Page 1 of 1
Bed van aluminium kolf
Posted: Sun Jan 29, 2017 8:56 pm
by emdebeer
Ek het aangeneem dat dit nie nodig is om n aluminium kolf (Warrior Chassis) te bed nie maar het vandag gelees dat metaal op metaal pas nie bevorderlik is vir akkuraat skiet nie. Die ou wat die boek geskryf het sĂȘ dit is belangrik om n aluminium kolf te bed vir optimale akkuraatheid. Ek sal graag wil hoor wat die gevoel hieroor is voordat ek begin epoksie meng!
Re: Bed van aluminium kolf
Posted: Sun Jan 29, 2017 9:32 pm
by Gian_dP
Die toleransies met vervaardiging is gewoonlik nie so klein nie, dus kan daar steeds speling wees. Meng maar!
Re: Bed van aluminium kolf
Posted: Sun Jan 29, 2017 9:35 pm
by emdebeer
Gian_dP wrote:Die toleransies met vervaardiging is gewoonlik nie so klein nie, dus kan daar steeds speling wees. Meng maar!
Dankie Gian. Dit is jammer, gaan n morsige spul wees!
Re: Bed van aluminium kolf
Posted: Sun Jan 29, 2017 9:36 pm
by Gian_dP
Morsig, maar hopelik die moeite werd.Lees ook Piet Breedt se draad
http://www.jaracal.com/viewtopic.php?t=32636