Page 1 of 2
6mm Dasher bende
Posted: Tue Sep 13, 2016 12:21 am
by Heinz Petersen
http://i1028.photobucket.com/albums/y344/HEINZPETERSEN/20160911_142147_zpscelkwnvl.jpg
Hier is my Baby.
28" Walter loop
1-8 twist
Kamer is met n 264 reamer gesny deur Geofry Barrabal.
Gebruik Lapua 6mm Br doppe. ( nog besig met lading toetse)
Re: 6mm Dasher bende
Posted: Tue Sep 13, 2016 7:58 am
by Nico Harris
Eks ook in!
Ek het n standaard howa 243 wat gesny is na Dasher, loop 23,125".
Zeiss Hd 5, 5-25x50
15moa Douw rail
A-tec silincer
Sneller getune na 0.5lb
Aksie geblueprint.
Aksie en loop getrue
Grs beserk kolf
Skiet 87gr V-max teen 3115ft/s
Sit foto op sodra kolf land.
Groete
Nico
Re: 6mm Dasher bende
Posted: Tue Sep 13, 2016 8:17 am
by joe rocket
Myne word gebou.
Howa aksie
Walther 28 duim stainless loop 1:8 twist
Gunwarrior chassis
March 2.5x25x50 scopie ( moet nog baie spaar donasies baie welkom)
Jard sneller 12 onse.
Re: 6mm Dasher bende
Posted: Sun Sep 18, 2016 7:25 pm
by Heinz Petersen
Ek kom nie by my spoed van 3060 tot 3080 f/sek uit met S355 nie. Lot 15/11. Ek laai nou 34.8gr agter n 105 Lapua punt en dan het ek n 107% dopvulling. Die spoed wat ek dan kry is gem 3012f/sek
Het enige van julle Dasher manne vir my raad.
Re: 6mm Dasher bende
Posted: Sun Sep 18, 2016 7:31 pm
by Arnold
Gooi nog dryfmiddel in die dop as daar plek is?
Re: 6mm Dasher bende
Posted: Sun Sep 18, 2016 7:37 pm
by Heinz Petersen
Arnold wrote:Gooi nog dryfmiddel in die dop as daar plek is?
Ek hoor al hoe kraak die kruit as ek die punt seat.
Re: 6mm Dasher bende
Posted: Sun Sep 18, 2016 7:37 pm
by Geno
Heinz.
Watse slagdoppe gebruik jy?
Re: 6mm Dasher bende
Posted: Sun Sep 18, 2016 7:47 pm
by Heinz Petersen
S&B 4,4 SR boxer primers
Re: 6mm Dasher bende
Posted: Sun Sep 18, 2016 7:50 pm
by Geno
Gooi weg en kry CCI450
Dis die ENIGSTE primer wat ek in 'n Dasher sal gebruik.
Ek is seker jou spoed sal dan wees waar hy hoort ook.
Re: 6mm Dasher bende
Posted: Sun Sep 18, 2016 8:14 pm
by Heinz Petersen
Geno wrote:Gooi weg en kry CCI450
Dis die ENIGSTE primer wat ek in 'n Dasher sal gebruik.
Ek is seker jou spoed sal dan wees waar hy hoort ook.
As ek net in die hande kan kry. Sal more uitvind wie het.
Dankie
Re: 6mm Dasher bende
Posted: Sun Sep 18, 2016 11:22 pm
by Jurgen Visser
Heinz Petersen wrote:Ek kom nie by my spoed van 3060 tot 3080 f/sek uit met S355 nie. Lot 15/11. Ek laai nou 34.8gr agter n 105 Lapua punt en dan het ek n 107% dopvulling. Die spoed wat ek dan kry is gem 3012f/sek
Het enige van julle Dasher manne vir my raad.
Lot 15/11 s355 is pap , hoor liewer of iemand nie vir jou 'n blik of twee van die ouer lot 355 het nie
Re: 6mm Dasher bende
Posted: Wed Sep 21, 2016 5:21 pm
by Jurgen Visser
Heinz kyk hier
Het enige van julle manne daar in die Kaap nie kontakte of vriende by Somchem wat sal weet wanneer hulle nuwe lotte kruit uitbring nie? Die rede dat ek vra is dat ons Bisley/FTR manne lelik sukkel met Lot 11 S355. Die nuwe lot se brandspoed is te stadig.
Of is daar nie n manier om n kruit in te voer vanaf die buiteland nie?
Groete
Joe
Re: 6mm Dasher bende
Posted: Wed Sep 21, 2016 5:24 pm
by Jurgen Visser
Jurgen Visser wrote:Heinz kyk hier

