Brmo 600 aksie vir lang afstand geweerbou

Everything regarding Long Range Shooting and Hunting here / Alles rakende Langafstand skiet en jag hier
Post Reply
shanenel
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 376
Joined: Wed Mar 05, 2014 8:56 am

Brmo 600 aksie vir lang afstand geweerbou

Post by shanenel »

Wat dink die kenners sal die aksie werk en rigied genoeg wees om n 280 rem op te bou.Ek kry nie n remington 700 in die hande nie.Ek kan wel n winchester mod 70 kry.Watter een sal die beste wees.
User avatar
Gerhardu
Hero Member
Hero Member
Posts: 981
Joined: Mon Nov 19, 2012 1:55 pm

Re: Brmo 600 aksie vir lang afstand geweerbou

Post by Gerhardu »

Daar is niks fout met die aksie nie. Hulle het n rep as n werks aksies en kan die punch vat veral op die groot kalibers en gee nie moeilikheid nie. Dis hoekom ek altyd se dis die Toyota van aksies. Maar vir langafstand geweer bou is die maar elke persoon se opinie. Dit hang maar als af van wat jy op hom gaan doen. Ek het een op my LR roer en hy is baie goed. Geno het ook een op sy 260 gebou.Hoor ook by hom wat hy dink. My opinie, blueprint hom en true hom. Doen soveel as wat jy kan op daai aksie.

Groete
Andre308
Hero Member
Hero Member
Posts: 903
Joined: Sat Nov 07, 2015 6:54 am

Re: Brmo 600 aksie vir lang afstand geweerbou

Post by Andre308 »

Die ZKK 600 aksie is n control feed aksie, so die patroon moet in die magesyn gedruk word om onder die extractor in te voer.

Sou jy n berger 180gr/195gr of selfs die nuwe Hornady ELD match 180gr wou skiet in die 280, dan mag jou TPL jou miskien briek. Ek het al gehoor van aanpassings wat gemaak word om die aksie in n Pushfeed te omskep, deur die extractor slot so bietjie oop te maak sodat hy oor die dop kan glip in die kamer, maar ek self weet nie hoe 'lekker' so idee is nie.

Die ander probeem met die ZKK aksies is dat die standaard snellers is nie te wat is nie, en ek is nie seker of jy n lekker 'aftermarket' sneller vir hom gaan kry nie.

Op jou vraag of hy sterk genoeg is. Ja.
Post Reply