BSA Majestic???

Post Reply
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5154
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

BSA Majestic???

Post by Pvdw »

Manne wie van julle het kennis van die BSA Majestic (hoop spelling is reg) gewere.

Vriend van my broer jag glad nie meer nie en wil so 'n 30-06 smous.

Is dit 'n goeie wapen of nie? Enige raad of inligting i.v.m. die maak sal ek wardeer.

Hy het nie prys gepraat nie maar as die kool wel die sous werd is en dit is 'n goeie maak/model dan mag ek net dalk belang stel.

Andersins as die kontant ontbreek maak ek hom hier beskikbaar vir iemand wat wel die geldjies reg het.

Peet
Last edited by Pvdw on Tue Aug 09, 2011 7:43 pm, edited 1 time in total.
Work to live, don"t live to work
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: BSA Majestic???

Post by tripodmvr »

As dit werklik BSA is bou hulle al donkiejare gewere en sal dit betroubare wapen wees. Die ouderdom en hoeveelhei skote gevuur is die onbekende.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Sako75
Hero Member
Hero Member
Posts: 1226
Joined: Wed Oct 14, 2009 7:50 pm

Re: BSA Majestic???

Post by Sako75 »

Ek het 'n BSA Hunter in 222.  Hy het Mauser agtige slotjie en is baie netjies afgewerk en het mooi klassieke lyne.  Die Majestic behoort daarom nie te versmaaie te wees nie.....  As die prys billik is en toestand en loop goed is behoort dit baie lekker geweer te wees.  Ek het al gewens vir 'n BSA in 300H&H om my 222 geselskap te hou! :>
.22H Sako P74, .222 Sako L46, .222 Sako 75 Varmint, .223 Sako Super Deluxe, .243 Sako 75 Varmint, .243 Sako 85 SS Var Lam, 260 Sako TRG (bestel), 7x64 Sako 75 Hunter, 300 WM Sako Safari, 9.3x74mm Tikka, 9.3x62 Sako 75 Deluxe
Post Reply