Page 1 of 1

Landbouweekblad Besturende Redakteur noem mense "White Trash

Posted: Tue Nov 08, 2016 8:22 am
by Riaan Kriel
Dink nie dit is gepas van 'n eg afrikaanse "boere" tydskrif se besturende redakteur om na witmense wat nie 100% met hom saamstem as "white trash" te verwys nie.

Ek hoor regtig dat LWB teen hom sal optree. :-[
http://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/ ... ash-twiet/

Re: Landbouweekblad Besturende Redakteur noem mense "White T

Posted: Tue Nov 08, 2016 8:34 am
by Eugene
Alhoewel ek glad nie met die man en sy uitsprake saamstem nie, glo ek dat ons nie emosioneel opgesweep moet raak nie. Die Alwyn perd het nie na alle witmense en/of die wat teen die petrolbom op Paul Kruger se standbeeld was, verwys as "white trash" nie, maar in verwysing na Steve Hofmeyer se "600 volgelinge op twitter", hulle "white trash" genoem in 'n argument met Steve. Ek sien op facebook daar is nou sommer 'n groep wat die LBW wil boikot en afbrand en ek weet nie wat alles nie...... As ons onself wil wend tot hierdie tipe gedrag, dan moet ons ook maar ons kritiek op die #feesmustfall optogte terughou, want dan is ons nie veel beter nie.

Niks persoonliks teen jou gemik nie Riaan, maar net my gevoel oor mense wat so vinnig emosioneel opgesweep raak....

Re: Landbouweekblad Besturende Redakteur noem mense "White T

Posted: Tue Nov 08, 2016 8:44 am
by Riaan Kriel
Ek stem 100% saam met jou Eugene, soos ek in die 1ste post gesê het, ek dink nie dit is gepas van 'n ou wat in sy posisie sit om sulke uitsprake op sosiale media te doen nie, veral nie as baie van sy tydskrif se lesers juis Steve Hofmeyer aanhangers is nie.

Re: Landbouweekblad Besturende Redakteur noem mense "White T

Posted: Tue Nov 08, 2016 8:52 am
by Carl
Onthou net een ding daar is so iets soos White Trash, moenie jouself paai en dink dis net die ander volkies wat gemors is nie! Selfde geld vir Engeland en VS - daar is hulle ook :) en hulle praat nie Afrikaans nie! Sien daar is 'n knaap van Brits omgewing wat sy stiefdogtertjie dood geslaan/skop het!? Dis nie nou dat alle Koekemoers white trash is nie, my stiefpa is 'n edele man waarvoor ek tonne respek en agting het.

Ek verneem dat die man van LBW ongelooflik baie doen vir boere, landbou en die strukture rondom die bewaring van hulle regte - so wat nou een slegte woord op Twitter van alle plekke en nou is hy die duiwel self? Steve staan dalk so half en half vir iets, maar jammer die man laat my koud, sy lewe tot nou inspireer my glad nie.

Ek dink helfte van die wat glo wil boikot is of self bewus of is nie eens 'n boer nie! :) :)

Re: Landbouweekblad Besturende Redakteur noem mense "White T

Posted: Tue Nov 08, 2016 9:12 am
by tripodmvr
Of tree op soos wat hulle genoem is.

Re: Landbouweekblad Besturende Redakteur noem mense "White T

Posted: Tue Nov 08, 2016 5:16 pm
by Balljoint
Carl, soos ek dit sien is mens vir of teen Steve maar ek wil graag weet, wie staan meer op vir ons regte en doen meer vir die Afrikaner as hy? Ek self is nie 'n groot aanhanger nie maar staan bankvas agter hom wat baklei vir ons regte aanbetref. Ten minste doen hy iets, wat doen die ander wat so kla? :-)

