Dak tent vir Fortuner

Post Reply
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3311
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Dak tent vir Fortuner

Post by Christo »

Hallo manne.

Ek is op soek na 'n daktent vir ons trippie Kaokoland toe. Ek is nog nie heeltemal seker of die kamp gogga gebyt het nie en is nie bereid om 'n nuwe se prys te betaal om uit te vind of dit gaan werk nie.

Moet ten minste 1.4m wyd wees maar wyer sal beter werk vir my lyfie.

As ek so kyk moet ek seker ook 'n dakrak opsit vir die tent of miskien kan ek hom met brackets monteer. Help asseblief met raad. Ons gaan nie dakspasie nodig hê vir ander items op die trippie nie.

Alternatief is seker om een te huur. Is daar iemand in die Boland wat bereid sal wees om een aan my te verhuur vir 2 weke vanaf 28 April 2017?

Rede vir daktent is tyd en spasie wat beperk is. Dit gaan net ek en Irma wees en ek wil nie sleepwa saamsleep nie en wil ook nie elke dag tent opslaan nie.

Ek het nog vrae maar hulle kan eers wag.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3079
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: Dak tent vir Fortuner

Post by Apie »

Enigste nadeel van daktent is dat jy dit eers moet opslaan voor jy kan ry.

Voordeel is dat sy beddegoed (matras ens) wat baie spasie in beslag neem reeds binne in toe is.

'n Oztent 30second(Howling moon het die Whizztent) tent sou ek as 'n 2de opsie aanbeveel.
Jy gaan dit wel ook op die dak moet vasmaak omdat dit lank is (2m) en jy gaan die beddegoed en matrasse iewers moet i9nlaai.

Rooftop tente is redelik swaar(80tot100kg) en moet op n stewige dakrak vasgesit word

Met die Oz/Whizztent het jy 'n opsie om net Load bars te kry/koop/of maak wat aan die Fortuner se bestaande loadbars vasbout.

Sent from my D5803 using Tapatalk
User avatar
Boesman10
Hero Member
Hero Member
Posts: 946
Joined: Thu Aug 21, 2014 9:17 am

Re: Dak tent vir Fortuner

Post by Boesman10 »

Christo - Ek dink ek het 'n daktent wat in my storage container staan. Daar behoort twee te wees - 'n vol een en 'n halwe een vir kinders. Baie min gebruik. Ek gaan hom nie vir jou leen nie maar jy is welkom om hom te kom haal in die Paarl en te maak pas. Indien jy dan besluit jy gaan hom gebruik dan kan jy hom koop. Indien jy hom nie gepas kan kry nie of jy en mammie besluit dis nie vir jou nie dan bring jy hom terug. Hoe klink daai. Stuur vir my epos op master@wetdog.co.za as jy belangstel.
“The Darkest Things about Africa has always been our Ignorance of it” – George Kimble
DvS
Newbie
Newbie
Posts: 1
Joined: Mon Jan 23, 2017 11:57 am

Re: Dak tent vir Fortuner

Post by DvS »

Christo

Ek gaan jou dalk kan help...
kontak my by 0835642357@mtnloaded.co.za of 0835642357@mtnloaded.co.za

Groete
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3311
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Dak tent vir Fortuner

Post by Christo »

Epos gestuur
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3311
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Dak tent vir Fortuner

Post by Christo »

Ek het een gekry.

Nou kort ek 'n roofrack. Snaaks hoe mens dink jou maklike planne is goeie planne.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
Post Reply