Uitgepimpte chrony

Hier kan toerusting wat self ontwerp is geplaas word soos bv. 'n selfgemaakte "tumbler" of ieta dergelijks
Post Reply
User avatar
muismaree
Full Member
Full Member
Posts: 200
Joined: Tue May 29, 2012 2:34 pm

Uitgepimpte chrony

Post by muismaree »

Hi julle.

Die laaste tyd was ek al baie lus om my chrony met voorbedagte rade raak te skiet, want hy neuk my rond. Ek begeer 'n magnetospeed, maar het nie nou die geld daarvoor nie. Toe maak ek hierdie budget plan.
image.jpeg
Ek het LED strips gekoop en dit aan die binnekant van die diffusers geplak. Die strips het elk 9 LED's. Die krag kom van een van my boor se batterye af wat 'n adapter op het wat 12V lewer.
image.jpeg
Ek het hom net gou getoets in die huis met die blowgun, hy werk mooi!
image.jpeg
Die liggies en drade het my R500 gekos. Die battery en die adaptor het ek reeds gehad. Ek glo hy gaan nou baie beter werk. Nou kort ek nog net 'n manier om die elendige 9V battery van die chrony te verang met iets beter met meer juice..
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Uitgepimpte chrony

Post by tripodmvr »

muismaree wrote:Hi julle.

Kry vir jou 'n stepdown wat 12V na 9V verminder en jy het 'n baie konstante kragbron weens die groter battery. My raad sou wees om die ligte bo-op die diffuser te plak synde dit die tipe lig is wat 'n chrony nodig het. Probeer en kyk of dit werk.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Dirkonius
Full Member
Full Member
Posts: 153
Joined: Wed Jun 15, 2016 11:09 pm

Re: Uitgepimpte chrony

Post by Dirkonius »

So maak mens 'n plan.

Stem saam met Oom Marius oor die LEDs eerder bo-op die chronograaf te plak, wat dan afwaarts na sensors wys en natuurlike lig beter simuleer.

In die Augustus weergawe van SA Jagter het Cassie Nienaber 'n artikel oor hoe mens 'n plan kan maak vir 'n chronograaf batterypak. Gaan loer na die link:

http://www.mamba-reloading.co.za/Bou%20 ... ograwe.pdf
.223 Rem Tikka T3; 260 Rem Savage LRP; .308 Win Mauser M12; 9,3x62 Sako 85; .50 BP Thompson Center Bone Collector; 12 Gauge Beretta Silver Pigeon
User avatar
muismaree
Full Member
Full Member
Posts: 200
Joined: Tue May 29, 2012 2:34 pm

Re: Uitgepimpte chrony

Post by muismaree »

Ek sal hom môre gaan toets en kyk wat maak hy. Dis darem nie moeilik om die liggies af te haal en bo-op te plak nie, sou dit nodig wees. Dankie vir daai link, ek gaan beslis so kragbron bou vir die chrony. 9V battery kos al R60 en hy hou nie lank nie. Die hele storie gaan egter soos 'n telefoon sentrale lyk van al die drade..
User avatar
Jurgen Visser
Hero Member
Hero Member
Posts: 815
Joined: Tue Mar 22, 2016 5:00 pm

Re: Uitgepimpte chrony

Post by Jurgen Visser »

muismaree wrote:Ek sal hom môre gaan toets en kyk wat maak hy. Dis darem nie moeilik om die liggies af te haal en bo-op te plak nie, sou dit nodig wees. Dankie vir daai link, ek gaan beslis so kragbron bou vir die chrony. 9V battery kos al R60 en hy hou nie lank nie. Die hele storie gaan egter soos 'n telefoon sentrale lyk van al die drade..
dis die ding man , hoe lank vat dit dan om die ding op te stel ????
So paar skietgoedjies !! NEE EK HET NIE 'N 270 NIE >:D

Die lewe is te kort om nors te wees ++>:
User avatar
muismaree
Full Member
Full Member
Posts: 200
Joined: Tue May 29, 2012 2:34 pm

Re: Uitgepimpte chrony

Post by muismaree »

Dis waar, maar gelukkig is ek my eie baanoffisier. Voordeel van die plaas. ;D
Dirkonius
Full Member
Full Member
Posts: 153
Joined: Wed Jun 15, 2016 11:09 pm

Re: Uitgepimpte chrony

Post by Dirkonius »

muismaree wrote:Ek sal hom môre gaan toets en kyk wat maak hy. Dis darem nie moeilik om die liggies af te haal en bo-op te plak nie, sou dit nodig wees.
Het jou patent toe goed gewerk?
.223 Rem Tikka T3; 260 Rem Savage LRP; .308 Win Mauser M12; 9,3x62 Sako 85; .50 BP Thompson Center Bone Collector; 12 Gauge Beretta Silver Pigeon
User avatar
muismaree
Full Member
Full Member
Posts: 200
Joined: Tue May 29, 2012 2:34 pm

