Beginner jagter "Help asb"

Post Reply
Ramkatte

Beginner jagter "Help asb"

Post by Ramkatte »

Goeie dag almal...

Ek weet daar is reeds n topic oor beginers, maar kon dit nou nie opspoor nie.
Ek wil begin deur te se dat ek alle hulp nodig het wat ek kan kry, en ek dink nie daar is n beter plek as die om dit te ontvang nie.
Hierdie is wel my eerste keer wat ek saam gaan gesels, maar lees al die forum se posts van Februarie af.

Ek is n student en soos almal weet dit is nie goedkoop nie. Ek het besluit om te begin help met die probleem diere en het reeds met JB gaan gesels en ook met Hein.
Nou wil ek net be se, ek doen dit nie vir geld nie, maar eerder as n passie, maar as daar n geldjie is om te maak, dan is dit net n bonus.
Ek wag nog vir my vuurwapen lisensie, maar behoort darm nie meer te lank te wag nie (Mens weet ook nooit). Het aansoek gedoen op n .270 en n.338 Wil graag weet, is die .270 kiliber nie dalk te groot nie, en met watter gr sal julle aanbeveel moet ek lood gooi? Ek herlaai nie self nie... (Sukkel my g@t af ;D) Wil ook weet watter scope julle sal aanbeveel... Is bereid om tot so R6000 te betaal..

Het reeds n bakkie gekry, nou nie van die mooistes nie, maar sal die werk kan doen, wil hom graag laat oor spray. Het gedink ek wil dit cammo maak, maar weet nie so mooi nie. Enige hulp rondom dit? Het iewers gelees dat die bakkie n donker kleur moet wees.

Wil ook begin kursusse bywoon, as daar is laat weet asb.

Dankie. lekker dag..
User avatar
gideon
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 69
Joined: Tue Jul 12, 2011 8:12 pm

Re: Beginner jagter "Help asb"

Post by gideon »

Hi Ramkatte.

Ek gaan net my twee sent gee. Ek dink as jy nie herlaai nie beperk jy jou gewere geweldig veral die 270. Meeste handelaars hou net 130, 150 gr rondtes aan. As jy herlaai maak dit vir jou 'n nuwe wereld op jy kan dan jou 270 van 100gr tot 170gr punte gee. Daar is dan meer as genoeg om van te kies vir die doel wat jy hom wil gebruik. Ek sal eerder jou bakkie los soos hy is en bele in goeie herlaai toerusting. Ek skiet van 'n wit bakkie af en ek het dam al een of twee gekry. Ek kyk net wat maak die maan en beplan my jagte daarvolgens. 

Sterkte ek hoop dit help.
Ramkatte

Re: Beginner jagter "Help asb"

Post by Ramkatte »

Hi Gideon

Dankie vir die terugvoer.
Ek verstaan wat jy se. Ek sukkel net met die herlaai storie, maar soos enige ding in die lewe gaan dit maar baie tyd en oef. vat om agter die knie te kry.
Watter herlaai toerusting sal jy aanbeveel as ek mag vra, ek weet somige mense vind dalk n sekere maak goed, en ander weer nie. Lyman dalk?
Dink jy nie dalk die 130gr sal die werk kan doen nie, of sal jy aanbeveel dat ek dalk nog moet sak? Skiet op die oomblik met 150gr PMP.. Maar dink dalk dit is bietjie onnodig vi die jakkies. Wat is jou aanbeveling.

Enige scope voorkere?

Laat dit goed gaan.
User avatar
gideon
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 69
Joined: Tue Jul 12, 2011 8:12 pm

Re: Beginner jagter "Help asb"

Post by gideon »

Ramkatte.

Daar is 'n boek, Die akurate ketting. Hendrik van rensburg het hom geskryf word deur Safari and outdoor bemark. Dit sal jou regtig baie help met die herlaai ding. Hendrik bespreek omtrent alles in hierdie boek. Onthou net die beste is ook die duurste en dit kan jou 'n paar rand kos as jy vir die beste gaan. Maar as jy fanaties is oor klein groepering is sal ek voorstel dat jy die beste koop. Ek gebruik RCBS en Foster Bench rest dies. Redding is ook baie goed maar hendrik se boek beskryf elkeen se voor en nadele.

Ek jag jakkalse met my 222. die enigste rede hiervoor is dat ek weet dai 45gr punt gaan nie deur die jakkals nie en ek hoef nie bekommerd te wees dat daar 'n bees of skaap in die donker getref word nie. As ek wel my 270 hiervoor inspan gebruik ek sagte punte 100 tot 110gr hollow points Hornady en Siera maak lekker sagte punte juis hiervoor. hulle is ontwerp vir die taak. Ek het 'n pmp 150gr punt deur blouwildebees geskiet en jy wil dit nie in die nag he nie.

Ek geniet leupold scopes het jare met lynx scopes geskiet nooit 'n probleem gehad nie maar het met al my gewere oorgegaan na leuplod toe. Alhoewel die nuwe lynx scopes vlg die manne baie goed is maar ook nogal duur is. Dit hang af wat presies jy met die scope gaan doen. As jy jou 270 jou jakkals geweer wil maak en hom net vir dit gebruik dink ek 'n 8 by 56 is 'n goeie roep. As jy hom egter vir dagjag oor langer afstande ook wil gebruik sal ek vir 'n 14 vergroting gaan.

Dit is net my twee sent en daar sal moontlik baie manne wees wat van my sal verskil maar dit is die lekker jy moet doen wat vir jou werk.
User avatar
PITSMIT
Hero Member
Hero Member
Posts: 989
Joined: Thu Mar 24, 2011 10:48 am

Re: Beginner jagter "Help asb"

Post by PITSMIT »

ramkatte

dagse.  ek skiet n 270 nou al vir amper 30 jaar en dis n top kal.

net voor die jagseisoen het jagtersdok my gehelp met my geweer se lading ontwikkeling en toe sien ek vir die eerste keer wat my geweer kan doen.

ek laai al vir jare en ken die kal goed eintlik ken ek hon baie goed

ek skiet nou 140gr sst punte teen 2920v/sek  met n lading van 52.1gr  S365 poeier  met n tpl van 82mm

dit gaan nie noodwendig vir jou werk nie maar gaan jou in die kol plaas.

as jy net gaan jakke skiet sal ek se jy moet sommer pmp 130gr punte laai want hulle is goedkoop en klap n jak lekker mal

die 270 se jagpunte is bietjie duur vir jakke skiet maar jy kan gameking 110gr punte ook laai vir die jakke en glo my hy sprei n jak nogal uit oor die aarde as jy hom raak met daai punte.

as jy enige raad soek pm my dan gesels ons verder sal jou enige tyd help met raad

groete
Ontmoet altyd nuwe vriende maar moet nooit die oues vergeet nie
" Shooters do it in any position "

.270Win  Brno de Lux  Mod ZKK600
.308Win  Zastava
CZ85 9mm Para
Taurus .357 Mag  6" barrel
Post Reply