'n Halfuur later, en bloot per toeval, lui die voordeurklokkie. Dit is toe egter 'n deur-tot-deur-baba fotograaf, met die hoop om 'n fotografie sessie aan die huisbewoners te verkoop.
"Goeie môre, Mevrou," het hy gesê, "Ek het gekom om ...''
"O nee, jy het nie nodig om te verduidelik nie," het mev. Smit, diep verleë, gemompel, "Ek het jou verwag. "
"Het jy regtig?" sê die fotograaf. "Wel, dit is goed. Het jy geweet babas is my spesialiteit?"
"Wel, dit is wat ek en my man voor gehoop het. Kom asseblief binne en sit gerus."
Na 'n rukkie het sy, blosend, gevra ... "Wel, waar begin ons?"
"Laat alles aan my oor. Ek probeer gewoonlik om twee sessies in die bad, een op die bank, en miskien 'n paar op die bed in te kry. Soms is die woonkamer vloer ook pret.. Jy kan regtig uitsprei en speelgoedjies bysit."
"Bad, woonkamer vloer? Geen wonder dit het nie vir ons gewerk nie!" Dink mev. Smit.
"Wel, Mevrou, ongelukkig kan ek nie waarborg dat elke skoot 'n goeie een is nie en daarom probeer ons maar 'n paar verskillende posisies en uit ses of sewe hoeke, dan is ek seker jy sal met van die resultate tevrede kan wees."
"My goeiste, maar dis baie!" snak mev. Smit na haar hygende asem.
"Mevrou, in my werk moet 'n man sy tyd te neem. Ek glo nie daaraan om in en uit in vyf minute te wees nie; ek is seker daarvan dat u nie teleurgesteld sal wees nie."
"Ek weet darem nie," sê sy rustig.
Die fotograaf trek toe sy aktetas nader en haal 'n portefeulje van baba foto's uit. "Dit is gedoen op die boonste vloer van 'n bus," sê hy.
"My genade!" roep mev. Smit uit en gryp na haar keel.
"En hierdie tweeling het besonder goed uitgedraai – veral as jy hul moeder sou ken. Sy was baie baie moeilik om mee te werk."
"Sy was moeilik?" vra mev. Smit.
"Ja, sy was so bang dat ek haar uiteindelik na die parkie moes neem om die werk gedoen te kry. Mense daar het ons omtrent verdring en rondom ons tot vier en vyf diep gestaan om 'n goeie blik te kry."
"Vier en vyf diep?" sê mev Smit, haar oë wyd met verwondering.
"Ja," antwoord die fotograaf, "en vir meer as drie uur, ook."
“Die moeder het aanhoudend gegil en geskree - ek kon skaars konsentreer, en toe dit later begin skemer raak, moes ek my skote aanjaag. Die ergste was toe die eekhorings aan my toerusting begin knibbel het, daar het ek die streep getrek en alles opgepak. "
Mev. Smit leun vorentoe en prewel droë-mond: "Jy bedoel hulle het aan jou toerusting gekou?"
"Dit is waar, Mevrou, ja dis waar.”
“ Wel, as u tevrede is, sal ek solank my driepoot opstel en dan kan ons aan die werk spring."
"Driepoot?"
"O ja Mevrou. Ek het dit nodig om my Canon op te laat rus. Dit is veels te groot en lank in een hand vas te hou."!!!

