300 Win Mag Nuwe Loop

Everything regarding Long Range Shooting and Hunting here / Alles rakende Langafstand skiet en jag hier
Post Reply
SchalkWvanWyk
Newbie
Newbie
Posts: 36
Joined: Sat Nov 28, 2015 1:44 pm

300 Win Mag Nuwe Loop

Post by SchalkWvanWyk »

Middag Manne,

Ek het 'n Ruger MK 77 Hawkeye in 300 Win Mag met die standaard 24" dun loop. Ek jag op die stadium baie min met hom en gebruik maar meer my 9.3 x 62 oor die 300 nie baie akkuraat is nie. Die 300 was my 1ste geweer so hy het baie sentiment en wil hom nie sommer verkoop nie. Ek het nou bietjie rond gekyk en raad gevra en ek dink daaraan om eerder vir hom 'n nuwe dikker en langer loop op te sit. Ek kan 'n Heym 26" 20mm loop kry, maar ken nie die gehalte van hulle lope nie. Ek weet hulle gewere is van baie goeie gehalte. Ken iemand dalk die lope en kan julle enige kommentaar of raad lewer?

Dankie
marco

Re: 300 Win Mag Nuwe Loop

Post by marco »

Vra vir gawie 13mm hoe smaak n heym loop.... Gawie kom in....
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3326
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm

Re: 300 Win Mag Nuwe Loop

Post by joe rocket »

Hy smaak wild, hy skiet ook wild, maar sodra Gaafsters klaar sy werks dinge afgehandel het sal hy sy gevleude woorde kom opper.
GROETE

__________________________



Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
Mellies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1987
Joined: Sun Jan 18, 2015 5:32 pm

Re: 300 Win Mag Nuwe Loop

Post by Mellies »

Schalk,

Ek sou meer bekommerd gewees het oor die naam van die man wat jou nuwe loop moet vasdraai as die naam van die loop self!!

Met n vleisie...
Supacow
Hero Member
Hero Member
Posts: 2111
Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm

Re: 300 Win Mag Nuwe Loop

Post by Supacow »

Wysheid kom so met n vleisie
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum
User avatar
Gerhardu
Hero Member
Hero Member
Posts: 981
Joined: Mon Nov 19, 2012 1:55 pm

Re: 300 Win Mag Nuwe Loop

Post by Gerhardu »

Kyk maar na al die 'Name Brands' match lope soos Krieger,Broughton ens. Maar kyk ook na die profiel,twist en lengte.

Dis wat ek sou aanbeveel.
Heavy Varminter loop soos 22mm by kroon,1-10twist en 28duim lang loop. Jy sal nie spyt wees nie!
En wees maak vol met die kies van die persoon wat jou loop gaan opskroef!
SchalkWvanWyk
Newbie
Newbie
Posts: 36
Joined: Sat Nov 28, 2015 1:44 pm

Re: 300 Win Mag Nuwe Loop

Post by SchalkWvanWyk »

Ek sal weer dieselfde geweer smid gebruik wat my 260 gedoen het. Baie tevrede met sy werk.
Dit sal 'n 1:10 groefdraai wees....wil die effe swaerder koels gebruik in die 300. Vir my 260
'n walther gekry en sou nogal like om weer 'n walther te kry.
User avatar
Gerhardu
Hero Member
Hero Member
Posts: 981
Joined: Mon Nov 19, 2012 1:55 pm

Re: 300 Win Mag Nuwe Loop

Post by Gerhardu »

SchalkWvanWyk wrote:Ek sal weer dieselfde geweer smid gebruik wat my 260 gedoen het. Baie tevrede met sy werk.
Dit sal 'n 1:10 groefdraai wees....wil die effe swaerder koels gebruik in die 300. Vir my 260
'n walther gekry en sou nogal like om weer 'n walther te kry.

