wat met hom praat. "Check die coildraad" se die perd duidelik! Die ou vroetel voor in die enjin en kom af op 'n draad wat in die lug staan. Nadat hy die draad ingesit het waar hy dink dit die enigste plek is waar hy kan gaan, swaai hy die enjin en walla! Daar staan en idle die kar. Die ou bedank die perd en weg is hy. By die dorp aangekom vertel hy in die naaste kroeg waar hy eers 'n verversinkie vat van die perd wat kon praat asook hoe die perd sy probleem opgelos het! Die manne vra toe of dit 'n bruin perd of 'n wit perd was. Hy se dit was 'n bruin perd. Die manne se toe hy kan gelukkig wees dit was die bruin perd, die wit perd weet niks van karre af nie!
" Someone once asked me if I had a favorite distance. My answer was easy: The closer the better" - Chris Kyle, American Sniper
User avatar
CJNaude
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 63
Joined: Thu Aug 25, 2016 7:24 am

Re: Die breek kar

Post by CJNaude »

:laugh: :laugh: :laugh: :laugh:
BRNO No2 .22LR
Mauser/Boelher Rassant .243win
BRNO ZKK600 270Win
FN Mauser 7.62x51
Mauser 9,3x62
BRNO 30-06
Mauser 8x60
Howa .308 win
CZ75B 9mmP
Skiet reguit en wees veilig.
Post Reply