Re: Landbouweekblad Besturende Redakteur noem mense "White T

Posted: Tue Nov 08, 2016 6:41 pm
by Gawie(13mm)
Balljoint wrote:Carl, soos ek dit sien is mens vir of teen Steve maar ek wil graag weet, wie staan meer op vir ons regte en doen meer vir die Afrikaner as hy? Ek self is nie 'n groot aanhanger nie maar staan bankvas agter hom wat baklei vir ons regte aanbetref. Ten minste doen hy iets, wat doen die ander wat so kla? :-)
Ek was 'n aanhanger van Steve se musiek, maar ek kan my nie vereenselwig met iemand wat se morele waardes onder die mat gevee word omrede hy onverkies die vaandel namens die Afrikaner swaai nie.
Die Oom en Tante van in die sewentig wat elke week kos en toiletware in die "township" gaan uitdeel en saam met die Vigs-wesies speel, doen meer vir die Afrikaner as Steve. Dit is nie sarkasme nie, maar die heilige waarheid. Om ander bevolkings groepe lynreg teenoor jouself op te stel doen meer kwaad as goed.

Re: Landbouweekblad Besturende Redakteur noem mense "White T

Posted: Tue Nov 08, 2016 7:50 pm
by wlm
Gawie(13mm) wrote:

Gawie
Ek en jy sal die gewoonte om met mekaar saam te stem moet los! :D Jy is SOOOOOO reg.

Re: Landbouweekblad Besturende Redakteur noem mense "White T

Posted: Tue Nov 08, 2016 8:39 pm
by PWV
Na my beskeie oordeel het Van Wyk sy hand effe oorspeel! Sy uitlating was kru en onsensiteif.

Re: Landbouweekblad Besturende Redakteur noem mense "White T

Posted: Tue Nov 08, 2016 9:27 pm
by tripodmvr
Geseg in die hitte van die oomblik. Hy was so die b en d se v in dat hy onmiddellik reageer het.

Koel kop sorg vir 'n beredeneerde antwoord en jy skiet jouself nie in die voet nie.

Re: Landbouweekblad Besturende Redakteur noem mense "White T

Posted: Tue Nov 08, 2016 9:47 pm
by kwagga
Hiermee epos ontvang vanaf Chris Burgess na aanleiding van my epos versoek aan hom gerig:

Beste Louis

Hoop dit gaan goed, en dankie vir jou e-pos.

Dit is jammer dat Landbouweekblad by so ‘n onaangename sosiale media-onderonsie betrek word. Landbouweekblad bemoei homself al die afgelope 96 jaar uitsluitlik met landbousake, ongeag politiek, en die sukses en vooruitgang van ons land se boere is ons prioriteit. Landbouweekblad is immers hulle tydskrif.

Landbouweekblad ondersoek tans die uitlating wat mnr. Albertus van Wyk, besturende redakteur, in sy persoonlike hoedanigheid op Twitter gemaak het, in terme van ons sosialemedia-beleid.

Die konteks van die uitspraak was ‘n Twitter-gesprek wat Steve Hofmeyr en Albertus van Wyk Woensdagaand laasweek gevoer het na aanleiding van die beskadiging van Paul Kruger se standbeeld op Kerkplein. Albertus se stelling dat sy Twitter-volgelinge ten minste nie almal “white trash” is nie het gevolg op ’n standpunt wat mnr. Hofmeyr op Twitter gehuldig het dat hy “alle wedersydse respek vir ander kulture opskort” en dat hy van nou af net “minagting” het vir ander kulture.

Daarna het die storie ‘n lewe van sy eie aangeneem, en die oorspronklike woordewisseling is mettertyd aan die tydskrif toegedig, met die bewering dat dit Landbouweekblad se siening is dat wit boere “white trash” is. Dit is natuurlik absoluut onwaar.

Albertus het reeds ’n verskoning op Facebook geplaas waarin hy dit duidelik stel dat hy nie na Afrikaners of boere as ’n groep verwys het nie.

Let asb. daarop dat Albertus nie die redakteur van Landbouweekblad is nie, maar besturende redakteur. Landbouweekblad vra om verskoning vir enige verwarring wat sy titel op ons inhoudblad en sy eie Twitter-blad meegebring het.

Ek hoop dit help om die onaangenaamheid aan te spreek.

