Die Burger, 15 Augustus 2016
http://www.netwerk24.com/Nuus/Misdaad/b ... s-20160814#
Die Valke het op meer as honderd renosterhorings afgekom in die huis van ’n bekende wildboer wat kort tevore in ’n polisielokval in Equestria, Pretoria, gelei is.
Pieter van Zyl (67) is Woensdag saam met Marco Swanepoel (35) en Stephan Mylie (30) vir die besit en verhandeling van renosterhoring in hegtenis geneem.
Hulle is in die lokval gelei deur ’n agent wat voorgegee het hy wil vyf renosterhorings by hulle koop, het brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, Sondag gesê.
Die drie is toe deur lede van die Valke se spesiale eenheid vir bedreigde spesies in hegtenis geneem.
Die Valke het hierna Van Zyl se huis deurgesoek en op nog agt versteekte renosterhorings met ’n straatwaarde van sowat R800 000 afgekom.
Mulaudzi sê die Valke is Donderdag terug na Van Zyl se huis.
Hulle het die huis gefynkam en was “stomgeslaan” toe hulle op nog 105 renosterhorings afkom. Die waarde waarvoor die horings op die swartmark verkoop kan word, moet nog vasgestel word.
Van Zyl beweer die renosterhorings behoort aan hom, sê Mulaudzi.
“Die Valke ondersoek nou Van Zyl se permitte wat die departement van omgewingsake uitgereik het.
“Die Valke is ook in die proses om DNS-monsters van die horings te neem en dit te vergelyk met die Rhodis-databasis by Onderstepoort,” sê hy
Van Zyl, Swanepoel en Mylie het Vrydag in die streekhof in Pretoria verskyn. Van Zyl is op borgtog van R20 000 vrygelaat en Swanepoel en Mylie elk op borgtog van R10 000.
Bekende boer vas oor renostershorings
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
- GERT vd M
- Hero Member

- Posts: 650
- Joined: Sat Apr 09, 2011 3:12 pm
Re: Bekende boer vas oor renostershorings
THEIR BALLS MUST FALL!!!!!!!!!!!
.338-06 improved (VERKOOP) 7x64 brenn./ 6mm Musgr. BSA P14(VERKOOP)/
12Br s\s brno. /.22 Mauser Oberndorf./ 9mm P Glock gen 3./ Windbuks./ Kettie
12Br s\s brno. /.22 Mauser Oberndorf./ 9mm P Glock gen 3./ Windbuks./ Kettie
-
PWV
- Hero Member

- Posts: 7343
- Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm
Re: Bekende boer vas oor renostershorings
Ken iemand hierdie man?
- kwagga
- Full Member

- Posts: 176
- Joined: Sun Nov 18, 2012 3:50 pm
Re: Bekende boer vas oor renostershorings
R20k borgtog!
Sies, maak my siek! R2mil klink beter as hy kwansuis "bekende wildboer" is. Hulle is nie armgatte nie.... 
-
ANDRIES
- Sr. Member

- Posts: 353
- Joined: Mon Feb 04, 2013 3:56 pm
Re: Bekende boer vas oor renostershorings
Is die handel in renosterhoring in Suid Afrika nie gewettig 'n tydjie terug nie?
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13639
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Bekende boer vas oor renostershorings
Dalk het hy permitte vir al daai horings? Dan kan hy hulle lekker dagvaar na die tyd, wag maar eers met die klippe todat mens al die feite het. Dit klink bq na baie horings maar mens weet nooit hy het dalk permitte vir almal. So ver ek onthou is die handel mos wettign in SA
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.

