Page 1 of 1

Drink jakkals en rooikat water by krippe?

Posted: Wed Jul 13, 2011 3:09 pm
by Frikjordaan
forum vriende.

Ons gebruik veldkameras met infra rooi flitse by krippe, los hulle vir twee tot drie weke en soms langer. Ek skuif die kameras tussen waters en doen dit nou al ongeveer 8 maande.
Baie nag fotos en mens kan nogal die waterdrink patroon by veral kudu's  waarneem,  want die kamera wys die tyd op die foto.

Het gedink dit sal help om jakkals voor te l? as ek sy patroon kan waarneem, maar niks, duur oefening met geen resultate tot dus v?r 

Kamera is in kassie gemonteer 10-12 meter van die krip.

Ongelooflik baie fotos, kudu, gemsbok, arende, baie voels, dassies, ertvark en nog baie maar niks jakkals, groukat, rooikat,

Nou wonder ek of die ongediertes ooit water drink, ons het twee oop fonteine maar hulle is 8 km van mekaar af en dit is seker moontlik dat hulle daar drink, maar plaas is 10 000 hektaar met 9 waters met krippe.

???
Dankie
Frik

 

Re: Drink jakkals en rooikat water by krippe?

Posted: Wed Jul 13, 2011 3:19 pm
by Danie01
Frik

As ek dit nou nie verkeerd het nie, is daar erens op die forum n foto van jakkals by n krip of dan het ek erens iets gelees of gehoor van jakkals wat elk keer dieselfde pad gestap het na krip en  by selfde plek water drink, toe sit ou n klip in die paadjie wat jakkals elke keer kom en toe jakkals weg vir n hele ruk, maar het later weer kom drink by selfde krip. So ja ek dink hul moet water by krippe drink, want baie dele of die meeste dele in die karoo het gaan natuurlike waterbronne nie slegs krippe. Jakkals moet tog water drink.

Dit kan dalk wees dat die opstel van die kamera die jakkals, net soos die klip, die jakkals laat bedreig voel en hy eers vir n ruk wegbly? Dalk moet kameras n rukkie langer by krip gehou word??

Dit nie ervaring nie, maar my gevoel en wat ek maar dink.

Groete
Danie

Re: Drink jakkals en rooikat water by krippe?

Posted: Wed Jul 13, 2011 4:05 pm
by Danie Lombard .243
YIP  Net soos Danie 01 se.

Jakkals drink gereeld by krippe. Hier in onse wereld is daar amper elke 2 tot 3 km 'n krip, dus is water en drink plekke vollop.

Het al verskeie kere maarhaar, witrug en draai jak spore by die verskillende krippe gekry. Wat ek wel agtergekom het is dat jakkals lief is om te drink by damme wat oorloop,  het al baie jak spore in die modder by die damme gekry.

Re: Drink jakkals en rooikat water by krippe?

Posted: Wed Jul 13, 2011 4:20 pm
by Louis102
Frik

Kliek op die volgende:  http://jaracal.com/http://jaracal.com/p ... 444#p36444

Dit is 'n kortpad na een van die onderwerpe waar jy antwoorde vir jou vraag sal kry.  Persoonlik het ek al heelwat jakkalse by krippe afgeneem.  By my vat dit minstens 'n week na twee weke toe voor die jakkalse die kamera's gewoond genoeg is om te drink.  Dit wil my voorkom of sekere kamera's beter is as ander vir hierdie taak.  Die reaksietyd van jou kamera moet sommer lekker vinnig wees, anders gaan jy hom mis.  Ek stel myne om 3 foto's so vinnig moontlik na mekaar te neem.  Danie 243 is ook reg, as daar 'n ander opsie vir die jakkals is, sal die jakkals eerder daar drink as waar die kamera's opgesit is.

Hoop dit help met die vraag.

Louis