More
Ek het 'n RCBS 10-10 skaal wat 'n goeie skoonmaak kort.
As ek kruit gooi is hy traag om te begin tot op sekere punt,dan skielik spring hy 'n hele ent opwaarts.
Dit lyk asof iets op die "pivots" skoongemaak moet word.( seker 'n lemoensappie daar gemors)
Dit lyk of die balanseer punte aluminuim op perspeks is.
Waarmee en watter metode gebruik ek om dit en die hele skaal skoon te maak?
Sal Grafiet poeier op die balanseer punte die lesings onstabiel maak?
Raad word waardeer
Dankie
gho
Skoonmaak van balkie skaal
- Pappabeer
- Hero Member

- Posts: 3176
- Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am
Re: Skoonmaak van balkie skaal
Benzine is heel vergewend op verf en sal meeste olie/ vuil residu verwyder. Daarna warm water, Clean grean en n tandeborsel.
Ek kan nie sien hoekom daar n probleem sal wees as jy die pivots met grafiet poeier smeer nie.
Goed soos asetoon, thinners en carb cleaner gaan jou verf beskadig
Ek kan nie sien hoekom daar n probleem sal wees as jy die pivots met grafiet poeier smeer nie.
Goed soos asetoon, thinners en carb cleaner gaan jou verf beskadig
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x4) 9mm(x2) .44
-
THOMAST
- Hero Member

- Posts: 1892
- Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am
Re: Skoonmaak van balkie skaal
gho, as jy die skaal onderstebo draai sal jy 'n plaatjie sien wat met een skroef vasgemaak is aan die raamwerk van die skaal. Die plaatjie is eintlik 'n veer wat help om die balkie te lig van sy rusplek. Deur die plaatjie effens te buig (in opwaarste rigting) gaan hy meer drukking op die balkie plaas en die balkie sal vinniger reageer.
Die "perspex" is eintlik agaat blokkies en is baie hard. Die assie wat op hulle rus het 'n skerp rant - loer na daai rant met vergrootglas: hy moet vertoon as 'n dun blink lyn. Enige merke in die skerp lemvlak kan akkuraatheid beinvloed (dit hoort nie sommer met 10.10 te gebeur nie maar daar is uitsonderings op alles). Jy kan die vlakke slyp om defekte te verwyder, hou net die hoeke konstant.Gebruik fyn steen.
Maak ook seker dat jou skaal waterpas is in Noord/Suid en Oos/Wes rigting.
Ek gebruik alkohol op oorpluisie of watte opgerol om ronde tandestokkie om agaatblokkies skoon te maak.
As jy klaar gelaai is, pak weg en sit stofdeksel op , dan is daar minder kanse vir blapse

- Full Member

- Posts: 131
- Joined: Sun Jul 28, 2013 8:41 pm
Re: Skoonmaak van balkie skaal
Dankie manne vir die raad.
Ek sal hom so doen.
Ek sal hom so doen.