Vriendelike groete

Chris Burgess
Redakteur, Landbouweekblad

Landbou.com
Chris Burgess
Hoofredakteur: Landbou-titels
40 Heerengracht, Kaapstad 8001
Tel: +27 21 406 2721
Faks: +27 21 406 2940/ 0860 535 4549
Sel: +27 79 496 5138

-----Original Message-----
From: Louis Schoeman [mailto:schoeman@hotmail.co.za]
Sent: 07 November 2016 05:32 PM
To: Chris Burgess
Cc: Landbouweekblad
Subject: Mnr. Albertus van Wyk

Goeie dag Chris,

Ek vertrou dit gaan nog goed met jou. Die huidige herrie op sosiale media waarby mnr. Albertus van Wyk na 'n sekere groep mense as "white trash" verwys het, het betrekking.

As besorgde intekenaar van die Landbouweekblad, sal ek dit graag onder jou hoofbestuur se aandag wil bring dat daar 'n geweldige groot groep mense (die sogenaamde "white trash") wat u tydskrif ondersteun en dus verneem ek graag wat die standpunt van Landbouweekblad is m.b.t. mnr. Van Wyk se optrede.

Ek sal graag 'n ingeligte besluit wil neem of ek die pad vorentoe met Landbouweekblad kan loop aldan nie.

Groete / Regards,
Louis Schoeman
This email and its contents are subject to an email legal notice that can be viewed at: http://www.naspers.com/disclaimer Should you be unable to access the link provided, please email us for a copy at csc@optinet.net

Hierdie e-pos en sy inhoud is onderhewig aan 'n regskennisgewing oor elektroniese pos wat gelees kan word by http://www.naspers.com/disclaimer 'n Afskrif kan aangevra word by csc@optinet.net

Re: Landbouweekblad Besturende Redakteur noem mense "White T

Posted: Tue Nov 08, 2016 10:01 pm
by Carl
Balljoint wrote:Carl, soos ek dit sien is mens vir of teen Steve maar ek wil graag weet, wie staan meer op vir ons regte en doen meer vir die Afrikaner as hy? Ek self is nie 'n groot aanhanger nie maar staan bankvas agter hom wat baklei vir ons regte aanbetref. Ten minste doen hy iets, wat doen die ander wat so kla? :-)
Gaan lees die stuk wat Flip Buys geskryf het oor Malema dis net so van toepassing op Steve. Moenie 'n dwaas sterk in sy kwaad nie.
Die ander vat hande met mede landsburgers en bou die land op, hulle vat die kriminele hof toe of maak die pad reg. Ons gaan nerens kom op eie houtjie in die land nie.

Re: Landbouweekblad Besturende Redakteur noem mense "White T

Posted: Wed Nov 09, 2016 6:54 am
by Balljoint
Ek wonder wie is die dwase? Die wat agteroor sit en kyk hoe die land brand of die wat ten minste IETS doen om dit te keer of oorsee bekend te maak?

Re: Landbouweekblad Besturende Redakteur noem mense "White T

Posted: Wed Nov 09, 2016 7:38 am
by Gawie(13mm)
Balljoint wrote:Ek wonder wie is die dwase? Die wat agteroor sit en kyk hoe die land brand of die wat ten minste IETS doen om dit te keer of oorsee bekend te maak?
Dagsê Kneukel.
Ek groet jou vanoggend so omdat ek passievol oor my taal en my erfenis is. Dit is vir my belangrik om deur my dade en skrywes, dit waarvoor ek staan, uit te leef en nie die knie te buig voor die versoeking om die kort paaie te kies nie.

Om iemand 'n naam te noem, om hom te verkleineer of te beledig is en was nog altyd 'n sonde of dan ten minste verkeerd in die oë van die mensdom. Dit is onverskoonbaar.

Ek is self skuldig daaraan en moet bieg dat dit meer gereeld gebeur as wat ek graag wou toegee. :-[

My aanspreekvorm van jou avatar is egter nie so 'n geval nie, maar eerder 'n poging om my taal suiwer te hou.

