Halo julle,
Ek het 2 jakkalse hier by my wat slim is, het die reun se teef geskiet laasjaar junie toe is sy dragtg maar ek neem aan die reun het nou n nuwe maat maar ek dink nie hul het kleintjies nie. Ek het hul al een aand geroep en agter gekom hul beweeg weg toe skyf ek nader en hul skyf weer weg so 5km is waar hul stop en skree. Maar hier is nie kleintjies wat ek hoor nie, dit is binne erosie sloot maar ek nog nie een keer jonges gehoor nie. Hul skree so ini sloot of tussen die bome wil nooit in kom ni. Het al voorheen met my gebeur waar ek suksesvol n ander paartji kon in roep maar die twee sukkel.
So die twee wat ek nou mee sukkel stap elke aand selle roete maar kan hul nie voorsit ini aand nie want hul stap ini sloot. Ek het nou ysters gestel want hul is eintlik in buurman se grond so hul moet deur grensdraad kom en hy is mooi toe behalwe vir een of twee gate waar ek gestel het. Gister middag 6uur toe ek my ysters gaan kyk toe skree die twee vir my vani sloot af. Ek het al dagroep maar in ander kant van kamp waar ek eers gedink het hul neste is.
Ek nodig raad, maak ek n dagroep en speel net kos? Of kan ek n jakkals roep gooi? Nuuskierigheid is seker beste maar is so bang ek speel iets wat hul ken. Het eergister groot reun geskiet met black jack enkel en geantwoord met jakkals antwoord.
Dagroep kos of jakkals?
- Witlomu
- Newbie

- Posts: 44
- Joined: Mon Apr 04, 2016 12:34 pm
Dagroep kos of jakkals?
.30-06 CZ 550
Mute Silencer
Leupold VXR 4-12 x 50 Firedot
Foxpro Inferno - Foxjack 5
.243 Win Howa SS HB
ATN X Sight 2 5-20×
Mute Silencer
Leupold VXR 4-12 x 50 Firedot
Foxpro Inferno - Foxjack 5
.243 Win Howa SS HB
ATN X Sight 2 5-20×
- pieter h
- Hero Member

- Posts: 522
- Joined: Fri May 13, 2011 10:47 pm
Re: Dagroep kos of jakkals?
Witlomu jy kan standaard roep soos vir verskillende tye v jaar gebruik.Soos Heinrich sê as jy twyfel begin met kos.Groete Pieter
Sent from my iPhone using Tapatalk
Sent from my iPhone using Tapatalk
- neef
- Full Member

- Posts: 135
- Joined: Tue Jul 05, 2016 12:06 pm
Re: Dagroep kos of jakkals?
Manne ek weet nie of dit die lekker reen is hier in die vrystaat nie maar sien heelwat jakke wat helder oor dag die veld in gallop net jammer dit is n ander man se grond of jou roer is nie by nie.
Deel wat jy weet en jy sal wys word
Ruger Presision 6.5 cm
Sako 308win
Howa 204
Savage 243
coey .22
cz 75 p07 duty
Vektor SP1
Musgrave 12G pomp
Ruger Presision 6.5 cm
Sako 308win
Howa 204
Savage 243
coey .22
cz 75 p07 duty
Vektor SP1
Musgrave 12G pomp
- Termiet
- Newbie

- Posts: 37
- Joined: Fri Dec 11, 2009 12:53 pm
Re: Dagroep kos of jakkals?
Ek het al so probleem gehad van 'n skelm paar. Op die ou einde het ek 'n voer plek gemaak waar ek weet hulle loop en waar ek redelik maklik op hul kan afkom/bykom. Enige iets wat dood was en self nou en dan 'n bobbejaan of aap net om die menu aan die gang te hou. Trail cam opgesit en huiswerk gedoen. Met die inligting het ek gaan voorsit en hulle gekry. Dit klink maklik en werk seker nie orals nie, maar vir my het dit gewerk.
Groete
Termiet
Groete
Termiet
- Witlomu
- Newbie

- Posts: 44
- Joined: Mon Apr 04, 2016 12:34 pm
Re: Dagroep kos of jakkals?
Dankie vir die raad!! Ek het gisteraand gaan roep, die suidooster waai te sterk in die middag om te dagroep. Het toe die hele gesin hoor roep v eeste keer, ma pa en jonges. So ek gaan nou vnmiddag as die wind le n draai gaan maak daar, sal latweet wat ek roep en qat gewerk het!
.30-06 CZ 550
Mute Silencer
Leupold VXR 4-12 x 50 Firedot
Foxpro Inferno - Foxjack 5
.243 Win Howa SS HB
ATN X Sight 2 5-20×
Mute Silencer
Leupold VXR 4-12 x 50 Firedot
Foxpro Inferno - Foxjack 5
.243 Win Howa SS HB
ATN X Sight 2 5-20×
- NicoSmit
- Hero Member

- Posts: 1899
- Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm
Re: Dagroep kos of jakkals?
Wat ek al geprobeer het en gewerk het vir my hier in die Hoëveld as die gras lank is en jou skiet area maar beperk is om 'n pakkie hoender lewers in die pad of 'n oop area te sit om hulle uit die lang gras te kry . As hulle eers daai snuifie gekry het dan skiet jy hom langs die lewers
Mag jou skape begin jakkals jag.....Adam Tas
- Witlomu
- Newbie

- Posts: 44
- Joined: Mon Apr 04, 2016 12:34 pm
Re: Dagroep kos of jakkals?
Met baie moeite en sterk skemer kon ek n helper teef in kry binne skiet aftand, daarna te donker gewees toe moes ek op pak en kloof uit! Vlekkie d, klein jak distress, en die nuwe ribbok roep op tafjak vol 4 het werk gedoen..en so bietji opi fluitji
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
.30-06 CZ 550
Mute Silencer
Leupold VXR 4-12 x 50 Firedot
Foxpro Inferno - Foxjack 5
.243 Win Howa SS HB
ATN X Sight 2 5-20×
Mute Silencer
Leupold VXR 4-12 x 50 Firedot
Foxpro Inferno - Foxjack 5
.243 Win Howa SS HB
ATN X Sight 2 5-20×
- pieter h
- Hero Member

- Posts: 522
- Joined: Fri May 13, 2011 10:47 pm
Re: Dagroep kos of jakkals?
Netjies
Sent from my iPhone using Tapatalk
Sent from my iPhone using Tapatalk
