Ek hoor regtig dat LWB teen hom sal optree.
http://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/ ... ash-twiet/







Ek was 'n aanhanger van Steve se musiek, maar ek kan my nie vereenselwig met iemand wat se morele waardes onder die mat gevee word omrede hy onverkies die vaandel namens die Afrikaner swaai nie.Balljoint wrote:Carl, soos ek dit sien is mens vir of teen Steve maar ek wil graag weet, wie staan meer op vir ons regte en doen meer vir die Afrikaner as hy? Ek self is nie 'n groot aanhanger nie maar staan bankvas agter hom wat baklei vir ons regte aanbetref. Ten minste doen hy iets, wat doen die ander wat so kla? :-)

GawieGawie(13mm) wrote:Ek was 'n aanhanger van Steve se musiek, maar ek kan my nie vereenselwig met iemand wat se morele waardes onder die mat gevee word omrede hy onverkies die vaandel namens die Afrikaner swaai nie.Balljoint wrote:Carl, soos ek dit sien is mens vir of teen Steve maar ek wil graag weet, wie staan meer op vir ons regte en doen meer vir die Afrikaner as hy? Ek self is nie 'n groot aanhanger nie maar staan bankvas agter hom wat baklei vir ons regte aanbetref. Ten minste doen hy iets, wat doen die ander wat so kla? :-)
Die Oom en Tante van in die sewentig wat elke week kos en toiletware in die "township" gaan uitdeel en saam met die Vigs-wesies speel, doen meer vir die Afrikaner as Steve. Dit is nie sarkasme nie, maar die heilige waarheid. Om ander bevolkings groepe lynreg teenoor jouself op te stel doen meer kwaad as goed.




Gaan lees die stuk wat Flip Buys geskryf het oor Malema dis net so van toepassing op Steve. Moenie 'n dwaas sterk in sy kwaad nie.Balljoint wrote:Carl, soos ek dit sien is mens vir of teen Steve maar ek wil graag weet, wie staan meer op vir ons regte en doen meer vir die Afrikaner as hy? Ek self is nie 'n groot aanhanger nie maar staan bankvas agter hom wat baklei vir ons regte aanbetref. Ten minste doen hy iets, wat doen die ander wat so kla? :-)


Dagsê Kneukel.Balljoint wrote:Ek wonder wie is die dwase? Die wat agteroor sit en kyk hoe die land brand of die wat ten minste IETS doen om dit te keer of oorsee bekend te maak?

Ons dwaal nou af van die punt af.... Ek het geen probleem met wat Steve probeer doen nie, maar wel met die manier wat hy dit doen. Ons gaan nie die Malema's van die wereld wen deur soos hulle op te tree nie, want dan is ons niks beter nie....Balljoint wrote:Ek wonder wie is die dwase? Die wat agteroor sit en kyk hoe die land brand of die wat ten minste IETS doen om dit te keer of oorsee bekend te maak?

Het jy Flip Buys se skrywe gelees? Dit is redelik voor die handliggend.Balljoint wrote:Ek wonder wie is die dwase?
Net om die te staaf. Ek en my vrou is betrokke - Kerkraad en Beheerliggaam en ek het pelle by bv SAJWBV se tak. Ons almal kry die individu wat groot bek en bohaai van die kant af blaf. Maar vra daai ou om nou te staan vir die raad/BL/bestuur dan is dit nee dit en dan dat. Dis mos 'n "mafia" ens. Nooit sal hulle in die georganiseerde en gestruktueerde instellings hulle stuiwer plaas nie.Balljoint wrote:Die wat agteroor sit en kyk hoe die land brand of die wat ten minste IETS doen om dit te keer of oorsee bekend te maak?



Terwyl ons dan nou so lustig omgaan met die afrikaanse taal en idiome..."As die skoen jou pas trek hom aan!"Balljoint wrote:Ag tog. Daar is niemand so blind soos die wat nie wil sien nie.


ahhh, die movie 300?Carl wrote:...Ek gaan dit beantwoord deur na die Spartane se antwoord op Koning Philippus II van Macedonië se dreigemente te verwys. Philippus het gedreig om Sparta met sy gevreesde leër te verwoes en almal dood te maak as hy Sparta binneval.
Die Spartane het met een woord geantwoord: “As.” Hierdie kenmerkende Spartaanse antwoord dui op die oorsprong van die woord “lakonies” wat kort, kragtig en gevat beteken. Lakonië was die streek se naam waar Sparta geleë was. Die Spartane het grootpraat en lank praat geminag. [/i]