Noudat ek dit van my skouers af het kan ek tot my eintlike punt kom: "Moet nie betrokke raak by 'n persoonlike geveg tussen twee partye wat mekaar met groot stokke slaan nie. Jy gaan nie weet wanneer om te koes nie en word dalk deur jou eie kandidaat raakgeslaan!"

Hy gaan jou nie stroos nie, en jy gaan met die wonde sit.

Hiermee wil ek nie jou passie demp nie, maar eerder vriendelik versoek om nie jou eie waardes op te gee en iemand blindelings te volg net omdat hy die regte geluide maak nie.

Ek respekteer jou liefde vir jou Afrikanerskap.
Ek respekteer die feit dat jy opstaan vir 'n saak, maar kies jou vaandeldraer uiters versigtig.

Vriendelike Boland groete,

Gawie.

Re: Landbouweekblad Besturende Redakteur noem mense "White T

Posted: Wed Nov 09, 2016 7:51 am
by Eugene
Balljoint wrote:Ek wonder wie is die dwase? Die wat agteroor sit en kyk hoe die land brand of die wat ten minste IETS doen om dit te keer of oorsee bekend te maak?
Ons dwaal nou af van die punt af.... Ek het geen probleem met wat Steve probeer doen nie, maar wel met die manier wat hy dit doen. Ons gaan nie die Malema's van die wereld wen deur soos hulle op te tree nie, want dan is ons niks beter nie....

Re: Landbouweekblad Besturende Redakteur noem mense "White T

Posted: Wed Nov 09, 2016 7:54 am
by Carl
Balljoint wrote:Ek wonder wie is die dwase?
Het jy Flip Buys se skrywe gelees? Dit is redelik voor die handliggend.

Ek gee altyd die volgende advies vir my tiener dogter as haar broer haar siel uitttrek. Hy sal sê "sy is vet". (Nou eintlik is sy amper te maer). As sy ongelukkig is vra ek haar "is dit waar?" Antwoord "NEE" nou hoekom is jy dan ongelukkig?

So: is jy White Trash? Is die volle Afrikaner gemeenskap White Trash?
Balljoint wrote:Die wat agteroor sit en kyk hoe die land brand of die wat ten minste IETS doen om dit te keer of oorsee bekend te maak?
Net om die te staaf. Ek en my vrou is betrokke - Kerkraad en Beheerliggaam en ek het pelle by bv SAJWBV se tak. Ons almal kry die individu wat groot bek en bohaai van die kant af blaf. Maar vra daai ou om nou te staan vir die raad/BL/bestuur dan is dit nee dit en dan dat. Dis mos 'n "mafia" ens. Nooit sal hulle in die georganiseerde en gestruktueerde instellings hulle stuiwer plaas nie.

Steve ketting hom aan goed vas ens en dit werk vir van sy aanhangers. Afriforum en mense soos Flip Buys werk en gaan oorsee en bou brue, as jy reken hulle sit agteroor moet jy maar jou CV kom plaas.

Re: Landbouweekblad Besturende Redakteur noem mense "White T

Posted: Wed Nov 09, 2016 8:34 am
by Balljoint
Ag tog. Daar is niemand so blind soos die wat nie wil sien nie.

Re: Landbouweekblad Besturende Redakteur noem mense "White T

Posted: Wed Nov 09, 2016 9:04 am
by Carl
;D ++>: Sê jy!

Dis wat Flip gesê het:
Wat sê julle oor Malema se dreigemente van doodslag, oorvat en afvat as hy aan bewind kom?

Vriende, ons ontvangs tans baie vrae met hierdie strekking. Ek gaan dit beantwoord deur na die Spartane se antwoord op Koning Philippus II van Macedonië se dreigemente te verwys. Philippus het gedreig om Sparta met sy gevreesde leër te verwoes en almal dood te maak as hy Sparta binneval.

