Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Op die spel vandag is die volgende:
1x Ammo tray
1x G&G keps
1x Terminator .30cal 14x1mm suppressor wat al effens gebruik en misbruik is. Dink ek het al iets doodgeslaan met hom.
1x Howa kort aksie bottom metal en 2x magasyne. Dis die Legacy kits.
10 skoot .243/.308 magasyn en 'n 5 skoot .22-250 magasyn.
Hier is die reels:
Sit iets op wat jy nie meer gebruik nie ter waarde van watookal (nou nie Loftus seisoenkaartjies nie asb. Ons soek proper pryse), en die pakkie is joune.
Iemand anders sit weer iets op om jou pakkie te kry, en so gaan ons aan.
Geno, ek stel belang in die ammo tray en die suppressor asb. Jammer ek weet die keps is jou trots maar ek het miljuisende van die goed maar dra dit nou nie juis dat 'n mens sal agterkom nie. Sou jy my die gee kan die ander beskikbaar wees vir iemand wat dit kan gebruik.
Ek is nie by die huis vir fotos nie maar daar lê 'n FN/R1 magasyn en ek dink twee of dalk drie .22 magasyne wat ek nie weet wat dit is nie. Ek kan vanaand fotos posit - kom net nooit uit om dit te plaas nie. Verbeel my daar is nog iets maar kan nie nou onthou wat nie.
Jy besluit of dit voldoende is - ek sal dit in elk geval plaas.
Last edited by bishop3006 on Tue Dec 06, 2016 12:34 pm, edited 1 time in total.
Gideon@1 wrote:"1x G&G pet met n bottom metal en 2 mags dan vir die volgende ou wat iets wil skenk"
Ek sal dit graag wil neem indien dit sal werk vir 'n Howa 204.
My pakkie:
1 x Pacific Die set vir .270 Win
150 tot 200 PMP 300 Win Mag doppe wat anneal is (Gem so 4 keer geskiet)
Sal die genoeg wees?
Die bottom metal sal pas, maar jy sal .204/.223 magasyne moet kry. So R500 elk as ek moet skat.
Ek sal daai keps en bottom metal met mags vat, ek sal 'n groot ram silloutte in gooi.
En dan ook 1x150mm en 1x200mm gong wat so chip of 2 weg het wat ek nie kan verkoop nie as 'n 2de aanbieding.
Ek het n Howa hogue kort aksie kolf, die kolf was aan my gestuur mahala in n oomblik van nood deur JungleJulian wat ek net deur die forum ken. Ek soek niks nie, ek stuur hom aan vir die volgende ou wat hom nodig het, op my onkoste...
BeesBreet wrote:Ek het n Howa hogue kort aksie kolf, die kolf was aan my gestuur mahala in n oomblik van nood deur JungleJulian wat ek net deur die forum ken. Ek soek niks nie, ek stuur hom aan vir die volgende ou wat hom nodig het, op my onkoste...
Hy sal werk op die dikloop...
Bees
El sal die kolf neem. Sal so lank kyk wat ek het om aan te pass.

Hiers nog 'n pakkie.
Smart reloader hand primer.
Lee Auto disk powder measurer
.243 Bullet seating dies//uploads.tapatalk-cdn.com/20161206/abb89c16ba60ae53056022158bd9e2f9.jpg
//uploads.tapatalk-cdn.com/20161206/214d7054feb50019acf669623e531216.jpg
Bees
El sal die kolf neem. Sal so lank kyk wat ek het om aan te pass.[/quote]
Reg so, tref reelings by nul72 vyf26 drie833[/quote]
Ek sal jou n SMS stuur.
27 x 95 gr HPBT Sierra en 25 x 100 gr Nosler partition
Sal aflewer in die kaap of jy betaal posgeld.
08vier 59twee 7474
@BeesBreet
As ons die kolf weer tot by my kan kry sal ek hom die 25e Desember op Williston kan aflaai.Anders kan jul hom direk Courier/Pos as dit makliker gaan wees.
Ek is die naweek op Reitz/Tweeling.as jy miskien n lift soontoe het.
junglejulian wrote:@BeesBreet
As ons die kolf weer tot by my kan kry sal ek hom die 25e Desember op Williston kan aflaai.Anders kan jul hom direk Courier/Pos as dit makliker gaan wees.
Ek is die naweek op Reitz/Tweeling.as jy miskien n lift soontoe het.
JacquesT (Stompe) wrote:
Ek sal daai keps en bottom metal met mags vat, ek sal 'n groot ram silloutte in gooi.
En dan ook 1x150mm en 1x200mm gong wat so chip of 2 weg het wat ek nie kan verkoop nie as 'n 2de aanbieding.
Ek sal die Ram vat as hy nog beskikbaar is. Sal nou nou iets opsit, gaan net gou bietjie in my kas krap.