Page 1 of 2
BOYDS KOLF MANNE
Posted: Tue Jul 12, 2011 4:47 pm
by Naas
Ek sit en raak nou al bekommerd.
Ek het die 16 de Junie vir my by Boyds n kolf gekoop
en samet usps laat skip.Ek het nounog niks gekry nie
en die track and converm diens bly se die selfde, dat die pakkie opad is al van die 23ste af.
Ek wil net hoor hoelank het julle pakkies gevat van hulle af.
Want dit gaan bepaal of ek die groot gesoek en geskel moet begin.
Naas Potgieter
Re: BOYDS KOLF MANNE
Posted: Tue Jul 12, 2011 5:26 pm
by Naas
Jes Manne.
Het nou met on courier dies gepraat.
Die Pakkie het dam in Windhoek geland,
so sal seker teen donderdag by my wees.
Naas Potgieter
Re: BOYDS KOLF MANNE
Posted: Tue Jul 12, 2011 5:26 pm
by Witpietskiet
Naas,
Kan wees dat die staakings in die RSA n ivloed het op die aflewering. Goed wat ons Suidwesters bestel kom eers in die RSA aan voor dit na ons toe gestuur word.
Vasbyt, hoop hy is gou hier.
Mooi loop
Re: BOYDS KOLF MANNE
Posted: Tue Jul 12, 2011 5:36 pm
by Biltongjagter
Watter tipe kolf, kleur en vir watter kaliber geweer het jy bestel, Naas?
Finished of Unfinished?
Hoor graag.
Groete,
Koos.
Re: BOYDS KOLF MANNE
Posted: Wed Jul 13, 2011 10:57 am
by Naas
@ Biltongjagter
Ek het een van daai Varmint Thumbhole in Pepper lam bestel
vir n m98 mauser in .270 win.dis n finished kolf.
Sal maar sien hoe hy lyk as ek hom in die hand het en terug laatweet
Naas
Re: BOYDS KOLF MANNE
Posted: Wed Jul 13, 2011 11:01 am
by Hugo
Sit vir ons paar mooi fotos op
Re: BOYDS KOLF MANNE
Posted: Wed Jul 13, 2011 11:06 am
by Naas
Ek sal so maak,wag nog in spanning vir die kolf.

As ek n hond was het die kwyl al gedrip.
Re: BOYDS KOLF MANNE
Posted: Sat Jul 23, 2011 7:05 pm
by erx
Hi Naas
Het jy die kolf self direk bestel/ingevoer?
Groete
erx
Re: BOYDS KOLF MANNE
Posted: Sun Jul 24, 2011 9:03 am
by gideon
Manne.
Ek oorweeg self twee van die kolwe. kan die prys op website kry vir die kolf. Kan julle help met die posgeld kostes. Dink ook daaraan om direk te bestel. Het egter al Dinsdag vir hulle epos gestuur met navraag maar nog niks van hulle gehoor nie. Sal more weer navraag doen.
Re: BOYDS KOLF MANNE
Posted: Sun Jul 24, 2011 9:48 am
by Hein M.
Hallo almal!
Ek wil ook eendag 'n thumbhole Boyds koop, maar is bekommerd oor die afstand na die sneller. My hande is kleiner, so dit kan 'n probleem wees. Maak die kolwe voorsiening vir hierdie probleem?
Groetnis
Hein
Re: BOYDS KOLF MANNE
Posted: Sun Jul 24, 2011 10:00 am
by gideon
Hein
Ek wil thumbhole kolwe vir my 222 en 303 Epps kry. Ek verstaan dat jy by hulle 'n uninlet kolf kry as ek hulle reg verstaan is die kolf glad nie oopgesny vir aksie en loop nie. Ek kyk na sulke kolwe aangesien hulle nie kolwe vir my gewere se aksies het nie. Ek mag verkeerd wees maar as jy die roete gaan kan die man wat jou kolf hier vir jou fit dalk jou probleem oplos.
Re: BOYDS KOLF MANNE
Posted: Sun Jul 24, 2011 10:57 am
by Jagtersdok
Hein M. wrote:
Hallo almal!
Ek wil ook eendag 'n thumbhole Boyds koop, maar is bekommerd oor die afstand na die sneller. My hande is kleiner, so dit kan 'n probleem wees. Maak die kolwe voorsiening vir hierdie probleem?
Groetnis
Hein
Hein jy kan bietjie wegvat by die thumbhole om die afstand kleiner te maak
Re: BOYDS KOLF MANNE
Posted: Sun Jul 24, 2011 1:38 pm
by Hein M.
Gideon / Dok
Dankie vir die raad! Ek eye daardie bloue - dink Arnold het een
Mooiloop!
Hein
Re: BOYDS KOLF MANNE
Posted: Sun Jul 24, 2011 2:23 pm
by Biltongjagter
Daar is 'n
'Firearms Cross Reference' afdeling op hulle webwerf waar jy kan vasstel watter van hulle kolwe behoort die naaste aan pas te wees vir jou geweer indien jou geweer nie op hulle lys verskyn nie.