Oom Matt ook so
Dag Manne
Soos van julle seker kon sien is ek ook dringend op soek na S355 , gee amper nie om wat die prys is nie Lot #9 / #10
Het iemand to Somchem gebel om te hoor wanner kan ons nuwe S355 verwag , of anders dan nou hoe gemaak
Laat weet maar , groete
Re: 6mm Dasher bende
Posted: Wed Sep 21, 2016 6:05 pm
by Heinz Petersen
Jurgen Visser wrote:Heinz kyk hier
Het enige van julle manne daar in die Kaap nie kontakte of vriende by Somchem wat sal weet wanneer hulle nuwe lotte kruit uitbring nie? Die rede dat ek vra is dat ons Bisley/FTR manne lelik sukkel met Lot 11 S355. Die nuwe lot se brandspoed is te stadig.
Of is daar nie n manier om n kruit in te voer vanaf die buiteland nie?
Groete
Joe
Jurgen, dit is n Dasher draad. As jy iets anders wil skryf oor kruit, doen dit op n ander draad. Ek wil die draad skoon hou vir inligting vir ander manne met 6mm Dashers en tot ons almal se voordeel.
Groete se gat
Re: 6mm Dasher bende
Posted: Wed Sep 21, 2016 6:11 pm
by Jurgen Visser
Heinz Petersen wrote:Jurgen Visser wrote:Heinz kyk hier
Het enige van julle manne daar in die Kaap nie kontakte of vriende by Somchem wat sal weet wanneer hulle nuwe lotte kruit uitbring nie? Die rede dat ek vra is dat ons Bisley/FTR manne lelik sukkel met Lot 11 S355. Die nuwe lot se brandspoed is te stadig.
Of is daar nie n manier om n kruit in te voer vanaf die buiteland nie?
Groete
Joe
Jurgen, dit is n Dasher draad. As jy iets anders wil skryf oor kruit, doen dit op n ander draad. Ek wil die draad skoon hou vir inligting vir ander manne met 6mm Dashers en tot ons almal se voordeel.
Groete se gat
Hier is nie vinger tekens nie !!!!

Re: 6mm Dasher bende
Posted: Wed Sep 21, 2016 6:15 pm
by joe rocket
Jurgen hierdie is n dasher draad as jy round bar skiet mag jy nie hier praat nie.

Hier is "Groete se gat" se groepeering wat hy vandag geskiet het. Heinz jy moet kom vertel. Moet nie beskeie oor die wind wees nie.
Re: 6mm Dasher bende
Posted: Wed Sep 21, 2016 6:31 pm
by Heinz Petersen
Dankie Jason vir die foto.
Ek het gemaak soos Geno voorgestel het met die CCI 450 primers. Ek het 64f/sek meer gekry as met die S&B primers.
Ek reken die wind het my by die tafel meer geruk as wat dit die 105gr's van teiken gewaai het. Dit was net op 100m
Re: 6mm Dasher bende
Posted: Wed Sep 21, 2016 7:44 pm
by Jurgen Visser
Re: 6mm Dasher bende
Posted: Wed Sep 21, 2016 8:05 pm
by Nico Harris
My Dasher se kolf vandag gekom. Hier staan hy saam sy twee boeties- voor -204, middel -dasher, agter - 300wsm.
http://i398.photobucket.com/albums/pp68/nwharris/image.jpg1_16.jpg
Die roertjie werk mooi in die kolf en het nie eers zero geskuif nie. Hierdie is die eerste drie skote met die nuwe kolf-
http://i398.photobucket.com/albums/pp68/nwharris/image.jpg2_9.jpg
Hierdie is my lading(dis n rustigge lading maar moet dit nie net copy nie)-
http://i398.photobucket.com/albums/pp68/nwharris/image.jpg3_9.jpg
Groete se gat

Re: 6mm Dasher bende
Posted: Wed Sep 21, 2016 8:08 pm
by Toyrsi
Baie mooi.
Re: 6mm Dasher bende
Posted: Wed Sep 21, 2016 8:13 pm
by Nico Harris
Dankie!
Hierdie is die spoed en ES met daai lading-
http://i398.photobucket.com/albums/pp68/nwharris/image.jpg1_17.jpg
Re: 6mm Dasher bende
Posted: Wed Sep 21, 2016 10:12 pm
by joe rocket
Nico dis n paar mooi roere wat jy daar het, hulle lyk nie net mooi nie, maar hulle skiet ook n koek hou! Daai ES is op die nommers. Ek kan nie wag dat my roer klaar is nie.
Re: 6mm Dasher bende
Posted: Thu Sep 22, 2016 6:01 am
by Nico Harris
Dankie Jason!
Re: 6mm Dasher bende
Posted: Thu Sep 22, 2016 7:44 am
by ruaanb
Daai is sommer bitter netjies!
Re: 6mm Dasher bende
Posted: Thu Sep 22, 2016 11:06 am
by swc-tr
joe rocket wrote:Jurgen hierdie is n dasher draad as jy round bar skiet mag jy nie hier praat nie.

Hier is "Groete se gat" se groepeering wat hy vandag geskiet het. Heinz jy moet kom vertel. Moet nie beskeie oor die wind wees nie.
Manne lyk my julle daar onder in die Kolonie kan nie lekker meet nie.
Die beskrywing lees 8mm groep, in die foto is die wydste koeelgate tenminste 3 tot 4 koeeldiameters uitmekaar, moet dit nie dalk 18mm wees nie? Laat my dink aan die Kalahari manne in die sandduine se kort treƫ.