Ons gebruik veldkameras met infra rooi flitse by krippe, los hulle vir twee tot drie weke en soms langer. Ek skuif die kameras tussen waters en doen dit nou al ongeveer 8 maande.
Baie nag fotos en mens kan nogal die waterdrink patroon by veral kudu's waarneem, want die kamera wys die tyd op die foto.
Het gedink dit sal help om jakkals voor te l? as ek sy patroon kan waarneem, maar niks, duur oefening met geen resultate tot dus v?r
Kamera is in kassie gemonteer 10-12 meter van die krip.
Ongelooflik baie fotos, kudu, gemsbok, arende, baie voels, dassies, ertvark en nog baie maar niks jakkals, groukat, rooikat,
Nou wonder ek of die ongediertes ooit water drink, ons het twee oop fonteine maar hulle is 8 km van mekaar af en dit is seker moontlik dat hulle daar drink, maar plaas is 10 000 hektaar met 9 waters met krippe.
Dankie
Frik

