Dagse,
Wat is die hoof verkil tussen die Berger VLD hunting en Target?
Ek het klomp 210 VLD hunting gekoop wat ek vanjaar op my 300WSM will gebruik maar geen slegs vir skyfskiet gebryk vir F-Ope. Ek sien dat daar klein verkil is in die BC ma kan nie regtig iets anders optel nie...
Groete,
Petrie
Verskil tussen Berger VLD Hunting en VLD Target
- Petrie303
- Sr. Member

- Posts: 381
- Joined: Thu Apr 14, 2011 3:38 pm
-
birklec
- Sr. Member

- Posts: 369
- Joined: Sun Oct 14, 2012 8:02 pm
Re: Verskil tussen Berger VLD Hunting en VLD Target
Ek weet die vld hunting se mantel is bietjie dunner. Ek skiet ook met 105gr vld hunting en sy bc is meer as die target.
- Boesman10
- Hero Member

- Posts: 946
- Joined: Thu Aug 21, 2014 9:17 am
Re: Verskil tussen Berger VLD Hunting en VLD Target
Sover ek weet is dit net die mantel dikte wat die verskil is. Die "hunting" se mantel is dunner sodat dit makliker opbreek met die skoot. Die "Target" se mantel is dikker so as jy jag met hom kan hy dalk reageer soos 'n solid en dwars deur hardloop.
Ek gebruik die 210 Grein VLD hunting in my .300WM met groot sukses beide op die baan asook in die jagveld. Great BC en 'n ongelooflike mooi verhouding tussen die koel en die geweer.
Ek gebruik die 210 Grein VLD hunting in my .300WM met groot sukses beide op die baan asook in die jagveld. Great BC en 'n ongelooflike mooi verhouding tussen die koel en die geweer.
“The Darkest Things about Africa has always been our Ignorance of it” – George Kimble
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13582
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Verskil tussen Berger VLD Hunting en VLD Target
Soos die manne se die die Hunting het n dunner mantel, die mantel is nie dunner gemaak nie dit is maar hoe al die Berger koels se mantels was n paar jaar gelede. Die tyken manne het vir Oom Berger gevra om vir hul koels met dikker mantels te maak wat hulle vinniger kon skiet sonder dat die koels uit mekaar skiet en ook deur warmer lope kon skiet sonder om bang te wees dat die koel sal fail. Baie mense het toe in daai tyd met die oorspronklike tyken koels gejag veral op verder afstand en met die sukses wat hulle toe gehad het met die oorsrponklike koels het berger besluit om die oorspronklike koels met die dunner mantel dan te hou en as hul jag koels te bemark en te verkoop. Die klein verskil in BC is maar die verskil in lot nommers of die Dies wat hulle die koels uit druk, met die dunner mantel kan hulle die meplat kleiner en meer konstant kry so jy sien baie dat die Hunting n bq hoer BC het as die tyken koel in die selfde gewig
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- Petrie303
- Sr. Member

- Posts: 381
- Joined: Thu Apr 14, 2011 3:38 pm
Re: Verskil tussen Berger VLD Hunting en VLD Target
Dankie vir die raad,
Gan dit toets en eenkeer op spanskiet formaat proebeer waar mens 15skote in omtrent 15min skiet... sal dan weet wat dit maak.
Gan dit toets en eenkeer op spanskiet formaat proebeer waar mens 15skote in omtrent 15min skiet... sal dan weet wat dit maak.