Ek het nou 'n geleentheid gekry om in die bosveld te gaan kuier en jakkalse jag ek is maar gewoond aan die wye vlaktes van Noordwes en Gauteng Kan julle gesoute bosveld jakkaljagters my dalk so bietjie leiding gee in die omstandighede daar bv staanplekke lig afstande ens
Dankie
Bosveld tips
- NicoSmit
- Hero Member

- Posts: 1899
- Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm
Bosveld tips
Mag jou skape begin jakkals jag.....Adam Tas
- Eduard Venter
- Hero Member

- Posts: 1486
- Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Re: Bosveld tips
Ek is 'n beginner en het nog nie so baie jakkalse geskiet nie maar wat ek wel kan sê 'n jakkals kan baie vinnig wegraak in die ruie bos. My skote in die aand is gemideld so 30m tot 200m afhangende hoe ruig dit is.
Sent from my LG-H735 using Tapatalk
Sent from my LG-H735 using Tapatalk
-
Jakman
- Jr. Member

- Posts: 80
- Joined: Mon Sep 14, 2015 7:37 am
Re: Bosveld tips
Wat ek geleer het van ons dig bos gedeeltes..( en eks ook maar n beginner)Die tyd wat jy het om die jakkals te skiet is baie korter want as hy sy snoet uit steek agter die bos is hy amper teen jou en die kanse is goed dat hy jou kan gewaar. Daar is nie die gerief van tyd (as ek dit so kan stel) wat die vlaktes jou gee nie. Maar nie te min bly dit baie lekker.
Hunting is not a matter of life or death... Its much more important than that.
.243 Musgrave 6.5 Creedmoor .22 Sako
.243 Musgrave 6.5 Creedmoor .22 Sako
- Geno
- Administrator

- Posts: 13644
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Bosveld tips
Wat vir my werk in die bosveld:
Flou lig, vinnig ID en skiet, lang wind-af kant.
Dit bly maar tricky. Nagsig is jou vriend
Flou lig, vinnig ID en skiet, lang wind-af kant.
Dit bly maar tricky. Nagsig is jou vriend
Goed, beter, 6millimeter!
-
Jakman
- Jr. Member

- Posts: 80
- Joined: Mon Sep 14, 2015 7:37 am
Re: Bosveld tips
Jammer dat ek jou post kaap Nico, maar ek wil ook dan graag by die manne weet hoe gemaak as die area so bebos is en jy nie rerag naby aan die teel gatte kan kom nie? Maar net meer gedult he en sit waar die sitplek 100% is?
Hunting is not a matter of life or death... Its much more important than that.
.243 Musgrave 6.5 Creedmoor .22 Sako
.243 Musgrave 6.5 Creedmoor .22 Sako
-
Dolfie.rvm
- Newbie

- Posts: 21
- Joined: Sun Jul 10, 2016 11:35 am
Re: Bosveld tips
Jou beste plekke is maar naby of by waters. Daar is dit gewoonlik nie so dig nie. Jy kan ook by plekke waar lyndrade 'n kruising maak gaan staan en wag tot hulle in die paadjies af kom. Dit bly maar moeilik. Ek jag net in digte bos so mens kyk maar waar mens 'n operige kol kry waar die jakkalse gereeld loop. Jou roeper kan jy 30 tot 40 meter van jou af plaas en indien daar spasie is nog verder. Sterkte.

