Windmeter vraag

Everything regarding Long Range Shooting and Hunting here / Alles rakende Langafstand skiet en jag hier
Post Reply
User avatar
fanie.myburgh
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 497
Joined: Fri May 30, 2014 4:51 pm

Windmeter vraag

Post by fanie.myburgh »

Halo manne.

Ekt na die naweek se skiet besef dat ek 'n wind meter nodig het. Ek skat die wind reg tot op 500m, maar van daar af het ek maar gesukkel en op 800m gestop toe is my koele op. Haha.

Nou die vraag, wat is die beste windmeter/weerstasie wat ek kan koop? Kestrel het klomp modelle van R2000 tot R12000. Is die die moeite werd om na die coldwell windwizzard tekyk? Wat sal die beste model wees as ek tot 1000m wil skiet en wat gebruik julle?

Groete
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13583
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Windmeter vraag

Post by Capt. Yoda »

Hoe gaan jy die windmeter/kestrel op 800m sit om die wind te lees en dan die data weer by jou kry? Windmeter lees die wind by jou dan moet jy die res maar raai tot by die tyken, wind waai ook nie altyd net een rigting nie so die wind op 800m kan heel anders wees as by jou en die wind by jou het net so of self n groter impak op jou skoot as die wind by die tyekn of oppad tyken toe
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8011
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Windmeter vraag

Post by Arnold »

Fanie, om eerlik te wees gee nie een van die kestrel modelle jou die wind lesing op langer afstande nie ;)

Dit help jou wel om 'n waarde by die kondisie te sit en dan met genoeg ondervinding en sukkel in die wind, leer jy die wind effek skat (ek leer nogsteeds).
Die lugdruk en temeratuur is egter twee baie belangrike faktore wat sommige Kestrels jou ook gee (humiditeit het 'n kleiner invloed op die trajek).
User avatar
fanie.myburgh
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 497
Joined: Fri May 30, 2014 4:51 pm

Re: Windmeter vraag

Post by fanie.myburgh »

Dankie Arnold/Cap. Dan moet ek maar net meer oefen in die wind en leer die mirage lees. Ek verstaan die windmeter gee net by jou die spoed. Maar dan kyk jy tenminste n beter skatting maak van wat die wind op afstand maak.

Ek het in Upington tot 700m makliker geskiet in amper dieselfde wind as die naweek naby Touwsrivier, die wind hier het meer rukwinde gemaak en in Upington was dit meer konstant.
Groete

Sent from my E5823 using Tapatalk
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3652
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Windmeter vraag

Post by JPS »

Fanie,

Om in Konstant waaiende wind te skiet oor lang afstand is eintlik relatief maklik. Met eukwinde is dit 'n baie moeiliker kondiesie om in akkuraat in te skiet. Selfs met winde wat "fishtail" (wind wat tussen 10-2 uur of 4-8 uur swaai)

Bv. Wind wat waai teen 15myl p/h maar redelik konstant op daai spoed en in een rigting is makliker om in te skiet as 5myl p/h wind wat ruk of fishtail.

iets wat jy kan probeer wat ek by mede forum lid geleer het en nogals vir my werk is om eerder in die wind te skiet wat sterker waai as om te probeer in die "let off" van die wind te skiet, rede is jy sal vind dat die sterker waai kondiesie langer hou as die minder sterk / "let off" kondiesie.

Groete
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Windmeter vraag

Post by Eugene »

Fanie, Peet Blom sê nog altyd "mirage is jou vriend" en hy is nie verkeerd nie. As jy een keer wil koop en klaar koop, koop die Kestrell, maar as jy net vir wind soek, kan jy enige goedkoop windmeter koop. Oefen om die mirage te leer lees en dit gaan jou baie help om die wind by die teiken en tussen jou en die teiken te leer bepaal. Die wind spoed en rigting, so halfpad tussen jou en die teiken en tot by die teiken, is meer belangrik as die wind by jou.
Aim small, miss small
User avatar
andre007
Hero Member
Hero Member
Posts: 2234
Joined: Tue Jul 17, 2012 12:59 pm

Re: Windmeter vraag

Post by andre007 »

Om by Eugene aan te sluit, hierdie video kan dalk help:

https://www.youtube.com/watch?feature=p ... 026Y0WUy6Q
"Mag ek nooit onthou word vir dit wat ek gejag het nie, maar eerder vir hoe ek gejag het."

Groete

Andre007
083 491 1999
andrejbotha007@gmail.com
User avatar
fanie.myburgh
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 497
Joined: Fri May 30, 2014 4:51 pm

Re: Windmeter vraag

Post by fanie.myburgh »

Dankie manne. Ek sal maar meer tyd in die wind moet spandeer. Peet het vir my hierdie foto gestuur.
IMG-20160718-WA0017.jpg
Sent from my E5823 using Tapatalk
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Windmeter vraag

Post by PWV »

Fanie, ek dink die beste oplossing is as jy vir jou 'n drone aanskaf. Vlieg hom na die teiken op 800 meter en laat hy die windspoed vir jou terug sein. :)
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Windmeter vraag

Post by ruaanb »

Fanie jy moet net meer in daai wind kloof oefen.....
User avatar
fanie.myburgh
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 497
Joined: Fri May 30, 2014 4:51 pm

Re: Windmeter vraag

Post by fanie.myburgh »

Ruaan, dit sou gewerk het as ek net verder daar kon skiet. Koop oom PWV vir ons een dan kan ons lekker skiet daar by die Paarl..

Groete

Sent from my E5823 using Tapatalk
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Windmeter vraag

Post by ruaanb »

Sit die gong daar op die voorman se huis se dakkie....
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8011
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Windmeter vraag

Post by Arnold »

'n spanner in die werke ... wind van voor en agter, hoe lyk die mirage en wat is die effek op jou trefpunt - hierdie is iets wat ek met 'n lang draai geleer het op Atlantis.

Gaan skiet bietjie saam met die ouens F-klas en gesels met hulle, daar is hope informasie!
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Windmeter vraag

Post by PWV »

Arnold wrote:'n spanner in die werke ... wind van voor en agter, hoe lyk die mirage en wat is die effek op jou trefpunt - hierdie is iets wat ek met 'n lang draai geleer het op Atlantis.

Gaan skiet bietjie saam met die ouens F-klas en gesels met hulle, daar is hope informasie!
Nou vertel ons ook maar hier wat jy alles geleer het, asseblief!
User avatar
fanie.myburgh
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 497
Joined: Fri May 30, 2014 4:51 pm

Re: Windmeter vraag

Post by fanie.myburgh »

Ek sal graag bietjie by iemand wat F-klas skiet wil uitkom wat my bietjie meer kan leer. Wanneer is daar weer so skiet by atlantus ek sal gaan wil gaan?

Sent from my E5823 using Tapatalk
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Windmeter vraag

Post by PWV »

Why Headwinds are More Difficult than Crosswinds??

http://bisonballistics.com/articles/why ... crosswinds
Post Reply