Re: Uitgepimpte chrony

Post by muismaree »

Saterdag middag toe ek wou gaan skiet, toe steek hier 'n windjie op. Toe doen ek maar eerder houtwerk. Ek sal rapporteer sodra ek hom beproef het, wil poog om dit hierdie week een middag te doen.
User avatar
muismaree
Full Member
Full Member
Posts: 200
Joined: Tue May 29, 2012 2:34 pm

Re: Uitgepimpte chrony

Post by muismaree »

Ek het hom vanmiddag gaan toets en hy werk soos 'n bom.
chrony.jpg
My skietbaan is tussen bloekombome, laatmiddag is dit skadus en son deurmekaar. 'n Chrony sal nie kan werk normaalweg nie. Met die ligte op het hy foutloos gelees. Ek het met die 7-08 twee veskillende ladings geskiet wat se snelhede bekend is, en hy was spot on. Ek glo nog nie hy is nou so akkuraat soos 'n duurder chronograaf nie, maar ten minste het ek nou een veranderlike verwyder. Verder kan ek ook nou enige tyd van die dag gaan skiet en spoed meet sonder dat dit die akkuraatheid van die lesings sal affekteer.

Toe ek terug ry toe kry ek die twee, toe sterf hulle sommer gou. Reun en 'n teef.
jak1&2.jpg
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Uitgepimpte chrony

Post by tripodmvr »

Hel, maar jy is rats op daardie jakkies. Jy het seker die geweer mooi ingestel en kon nie mis nie.

My liggies en aftrap kragbron is ook gereed enn ek gaan hulle ook toets. Wou ook die son grootliks uitskakel met 'n konstante ligbron. Frekwensie van die liggies moet egter reg wees.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Fanta300
Hero Member
Hero Member
Posts: 3626
Joined: Wed Jan 23, 2013 9:38 pm

Re: Uitgepimpte chrony

Post by Fanta300 »

tripodmvr wrote:Hel, maar jy is rats op daardie jakkies. Jy het seker die geweer mooi ingestel en kon nie mis nie.

My liggies en aftrap kragbron is ook gereed enn ek gaan hulle ook toets. Wou ook die son grootliks uitskakel met 'n konstante ligbron. Frekwensie van die liggies moet egter reg wees.

Verstaan nie van die frekwensie nie. LED's werk op gelyk stroom en dan speel frekwensie mos nie 'n rol nie, of hoe?
Lynx 300WM, Musgrave .308 Plank , BSA .303, Stevens .22, Howa .308, Musgrave .308, S&W.38 Sp, Beretta .22 Pistool, Shadow12Br Semi., BRNO 375 H&H. CZ 75 Compact, BRNO (Mod 2) .22, BRNO ZKK 270Win, CZ 243W.
User avatar
Jurgen Visser
Hero Member
Hero Member
Posts: 815
Joined: Tue Mar 22, 2016 5:00 pm

Re: Uitgepimpte chrony

Post by Jurgen Visser »

Fanta300 wrote:
tripodmvr wrote:Hel, maar jy is rats op daardie jakkies. Jy het seker die geweer mooi ingestel en kon nie mis nie.

My liggies en aftrap kragbron is ook gereed enn ek gaan hulle ook toets. Wou ook die son grootliks uitskakel met 'n konstante ligbron. Frekwensie van die liggies moet egter reg wees.

Verstaan nie van die frekwensie nie. LED's werk op gelyk stroom en dan speel frekwensie mos nie 'n rol nie, of hoe?
Jip , gelykstroom is gelyk stroom , nie 'n frekwensie nie
So paar skietgoedjies !! NEE EK HET NIE 'N 270 NIE >:D

Die lewe is te kort om nors te wees ++>:
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Uitgepimpte chrony

Post by tripodmvr »

https://www.google.co.za/url?sa=t&rct=j ... 1224,d.d2s

Ek het nie na die kragbron verwys nie, maar na die frekwensie van die lig wat op die chrony se ligsensors opgetel word. As jou ligbron se frekwensie nie binne 'n sekere band is nie gaan die sensors dit nie registreer nie.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Yogi
Full Member
Full Member
Posts: 220
Joined: Wed Feb 08, 2012 8:59 am

Re: Uitgepimpte chrony

Post by Yogi »

Wil voorkom of die meeste chrony sensors die effektiefste is vir die infra rooi golflengtes tussen 930nm en 980nm.
So van wat ek kon uitvind sal leds wat in die spektrum werk, die effektiefste wees. Wil myne nog klaar bou as ek eendag tyd het. Het al klaar die IR leds met golflengte van930nm gekry, moet dit net op stip sit en dan op die chrony vassist en toets. Wanneer dit gaan wees kan ek nie sê nie.
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3079
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: Uitgepimpte chrony

Post by Apie »

Netjies gedoen

'n vraag rakende die freq/ligspektrum.

