Jag net buite Koppies

Post Reply
User avatar
henried
Hero Member
Hero Member
Posts: 2353
Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm

Jag net buite Koppies

Post by henried »

Ek en my seun Zander het verlede week net buite Koppies gaan jag,ek sou net met die geweer jag, Zander sou met beide die geweer en boog jag. Op ons lys was blesbok en takbok...Ons het die jaar baie tyd aan beide wapens spandeer, met die gewere kon ons konstant op 300m dood skote op ons springbok kong skiet, met die boog het Zander tot op 40y geoefen,maar hy sou skote onder 25y hou.

Maandag is spandeer in die hide, elande was vroeg daar, en dit is al wat in gekom het vir die dag.

Dinsdag het ons gestap, opsoek na die takbokke, Zander wou kyk of hy die ram met die boog kon skiet, en ek wou 'n ooi met die 223 skiet. Laat middag het ons die ooie gekry,maar ek het so gebewe op die stokke dat ek nie die skoot wou vat nie,skote was tussen 130-180m.

Woensdag is ons die vlaktes in. Die plan was om die 223 te gebruik, gelaai met 55gr GMX koeel, teen so 3120fps, gezero op 200m. Zander het 'n paar kanse gekry op 150-200m, maar hy was nie gemaklik met die skote van die stokke af nie. Na 12:00 het ons teen 'n sementdam gaan le en die blesbokke het tussen 320 - 600m geloop. Die wind het gewaai en ek was nie meer gemaklik om skote met die 223 te vat nie. Ek het gestap en die 30-06 gaan haal. Hy was gelaai met Peregrine 165gr koeel wat teen so 2700fps gevlieg het. So teen 15:00 het ek 'n skoot op 'n blesbok gekry. Die skoot was 300m en die Peregrine is net bo die hard deur. Hy het so 2 draaie gemaak en dood neer geslaan. die koeel is reg deur en kon nie herwin word nie.

http://i464.photobucket.com/albums/rr5/henriedeg/20160712_143510_zps7mkx5eyp.jpg

Laat middag het die wind gaan le, en Zander het 'n skoot op 260m met die 223 gevat. Die skoot was mooi agter die blad en die blesbok het so 40m gestap. Die longe was stukkend geskiet, die koeel is reg deur en kon nie herwin word nie.

http://i464.photobucket.com/albums/rr5/henriedeg/20160712_153119_zpsymxg98tq.jpg

Woensdag het ons laat geslaap, so 8:00 het ek by die deur uit gekyk en die takbok ooie aan die ander kant van die dam sien staan. Ek het die 223 gevat en net agter die dam wal gehardloop tot waar ek gedink het ek 'n skoot sou kon vat. EK het my le gekry op die wal, maar hulle het in 'n bos gestaan en ek kon nie'n oop skoot kry nie. Na so 15min het hulle in die vlakte in beweeg en 'n ooi het my 'n skoot op 150m gegee. Die GMX is deur die hard en het hom in flarde geruk, sy het nie eer 10m gegaan nie.

http://i464.photobucket.com/albums/rr5/henriedeg/20160713_085544_zpscf5fqeu2.jpg

Zander het besluit om Donderdag weer met die boog te kyk of hy nie iets kon skiet nie. EK het nie moed gehad nie, maar hy het 'n elevated hide op die plaas gekies vir Donderdag. Donderdag is ons so 06:20 afgelaai en dit was nog donker toe ons ons gemaklik maak. Ons het ons reg gemaak vir 'n lang dag... Toe die son opkom het ek 'n trop van so 10 blesbokke op so 150m gesien, daar was ook twee Spingbokke op so 200m. Teen so 7:00 het ek 'n mooi blesbok ram op so 500m sien stap. Hy her reguit hide toe gestap! Op so 100m het ek vir Zander gese om reg temaak. Die blesbok het op 42m gestaan, ek het besluit om te wag.Na so 5min het die blesbok gedraai en in gestap, hy het op 22m BS gestaan. Zander het 'n mooi skoot gevat wat die hard se punt stukkend geskiet het. Die blesbok het so 70m gehardloop voor sy rem aan gestrek is. Dit was 'n baie mooi ram, karkas was, na 2 dae in die koelkamer 37kg, sy horings het 17 duim gemeet.

http://i464.photobucket.com/albums/rr5/henriedeg/20160714_073055_zpsttnfzwry.jpg

http://i464.photobucket.com/albums/rr5/henriedeg/20160714_081341_zpsoafbmqge.jpg

Ons het hard gewerk vir on diere, en was baie dankbaar vir dit wat ons kon skiet.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Jag net buite Koppies

Post by tripodmvr »

Baie netjies julle twee. Was dit nou eerste bloed met die 223?
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
henried
Hero Member
Hero Member
Posts: 2353
Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm

Re: Jag net buite Koppies

Post by henried »

tripodmvr wrote:Baie netjies julle twee. Was dit nou eerste bloed met die 223?
Ja dit was Oom.
User avatar
ruaanb
Hero Member
Hero Member
Posts: 5557
Joined: Thu Aug 14, 2014 10:29 am

Re: Jag net buite Koppies

Post by ruaanb »

welgedaan julle sommer n paar mooi bokke daar!
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5029
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Jag net buite Koppies

Post by Frederik »

Netjies mooi gegooi.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13662
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Jag net buite Koppies

Post by Geno »

Lekker julle! Geluk!
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: Jag net buite Koppies

Post by Marc »

Baie geluk !
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
JDKey
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 318
Joined: Fri Apr 12, 2013 9:14 am

Re: Jag net buite Koppies

Post by JDKey »

Mooi geskiet julle.
User avatar
Ben Remington
Hero Member
Hero Member
Posts: 589
Joined: Tue Mar 03, 2015 2:26 pm

Re: Jag net buite Koppies

Post by Ben Remington »

Mooi bokke....veels geluk.
Mellies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1996
Joined: Sun Jan 18, 2015 5:32 pm

Re: Jag net buite Koppies

Post by Mellies »

Mooi gegooi!

Met n vleisie...
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 4011
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Jag net buite Koppies

Post by tau »

lekker man!!
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
henried
Hero Member
Hero Member
Posts: 2353
Joined: Mon Jul 18, 2011 8:33 pm

Re: Jag net buite Koppies

Post by henried »

Dankie julle.
User avatar
theedge
Hero Member
Hero Member
Posts: 5012
Joined: Thu Feb 25, 2010 1:06 am

Re: Jag net buite Koppies

Post by theedge »

Well done netjies
User avatar
Daniel J
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 53
Joined: Tue May 14, 2013 6:35 pm

Re: Jag net buite Koppies

Post by Daniel J »

Lekker jag en storie en fotos, geluk.
Post Reply