'n Pa koop 'n lie-detector-robot wat jou klap as jy lieg.
Daardie aand aan tafel vra hy vir sy seun: "Waar was jy vandag?"
"By die skool Pa." Whap! Klap die robot hom.
"Jy lieg!" sê sy pa.
"Oukei oukei," ek het 'n DVD gekyk by die huis."
"Watter DVD?" vra sy pa.
"Toy Story 3!" sê die seun. Whap! Klap die robot hom weer.
"Oukei oukei," na aan trane sê die seun, "Dit was porn."
Die pa sê toe vir hom: "Toe ek jou ouderdom was het ek nie eers geweet van porn nie." Whap! Klap die robot vir pa.
Die ma lag en sê: "'n Mens kan sien hy is jou seun." Whap! Klap die robot die ma!
Pa stuur aan sy seun in die tronk 'n brief: "Ek sal nie die jaar aartappels kan plant nie. Die lande is nie omgespit nie, want jy is nie hier om uit te help nie."
Seun skryf terug: "Dit is ook maar goed, want die geld wat ek gesteel het, is in die lande begrawe."
Die volgende dag toe is die polisie daar en spit alles om opsoek na die geld, maar kry niks.
Seun skryf weer aan sy pa: "Pa kan nou maar plant, dit is die beste wat ek kon doen van hier af!"
Die pa stuur sy klein seuntjie bed toe. Na vyf minute.
Seuntjie: "Paaa!"
Pa: "Wat?"
Seuntjie: "Ek is dors, kan pa vir my water bring?"
Pa: "Nee, jy het jou kans gehad. Ligte af en slaap."
Na vyf minute... Seuntjie: "Pa!"
Pa: "Wat?"
Seuntjie: "Ek is dors. Kan pa vir my water bring?"
Pa: "Ek het gesê nee. As jy weer vra gaan ek jou voetter!"
Vyf minute later: "Paaaa!"
Pa: "Wat nou?"
Seuntjie: "As pa my kom voetter... Sal pa vir my water saambring?"
Kom ons smile bietjie manne
- FHM
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm
Kom ons smile bietjie manne
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
-
Sarel
- Sr. Member

- Posts: 349
- Joined: Fri Jun 08, 2012 1:38 pm
Re: Kom ons smile bietjie manne
Die boer het in 30jaar nooit stad toe gegaan nie. Hy besluit toe dat dit tyd is om sy seun te vat en die sonde in die stad te gaan wys.
Hulle gaan na een van daai groot winkelsentrums toe, en vergaap hulle aan alles wat hulle sien. Hulle hou die meeste van die twee blink staal mure by die trappe.
Skielik word 'n ou vrou in 's rolstoel voor die deure gestoot, en sy druk 'n knoppie teen die muur. Die deure maak oop, en sy word ingestoot.
Verbaas kyk die boer en sy seun na die deure, en sien die liggies bo die deur gan 1,2,3,4. En toe na 'n rukkie gaan die liggies 4,3,2,1
Die deure gaan oop, en daar stap 'n mooi 24jare blonde meisie uit.
Die boer en sy seun kyk na mekaar, en die boer se vir die seun : "Gaan roep jou Ma nou DADELIK!"
- Riaan Kriel
- Hero Member

- Posts: 1284
- Joined: Tue Sep 02, 2014 3:53 pm
- Hein M.
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm
Re: Kom ons smile bietjie manne
Hier is 'n ou ene...
KERSKOEK RESEP
Bestandele:
1 koppie water
1 teelepel koeksoda
1 koppie suiker
1 teelepel sout
1 koppie bruinsuiker
Suurlemoensap
4 groot eiers
Neute
1 bottel vodka
2 koppies droë vrugte
Metode:
Proe die vodka om gehalte te toets.
Neem 'groot mengbak en proe weer die vodka.
Maak seker dis die beste gehalte, skink een koppie vol vodka en drink
dit.
Skakel die menger aan.
Klits een koppie botter in 'n donsige bak.
Voeg 'n teelepel suiker by.
Klits weer.
Maak sker die vodka is stjeeds goed.
Drink nog 'n koppie .... vir die wis en die onwis.
Skakel die manger af.
Breek twee uiers, gooi dit en die droëvrugte by.
Tel die vrugte van die vloer op.
Meng die skakelaar aan. As die droëvrugte in die menger vassjit,
sjkroewedraaer dit losj.
Proe die vodka vir gifterigheid.
Sif nou twee koppies sout, of so iets. Wie gee om???
Proe die vodka.
Sif die suurlemoensap, dreineer die neute en gooi 'n tafel by.
Dan 'n lepel sjuiker, of sjo ietsj. Wat jy ook al kan kry.
Sjmeer die oond.
Draai die koekpan 360 grade en moenie vallie!
Menger die afskakel
Gooie die bak deurrie venster enne drunkie laasjte vodka op.
Gekersde Seënfees!!!!!!!!!!!!!!