Meet 'n gewone chrony nie die 'skadu' van die projektiel soos dit bo oor die sensors gaan nie?

Dan sal enige ligbron mos werk?
Ek mis iets nê..
User avatar
vriell
Hero Member
Hero Member
Posts: 1364
Joined: Wed Mar 17, 2010 4:07 pm

Re: Uitgepimpte chrony

Post by vriell »

Muismaree,
Hier is wat ek gedoen het.

Soldeer "flex" kabeltjie aan groot PM9 Battery(is nie regtig baie groot nie maar hou BAIE meer krag !! .Breek kontakte "pad" af van gebruikte klein 9v battery(die oorspronklike chrony battery) en soldeer dit dan vas aan die ander end van die "flex"..lank genoeg sodat battery of op die grond staan of onder 3poot hang.Het nog nie weer gesukkel met krag nie...
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Groetnis
Len
Hermanus
.303 Enfld, 308Howa, Harrington12br, Stevens410/.22, Rem.44, 9mm Baretta, HW90.177, .22 H Lithgow, Walther .177, Hawken.45, Hawken.50, Hawken.54, .22 Rem, .177 Relum, 30.06Howa , 38 S&W , 6mm Musgrave
User avatar
LoveHenties
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 413
Joined: Thu Jul 23, 2009 1:08 pm

Re: Uitgepimpte chrony

Post by LoveHenties »

Waar koop mens deesdae daardie outjies?
BRNO ZKK-600 .30-06
Sako Vixen .222
CBC .410 Pompie
CBC 12Br Pomp
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2173
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: Uitgepimpte chrony

Post by Johan Nel »

LoveHenties wrote:Waar koop mens deesdae daardie outjies?
Pep Stores hou dit nog aan. Ek koop gereeld by hulle.
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
User avatar
likweD
Full Member
Full Member
Posts: 147
Joined: Mon Apr 13, 2015 9:32 pm

Re: Uitgepimpte chrony

Post by likweD »

Naand manne en maninne,

Oor die frekwensie kwessie: die uitdaging met LED's as ligbron is dat dit enkel kleur bronne is, waar 'n konvensionele gloeilamp lig uit die hele kleurspektrum uitstraal (infrarooi, en ultraviolet ingesluit).

Aldus die inligting wat ek kon bekom is die beste ligbron vir die meeste chronograwe is ultraviolet. 'n wit LED is eintlik baie skerp blou lig met bietjie geel, geen ultraviolet of infrarooi inhoud nie. Mens kry egter ultraviolet en infrarooi LED's dis die wat in sekuriteit kameras gebruik word. As die wit LED vir jou chronograaf werk wees bly. Dit werk nie vir myne nie.

Die tweede frekwensie kwessie kom in wanneer LED's met varieerbare skerpheid gebruik word. Die LED word geflikker om dit dowwer te maak en op 'n seker stadium begin die chronograaf hierdie flikkering as steuring ervaar en rapporteer dit as rondom 20000 fps met die lesing wat heeltyd rondhardloop.

Dit som my ervaring op van my poging om LED light strips as ligbron op my Caldwell chronograaf te gebruik.

My uiteindelike oplossing was om 'n staaf liggie (klomp LED's maar hulle is teenaan mekaar gepak) deur die wit skerm te laat skyn ipv direk op die sensors, en dit werk vir my soos 'n bom. Het 2 liggies wat 4 aaa batterye gebruik by Builders gekoop vir R70 elk, ek laat hulle sommer net bo-op die skerms lê.

Fase 2 wat so 80% voltooi is is om 12V liggies wat ek van China af gekoop het te gebruik en dieselfde 12V kragbron (alarm battery) af te trap na 9v toe om die chronograaf aan te dryf. Ek het nog glad nie met uv LED's eksperimenteer nie want hulle is baie duurder as die Builders liggies wat goed genoeg vir my werk.

Sent from my SM-P605 using Tapatalk
User avatar
vriell
Hero Member
Hero Member
Posts: 1364
Joined: Wed Mar 17, 2010 4:07 pm

Re: Uitgepimpte chrony

Post by vriell »

Johan Nel wrote:
LoveHenties wrote:Waar koop mens deesdae daardie outjies?
Pep Stores hou dit nog aan. Ek koop gereeld by hulle.
Agri ook...