Daarsy Schalk. Meeste van jou bokse is getick. Maar moenie korter as 28duim gaan op die loop nie. Jy kan met Capt O gesels. Hy doen wonders met sy .300WM. Met Berger 215gr Hibrids uit so lang loop kan jy maklik 2800fps kry en gaan jy die rook uit almal en alles skiet. En dalk ook n SWB op 511m omdop. Maak net seker Dimitri hoor nie daavan nie anders is dit weer snot en trane.
SchalkWvanWyk
Newbie
Newbie
Posts: 36
Joined: Sat Nov 28, 2015 1:44 pm

Re: 300 Win Mag Nuwe Loop

Post by SchalkWvanWyk »

Ek sukkel hier in Namibie om 'n 28" loop te kry.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13582
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: 300 Win Mag Nuwe Loop

Post by Capt. Yoda »

Schalk dis nou heel anders maar hoekom kry jy nie n 7mm loop en maak n 7SAUM nie, daai aksie is seker nie so lank nie
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
SchalkWvanWyk
Newbie
Newbie
Posts: 36
Joined: Sat Nov 28, 2015 1:44 pm

Re: 300 Win Mag Nuwe Loop

Post by SchalkWvanWyk »

Dan moet ek weer van voor af lisensie aansoek doen en ek wil dit vermy want my agter end moet gekrap word en dit sal te lank vat.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13582
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: 300 Win Mag Nuwe Loop

Post by Capt. Yoda »

SchalkWvanWyk wrote:Dan moet ek weer van voor af lisensie aansoek doen en ek wil dit vermy want my agter end moet gekrap word en dit sal te lank vat.

O ok maak sin, ek weet nie hoe julle dinge daar in Nam werk nie maar as jy die WM pad wil gaan sal daai 26" loop ook 100% werk. 208gr ELD/Amax of n 215/230gr Hybird hier by 2750-2800 is dodelik tot so ver soos jou scope kan stel

Gawiekaskabouter lyk nie of hy fout sien met sy loop nie so ek dink as die prys mooi is kan jy maar koop
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Gerhardu
Hero Member
Hero Member
Posts: 981
Joined: Mon Nov 19, 2012 1:55 pm

Re: 300 Win Mag Nuwe Loop

Post by Gerhardu »

Meeste Van daai lope kom uit die fabriek uit 30 duim.

Sent from my SM-G925F using Tapatalk
.
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: 300 Win Mag Nuwe Loop

Post by Gawie(13mm) »

Ek is baie in my skik met my Heym loop op my 7mm. Alhoewel dit 'n gewone staal loop is, het hy baie maklik ingebreek en skiet hy beter as wat ek ooit verwag het. Miskien is dit die kaliber, 7 x 57 Ackley, of miskien die HOWA aksie?
Ek het R 5000 vir hom betaal en ek beskou dit as my grootste winskoop ooit.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
SchalkWvanWyk
Newbie
Newbie
Posts: 36
Joined: Sat Nov 28, 2015 1:44 pm

Re: 300 Win Mag Nuwe Loop

Post by SchalkWvanWyk »

Dankie manne.....
Ek sal maar by die 300 bly want ek het so 150 Norma doppe wat ek nog net 1 keer geskiet het en dan nog so 50 Norma Oryx fabrieks rondte, die die sets en so aan. Hulle vra hier R7700 vir die Heym, R8000 vir 'n Lothar Walther en dan R 10,000 vir 'n truvelo....almal 26" duim. Truvelo en Walther is 22mm by kroon en die Heym is 20mm. Ek oorweeg die Walther oor ek so 1 op my 260 het en baie tevrede is.
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: 300 Win Mag Nuwe Loop

Post by Gawie(13mm) »

Vergeet om te noem. Myne was 'n 27 duim "blank".
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
Mellies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1987
Joined: Sun Jan 18, 2015 5:32 pm

Re: 300 Win Mag Nuwe Loop

Post by Mellies »

SchalkWvanWyk wrote:Dankie manne.....
Ek sal maar by die 300 bly want ek het so 150 Norma doppe wat ek nog net 1 keer geskiet het en dan nog so 50 Norma Oryx fabrieks rondte, die die sets en so aan. Hulle vra hier R7700 vir die Heym, R8000 vir 'n Lothar Walther en dan R 10,000 vir 'n truvelo....almal 26" duim. Truvelo en Walther is 22mm by kroon en die Heym is 20mm. Ek oorweeg die Walther oor ek so 1 op my 260 het en baie tevrede is.
As ek n Walther @ 8k kan kry sal ek nie eers kyk na Truvelo @ 10k nie!

Met n vleisie...
Post Reply