Nog 'n oue:
> Oorvertel as die waarheid, die volle waarheid en niks anders as die
> waarheid!!!
>
> Op 'n Maandag oggend, het die hele skool soos gewoonlik in die saal
> vergader. Die skoolhoof het soos gewoonlik sy storie vertel, die
> eerste rugbyspan geprys, die skoolkomitee hartlik bedank, die
> kinders met stories bang gemaak - nie dat ek dink kinders skrik meer
> vir enigiets minder as die doodstraf, wat hulle weet hulle nie opgelê
> kan word nie.
>
> Hy betuig verder sy dankbaarheid teenoor die kinders wat hulle siviele
> eise teen die skool teruggetrek het, en vir die wat nie meer in die
> klaskamers rook nie.
>
> Op die verhoog staan daar twee kartondose. In hierdie kartondose is
> daar Bybels wat deur die Gideon organisasie (dis die ouens wat Bybels
> in hotelle ens. plaas) aan die skool geskenk is. Die idee is om vir
> alle kinders wat nie bybels het nie, 'n bybeltjie te gee.
>
>
> Omdat hierdie nogal 'n noemenswaardige gebaar is, het twee van die
> Gideon mense na die skool gekom om die Bybels te oorhandig. Die twee
> sit so half eenkant - weg van die onderwysers af.
>
>
> Toe die hoof klaar is met sy aankondigings, kyk hy so op na die
> kinders, en sonder om 'n beat te mis, swaai hy sy hand so na die twee
> Gideon mense se kant toe en sê: "Julle wonder seker wat hierdie twee
> dose op die verhoog doen?"
>
> Nodeloos om te sê die volgende oomblik het chaos uitgebars en die
> onderwysers rapporteer dat dit onmoontlik was om enigiets die moeite
> werd vir twee dae in die kinders se koppe te kry, aangesien hulle
> telkens uitgebars het van die lag.
>
> Die arme twee Gideons het nie 'n woord kon inkry nie en die twee dose
> met Bybels in is onuitgedeel na die hoof se kantoor verskuif.
>
> N.S.Dis hoekom 'n "box" 'n boks is en nie 'n doos nie! Ons het die
> woord al te veel verniel in Afrikaans.

LMGA Hein ! 
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
-
koos 2
- Hero Member

- Posts: 734
- Joined: Tue Mar 18, 2014 5:01 pm
Re: Kom ons smile bietjie manne
Baie baie goed...ek het nou lekker gelag!!!
-
308Win
- Sr. Member

- Posts: 493
- Joined: Sun May 12, 2013 1:15 pm
Re: Kom ons smile bietjie manne
Dieselfde as Jannie wat vir sy ouma vra om boks te spel. Sy se dit is 'doos' in ordentlike Afrikaans.Hein M. wrote:Nog 'n oue:
> Oorvertel as die waarheid, die volle waarheid en niks anders as die
> waarheid!!!
>
> Op 'n Maandag oggend, het die hele skool soos gewoonlik in die saal
> vergader. Die skoolhoof het soos gewoonlik sy storie vertel, die
> eerste rugbyspan geprys, die skoolkomitee hartlik bedank, die
> kinders met stories bang gemaak - nie dat ek dink kinders skrik meer
> vir enigiets minder as die doodstraf, wat hulle weet hulle nie opgelê
> kan word nie.
>
> Hy betuig verder sy dankbaarheid teenoor die kinders wat hulle siviele
> eise teen die skool teruggetrek het, en vir die wat nie meer in die
> klaskamers rook nie.
>
> Op die verhoog staan daar twee kartondose. In hierdie kartondose is
> daar Bybels wat deur die Gideon organisasie (dis die ouens wat Bybels
> in hotelle ens. plaas) aan die skool geskenk is. Die idee is om vir
> alle kinders wat nie bybels het nie, 'n bybeltjie te gee.
>
>
> Omdat hierdie nogal 'n noemenswaardige gebaar is, het twee van die
> Gideon mense na die skool gekom om die Bybels te oorhandig. Die twee
> sit so half eenkant - weg van die onderwysers af.
>
>
> Toe die hoof klaar is met sy aankondigings, kyk hy so op na die
> kinders, en sonder om 'n beat te mis, swaai hy sy hand so na die twee
> Gideon mense se kant toe en sê: "Julle wonder seker wat hierdie twee
> dose op die verhoog doen?"
>
> Nodeloos om te sê die volgende oomblik het chaos uitgebars en die
> onderwysers rapporteer dat dit onmoontlik was om enigiets die moeite
> werd vir twee dae in die kinders se koppe te kry, aangesien hulle
> telkens uitgebars het van die lag.
>
> Die arme twee Gideons het nie 'n woord kon inkry nie en die twee dose
> met Bybels in is onuitgedeel na die hoof se kantoor verskuif.
>
> N.S.Dis hoekom 'n "box" 'n boks is en nie 'n doos nie! Ons het die
> woord al te veel verniel in Afrikaans.
Die volgende dag kom hy met 'n reuse pakslae op sy boude tuis. Pa vra hoekom?
Hy moes sinne maak oor sport. Toe skrywe hy:
'Ek hou meer van doos as van rugby'