Die Spartane het met een woord geantwoord: “As.” Hierdie kenmerkende Spartaanse antwoord dui op die oorsprong van die woord “lakonies” wat kort, kragtig en gevat beteken. Lakonië was die streek se naam waar Sparta geleë was. Die Spartane het grootpraat en lank praat geminag. Hulle het hul antwoorde kort gehou en eerder hul dade laat tel.

Hiermee wil ek sê dat mense nie op hol gejaag moet word deur Malema se mal uitsprake nie. Sy party het lelik pak gekry in die onlangse verkiesing; sy optog van verlede week het misluk; en raas en blaas bly sy enigste “wapen” om steun te probeer aas. Moet julle nie steur aan Minibob en sy Boblite-uitsprake nie. Hy kan nie die land demokraties oorneem nie, en nog minder met geweld. En as dit by die punt kom waar hy sy dreigemente probeer uitvoer, sal hy agterkom dat daar ’n groot verskil tussen praat en doen is.

Kom ons leer by die Spartane: Sê net “as.” Moenie ’n dwaas na sy sotheid antwoord nie. Moenie skrik nie. Moenie terugswets nie. Verskerp jul weerbaarheid en woon en werk rustig voort.

Re: Landbouweekblad Besturende Redakteur noem mense "White T

Posted: Wed Nov 09, 2016 4:58 pm
by Viking
Balljoint wrote:Ag tog. Daar is niemand so blind soos die wat nie wil sien nie.
Terwyl ons dan nou so lustig omgaan met die afrikaanse taal en idiome..."As die skoen jou pas trek hom aan!"

Daai redakteur se opmerking raak my nie!!

EK LEES LANDBOUWEEKBLAD! ;) maar sal nie 'n Huisgenoot optel nie....

Re: Landbouweekblad Besturende Redakteur noem mense "White T

Posted: Wed Nov 09, 2016 6:23 pm
by Gawie(13mm)
Ek sal ook nie die Huisgenoot lees nie, maar van die prentjies is nogal sag op die oog. >:+
Viking, jy spreek ware woorde. Die skoen druk egter as hy aan die ander voet is.

Re: Landbouweekblad Besturende Redakteur noem mense "White T

Posted: Mon Nov 14, 2016 10:40 am
by Bushwack
Carl wrote:...Ek gaan dit beantwoord deur na die Spartane se antwoord op Koning Philippus II van Macedonië se dreigemente te verwys. Philippus het gedreig om Sparta met sy gevreesde leër te verwoes en almal dood te maak as hy Sparta binneval.

Die Spartane het met een woord geantwoord: “As.” Hierdie kenmerkende Spartaanse antwoord dui op die oorsprong van die woord “lakonies” wat kort, kragtig en gevat beteken. Lakonië was die streek se naam waar Sparta geleë was. Die Spartane het grootpraat en lank praat geminag. [/i]
ahhh, die movie 300? ++>:

Re: Landbouweekblad Besturende Redakteur noem mense "White T

Posted: Mon Nov 14, 2016 12:45 pm
by WSM
Redakteursbrief 18 November 2016 rakende die aangeleentheid

Re: Landbouweekblad Besturende Redakteur noem mense "White T

Posted: Mon Nov 14, 2016 1:29 pm
by PWV
Chris Burgess het my nou amper in trane gehad! :confused:

Re: Landbouweekblad Besturende Redakteur noem mense "White T

Posted: Tue Nov 15, 2016 6:26 am
by Morkel
Ja sosiale media is veel sterker as wat ons dink. Daar is die wat se dit was Trump se troefkaart. Om mense se persepsies te verander is rerig mostert na die maal. Die koel is deur die kerk. Ek het nou onlangs gelees dat die Guptas n spin dr van engeland gebruik om persepsies te verander en hul wapen is die sosiale media. Sy fingers tas wyt en raak aan 45miol mense. Dis n ongelooflike wapen. Om dit in n ander vorm te beskryf. Ons almal ken UBER - ek praat nou uit n ander mond en die vertel in 8 jaar is die sosiale platvorm se mark kapitalisasie groter as GM wat al vir 100 jaar gevestig is

Sent from my iPhone using Tapatalk