In hierdie gevalle dink ek dit sou beter wees om 'n 'unfinished' kolf te bestel - geen 'inlet' werk is aan so 'n kolf gedoen nie, ook nie finaal afgewerk nie - kos gemiddeld US$30.00 minder.
USPS (US Postal Services) se 'Priority Mail International' - al opsie beskikbaar - beloop tans US$54.55.
Dus indien kolf $69 kos en $54.55 = US$ 123.55 en indien R/$ wisselkoers om en by 7.18 is, kos die kolf jou minder as R900.00 om hier te kry.
Groete,
Koos.
Re: BOYDS KOLF MANNE
Posted: Sun Jul 24, 2011 8:37 pm
by gideon
Hi Koos.
Baie dankie dit help baie. Jy weet nie min of meer hoe lank dit neem tot hy hier land nie.
Hein Het ook gaan kyk daar is nie feel uninlet kolwe in die thunbhole reeks tans beskikbaar nie. Sal hopelik terugvoer kry op my epos en al die inligting kry. Sal hier met jou gesels as ek iets uitvind.
Groete
Gideon
Re: BOYDS KOLF MANNE
Posted: Mon Jul 25, 2011 8:25 am
by Biltongjagter
Gideon,
Sal sodra ek die presiese inligting mbt tyd vanaf bestelling tot aflewering hier plaaslik kry, vir jou laat weet.
Groete,
Koos.
Re: BOYDS KOLF MANNE
Posted: Mon Jul 25, 2011 8:43 am
by Beyers
Tyd vir aflewering is baie vinnig tot in SA. Posdiens vat so twee weke as dit goedgaan.
Re: BOYDS KOLF MANNE
Posted: Mon Jul 25, 2011 9:12 am
by Freddie101
Het ook kolf van Boyds bestel. Diens was goed. So 2 weke soos Beyers se. Dit was vir remington 700 bdl aksie in .270w. Ross featherweight varmint thumbhole in pepper laminated. Die finished produk. Ou kolf afgehaal en nuwe en nuwe een opgeskroef. Het dadelik gepas.
Het egter vir Beyers gevra om hom te pillar bed en pak. Hy het R750 gevra en kolf saam met posgeld en belasting om en by R1200. Dus lekker kolf vir onder R2000. Oja Beyers het ook bietjie gewig in die vorm van haelkorrels agter ingesit want ek wou hom bietjie swaarder he.
Sal enige tyd aanbeveel.
Groete Freddie
ns Dit kapok op die oomblik lekker hier by ons. (Tarkastad)
Re: BOYDS KOLF MANNE
Posted: Mon Jul 25, 2011 9:41 am
by prohunt
Almal gesels nou so lekker oor die kolwe dat ek ook lus raak vir een vir my .375 Winchester Mod 70. Kan iemand dalk vir my se of die kolwe gemaak is vir die lope om "freefloating" te wees?
Re: BOYDS KOLF MANNE
Posted: Mon Jul 25, 2011 11:10 am
by Beyers
Die paar wat ek mee tedoen gehad het was freefloated. 'n presiese pas op die loopprofiel op 'n mailorder kolf is baie moeilik bereikbaar, naas ontmoontlik.
Re: BOYDS KOLF MANNE
Posted: Mon Jul 25, 2011 2:24 pm
by prohunt
Baie dankie Beyers. Ek aanvaar dat 'n presiese pas nie maklik gaan wees nie, maar jy het my vraag geantwoord deur as die ontwerp ten minste vir "freefloat" is, is daar hoop om die fynere aanpassings vir die spesifieke profiel te maak.
Re: BOYDS KOLF MANNE
Posted: Mon Jul 25, 2011 7:17 pm
by gideon
Manne
Ek het nou net my kolf bestel. Het 'n uninlet thumbhole sporter in pepper gevat. Het 113$ vir die kolf en posgeld betaal. Dink nie dit is te sleg nie.
nou is dit weer 2 tot 3 laaaaaaang weke.
Re: BOYDS KOLF MANNE
Posted: Mon Jul 25, 2011 7:52 pm
by Arnold
My Howa het net so gepas
[img width=560 height=217]
http://i194.photobucket.com/albums/z44/ ... 223Rem.jpg[/img]
By Rem700 se inletting sal ek so klein bietjie hout moet wegvat sodat die safety werk, maar anders 100%.
[img width=175 height=480]
http://i194.photobucket.com/albums/z44/ ... C10956.jpg[/img][img width=167 height=480]
http://i194.photobucket.com/albums/z44/ ... C10954.jpg[/img]
Re: BOYDS KOLF MANNE
Posted: Mon Jul 25, 2011 8:08 pm
by gideon
Arnold
is dit nou nodig? dit is dam pragtige gewere daai.
Re: BOYDS KOLF MANNE
Posted: Mon Jul 25, 2011 8:10 pm
by gideon
Arnold.
Is jou 7mm is die black pepper?