Kom ons smile bietjie manne
Posted: Thu Jun 30, 2016 2:55 pm
'n Pa koop 'n lie-detector-robot wat jou klap as jy lieg.
Daardie aand aan tafel vra hy vir sy seun: "Waar was jy vandag?"
"By die skool Pa." Whap! Klap die robot hom.
"Jy lieg!" sê sy pa.
"Oukei oukei," ek het 'n DVD gekyk by die huis."
"Watter DVD?" vra sy pa.
"Toy Story 3!" sê die seun. Whap! Klap die robot hom weer.
"Oukei oukei," na aan trane sê die seun, "Dit was porn."
Die pa sê toe vir hom: "Toe ek jou ouderdom was het ek nie eers geweet van porn nie." Whap! Klap die robot vir pa.
Die ma lag en sê: "'n Mens kan sien hy is jou seun." Whap! Klap die robot die ma!
Pa stuur aan sy seun in die tronk 'n brief: "Ek sal nie die jaar aartappels kan plant nie. Die lande is nie omgespit nie, want jy is nie hier om uit te help nie."
Seun skryf terug: "Dit is ook maar goed, want die geld wat ek gesteel het, is in die lande begrawe."
Die volgende dag toe is die polisie daar en spit alles om opsoek na die geld, maar kry niks.
Seun skryf weer aan sy pa: "Pa kan nou maar plant, dit is die beste wat ek kon doen van hier af!"
Die pa stuur sy klein seuntjie bed toe. Na vyf minute.
Seuntjie: "Paaa!"
Pa: "Wat?"
Seuntjie: "Ek is dors, kan pa vir my water bring?"
Pa: "Nee, jy het jou kans gehad. Ligte af en slaap."
Na vyf minute... Seuntjie: "Pa!"
Pa: "Wat?"
Seuntjie: "Ek is dors. Kan pa vir my water bring?"
Pa: "Ek het gesê nee. As jy weer vra gaan ek jou voetter!"
Vyf minute later: "Paaaa!"
Pa: "Wat nou?"
Seuntjie: "As pa my kom voetter... Sal pa vir my water saambring?"