More almal,
Wil net bietjie hoor van die ouens wat weet. Ek het so bietjie navorsing gaan doen op bogenoemde kalibers en as jy die 2 vergelyk volgens Somvhem se data is daar regtig baie min verskil tussen die twee. Soos in minder as 100vps. Em skryf dit toe aan ons SA poeiers wat baie goed werk met die winmag maar glad nie met die Lapua nie. Ervaar julle dit so en is n Lapua dan regtig n noemenswaardige voordeel bo die winmag in SA?
338 win mag vs 338 Lapua met SA poeiers
-
Eight
- Hero Member

- Posts: 829
- Joined: Sat Jun 25, 2016 2:44 pm
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: 338 win mag vs 338 Lapua met SA poeiers
Wil jy jag met die geweer wat jy wil aankoop?
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Eight
- Hero Member

- Posts: 829
- Joined: Sat Jun 25, 2016 2:44 pm
Re: 338 win mag vs 338 Lapua met SA poeiers
Jag en bietjie baanskiet. Ek het klaar n 338 winmag en dit is maar net wat ek opgelet het. Gesien n ou praat van 1myl skiet met n 300gr uit n Lapua teen 2520vps en ek dink die winmag behoort dieselfde koel teen so 2450vps te kan skiet. Ek weet mens moet natuurlik n akkurate lading kry maar wat ek sien is n klein verskil met baie meer poeier. Natuurlik met die oorsese poeiers is die verskil redelik groot. Ek vra maar net vir interessantheid?
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7559
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: 338 win mag vs 338 Lapua met SA poeiers
Agt
Ja jou oe mislei jou nie, daar is nie veel wat die Lapua in spoed terme bied bo die Win Mag nie. Die rede hiervoor is maar eenvoudig dat ons nie n geskikte stadig verbrandende poeier het om gebruik te maak van die addisionele dopkapasiteit van die Lapua nie. As n mens kyk na idiale dopkapasiteit vir ons beskikbare poeiers dan is die 330 Dakota nie ver weg van die ultimate nie.
Groetnis
Wouter
Ja jou oe mislei jou nie, daar is nie veel wat die Lapua in spoed terme bied bo die Win Mag nie. Die rede hiervoor is maar eenvoudig dat ons nie n geskikte stadig verbrandende poeier het om gebruik te maak van die addisionele dopkapasiteit van die Lapua nie. As n mens kyk na idiale dopkapasiteit vir ons beskikbare poeiers dan is die 330 Dakota nie ver weg van die ultimate nie.
Groetnis
Wouter
-
Eight
- Hero Member

- Posts: 829
- Joined: Sat Jun 25, 2016 2:44 pm
Re: 338 win mag vs 338 Lapua met SA poeiers
Dankie Wouter, dit is maar net vir my interessant en hartseer dat die ouens met sulke nice duur gewere sit en hulle nie kan benut tot hul volle potensiaal nie. Ek het nou al n paar keer gesien waar ouens bokke op afstande van so 700m skiet met Lapuasen 300gr pille en dink dan dat ek dit seker met die wm ook sal kan doen as die vaardighede daar is. Vir nou skiet ek maar die papier en staal op afstand.