Raad oor geweer koop

Post Reply
DieLem
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 58
Joined: Mon Jul 11, 2011 4:03 pm

Raad oor geweer koop

Post by DieLem »

Goeie Middag

Ek is nuut tot die forum maar ek het darem al 'n paar van die posts gelees en het dit baie geniet.

Ek beplan om binne die volgende maand vir my 'n geweer te koop.
En hierdie is nie 'n post oor wat om te koop nie,ek sal daai perd nie weer opsaal nie, alhoewel ek enige raad sal waardeer.
My vraag is as volg: Is dit beter om nuut te koop as 2de hands of is daar nie rerig 'n verskil nie?
Die kaliber waarna ek kyk is die 300 Win Mag en die voorloper op die stadium is die winchester mod 70 sporter ek dink dis 'n baie goeie geweer en goed geprys.

Baie Dankie
User avatar
BLOUVALKIE
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 267
Joined: Fri Jul 01, 2011 3:39 pm

Re: Raad oor geweer koop

Post by BLOUVALKIE »

welkom oom lem

hoop oom geniet die forum

BLOUVALKIE
HIERDIE BOERE SEUN HET N AFRIKANER HART EN SAL ALTYD EEN HE!! MAAK NIE SAAK WAT NIE!!

GAMO CFX 1000
ZASTAVA 308
BRNO 270
Danie Lombard .243

Re: Raad oor geweer koop

Post by Danie Lombard .243 »

Lem


Jou vraag oor om nuut te koop of tweedehands?  Koop nuut. Hoe weet jy werklik hoeveel skote 'n loop al geskiet het? 150 of 1500? Het die vorige eienaar die geweer geskiet met olie in die loop? Het hy altyd dieslfde ammo gebruik ens. ens.

As jy kan bekostig, koop liewers 'n nuwe geweer, dan het jy die voorreg om te begin met 'n nuwe loop, jare se pleiser. .300Win Mag is 'n uitstekende jag kaliber.
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Raad oor geweer koop

Post by BLOK »

Lem

Baie welkom op die forum, luister maar na wat Danie se, tensy jy weet wie die geweer se vorige baas was en hoe hy behandel was is die beste opsie maar nuut. Jou kaliber keuse is uitstekend. Maar ek sal jou aanraai om ook na Howa of Tikka te kyk beter waarde vir dit wat jy spandeer gaan jy nie sommer klop nie, veral met die Howas.

Prys van n tweedehandse geweer is so min verskil op daai twee fabrikate dat dit die moeite werd is im nuut te koop. N tweedehandse goeie geweer gaan jou +- R8000 kos en as jy nie weet wat sy baas gemaak het nie bnnekort n nuwe loop wat weer maklik R8000 kan wees dan moes jy klaar R16000 eerder vir n nuwe uitgegee het (Pryse is net rof weg).

Onthou ook om jou begroting na te kyk want n scope en ringe kan n man ook nog amper afhangende van die kwaliteit net so veel of meer as die geweer kos.

Blok
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Raad oor geweer koop

Post by Monrique (SJ) »

DieLem

Eerstens baie welkom en hoop jy gaan dit geniet.

As jy kan nuut koop, koop dan so.  Soos BLOK gese het, die Howa's is ook baie goeie waarde vir geld en jy sal nie sommer n fout met hulle maak nie.  Dis op die einde net jy wat hom gaan gebruik en jy moet vrede wees met die geweer, so koop wat jy wil!


Groetnis
DieLem
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 58
Joined: Mon Jul 11, 2011 4:03 pm

Re: Raad oor geweer koop

Post by DieLem »

More More

Dankie aan almal wat gereageer het!!
Julle laat my sommer welkom voel!!
Julle het net my gevoel bevestig, met julle antwoorde.

Ek het ook gedink om 'n nuwe geweer te koop, en dit sal nou so wees.
Ek het gekyk na Howa en TIkka en CZ en sommer alles in daai prys klas.
Die enigste probleem met die Howa vir my is die sintetiese kolf ek is maar 'n ou vir mooi houtkolf.
Ek het na die tikka gekyk, uitstekende gewere, die geweer is vir my net bietjie lig, waar die Winchester net lekker in my skouer sit sover het hy nog die gemaklikste gevoel in my skouer, maar die groot rede hoekom ek op die Winchester besluit het is omdat hy 'n 26" loop op het waar die ander net 24" lope op het.
User avatar
WillemS
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 385
Joined: Wed Sep 15, 2010 4:30 pm

Re: Raad oor geweer koop

Post by WillemS »

Lem

Ek het ook 'n Winchester in 300wm, maar dis nog die vorige modelle en ek is baie tevrede met hom! Ongelooflike lekker geweer en skiet 'n hond uit 'n bos uit! Die nuwe Winchesters  lyk en voel sommer nog beter, so ek dink jy behoor nie 'n fout te maak nie!

Klink my jy het so half klaar besluit!

Willem
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Raad oor geweer koop

Post by BLOK »

Lem

Baie goeie geweer die Winchester en jy sal nie verkeerd wees om een te koop nie. Die enigste ding wat nadelig kan wees is soos jy se die langer loop, nou as jy die geweer net so standaard hou is daar geen probleem maar met n 300 gaan daar iewers in die toekoms by jou die gevoel kom dat die skouer effe oorwerk word (skop) dalk nie vandag nie ek weet nie hoe oud jy is nie maar ver voormore as die ouderdom intree dalk. Nou dan kom die probleem by die effe langer loop want sit jy n breker of silencer vooraan dan begin die lengte baie pla.

Maar as jy jou kop op daai geweer gesit het hou hom anders gaan jy altyd wonder sou dit nie beter gewees het nie.

Blok
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
Zillen
Newbie
Newbie
Posts: 47
Joined: Fri Mar 04, 2011 1:46 pm

Re: Raad oor geweer koop

Post by Zillen »

Lem

Kry vir jou daai Winchester. Ek het myne so 2 maande terug gekry en is baie tevrede met die akkuraatheid met fabrieksammo en die skop is vir my glad nie te erg nie.

Groete,
Zillen
.243 Win Sako L579
.300 Win Mag Winchester Mod70 Super Grade
DieLem
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 58
Joined: Mon Jul 11, 2011 4:03 pm

Re: Raad oor geweer koop

Post by DieLem »

Baie Dankie aan almal wat insette gelewer het.

Ek het besluit ek gaan die winchester koop, behalwe as ek erens 'n baie goeie 2de handse koop kry.
Nou net om die finansies reg te kry en die papier werk en dan die groot wag vir die liksens.

Groete

Lem
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5154
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Raad oor geweer koop

Post by Pvdw »

Welkom DL.

Ek ken nie die Winchester gewere nie maar ek glo hy moet werk. Ek het egter so 6 weke terug vir die eerste keer 'n nuwe geweer gekoop. 'n HOWA .223. Man dis darm lekker om so terug te staan en te besef hy is nou myne!!

Geniet wat jy ook al koop.

Peet
Work to live, don"t live to work
Post Reply