Goeienaand,
Ek wil graag hoor of iemand my kan help om die QL data vir die volgende geweer na te gaan:
260 Rem, 600mm loop
123gr Custom competition
Lapue doppe, 53.32gr H20 (Nuut)
CCI200 primers
TPL 71.22
S365 L83
Ek het 2 ladings getoets (2 rondtes elk)
41.5gr - 2672ft/s
42.0gr - 2701ft/s
Ek het QL probeer en kom by 'n BR van 0.4246 uit. Met die inligting is maks druk by 47.2gr vir 3032ft/s met nodes by 2771 en 2891 ft/s.
Maak dit sin?
Wat my pla is dat die lot se afwyking +0.9% is en die vorige lot wat ek gebruik het was 71 met 'n afwyking van +1.2%. Ek het dus aangeneem dat die BR ook redelik hoog sou wees, nader aan S355.
Ek het altwee lotte in my 243 gelaai om te vergelyk, maar soos Murphy dit wou he het die Chrony errors gegee vir die rondtes. Sal weer toets vir 'n behoorlike vergelyking. Vir die 243 moes ek vir lot 71 die BR ~0.5 maak om te werk, so ek het half verwag die BR vir lot 83 sal ook hoog wees.
Sal insette waardeer.
260Rem 123gr Custom Competition data
-
vossie1
- Hero Member

- Posts: 2117
- Joined: Thu Sep 27, 2012 8:16 pm
Re: 260Rem 123gr Custom Competition data
Kan nie vir jou n antwoord gee nie maar lot 71 was baie warm en wees maar versigtig veral met jou 243
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13651
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: 260Rem 123gr Custom Competition data
In die 243 sal jou BR hoer wees as in die 260 agv die overbore nek van daai 243 en elke koel wat jy skiet sal ook die kruit bq anders laat reageer.
As ek so vinnig kyk en jou spoed wat jy daar aan gee gebruik as die spoed by die loop kry ek daai kruit se BR in jou roer net so oor die 0.4200
As jy jou crony vertrou laai hulle volgens QL en skiet hulle maar onthou jou laidng van 41.5/42gr is nog laag en soos jou druk toe neem sal jy sien jou BR gaan op gaan, sodra jy hier by 55k druk is sal jou BR vir daai kruit in jou roer hoer wees as wat jy nou kry so laai dalk weer n paar nader aan jou node spoed en werk dalk met die laaste paar patorne op na die node spoed toe as jy bang is iets gebeur

A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
M98mauser
- Sr. Member

- Posts: 261
- Joined: Sat May 10, 2014 10:44 am
Re: 260Rem 123gr Custom Competition data
Jou Doppe gaan nie 47gr kan vat nie, Dopvulling 107%. Ek sal voorstel dat jy 43.3gr probeer dan behoort jy baie naby aan 2771fps op jou chrony te kry. Druk is nog laag maar kyk eers hoe vaar die een voor jy na die hoer node gaan.
Vertrou op die Here Hy sal voorsien,
7*57
375H&H
223 Rem
260 Rem
9mm Vektor.
7*57
375H&H
223 Rem
260 Rem
9mm Vektor.
-
cvil
- Newbie

- Posts: 17
- Joined: Tue Oct 09, 2012 10:18 pm
Re: 260Rem 123gr Custom Competition data
Dankie vir die terugvoer.
Omdat die afwyking tussen Lot 71 (1.2%) en 83 (0.9%) relatief na aan mekaar is het ek aanvaar ek kan die BR wat ek vir Lot 71 bereken het gebruik vir begin ladings vir Lot 83 net om iets op papier te kry. In die vervolg sal ek die standaard BR in QL gebruik vir begin ladings. Ek het gedink ek spaar tyd.
Ek gaan dan altwee probeer, die 2771 en die 2891 ft/s. Ek toets gewoonlik tot by maks druk (baie versigtig) of 100% dopvulling (as QL <60kPsi voorspel) net om te sien waar dit is sodat ek weet hoeveel ruimte ek nog het as ek op 'n lading besluit. Anders weet mens nie hoeveel kan jy nog hoër gaan as jy wil verstel nie. Wil ook nie hoër as 55k gaan met die druk nie. Rede is dat ek sien hoër temperature kan die druk met ~4kPsi optel, so ek wil nie daai risiko loop nie.
Ek is eintlik bly die Lot 83 is nie so warm soos L71 nie, dopvulling lyk baie beter. Ek het aanvanklik gedink dit gaan 'n probleem wees.
Groete.

Cvil ek het n paar blikke 385 Lot14 wat ek gebruik in my gewere. Nie eers dieselfde lotte wat op dieselfde dag geblik is in die verskillinde blikke se BR is almlal dieslelfde nie. Beste is maar om jou crony te glo en elke keer as jy iets in jou lading verander maar weer vinnig n begin lading oor n crony te skiet, daai mense raai ook maar baie dinge as jy my vra