2016 Jag Bandelierskop
Posted: Mon Jun 27, 2016 8:23 am
Gedink ek wil ook weer bietjie my jag trip met julle almal deel.
Ons is donderdag oggend 3 uur uit Eldoraigne uit vir ons jaarlikse jag te Bandelierskop. Dit was lekker koud die oggend maar met almal wat lekker slaap in die kar was dit vinnig toe stop ons by die plaas net so voor 06H30.
Gelukkig was al ons goed reg en ek en Marinus kon vinnig gou gaan kyk of die gewere nog reg skiet. Die vrouens en kinders het alles in die kamp reg gekry en ons is uit veld toe.
Die wind het gedwarrel en ons het elke keer as ons net die koedoes begin bekruip het die wind gedraai en hulle het gehardloop dat die takke trek. So teen 12H00 se ek vir die gids ons moet maar terug draai en begin toe vinnig loop om weer by die bakkie te kom. Oppad terug kry ons twee mooi koedoe koeie wat rustig staan en wei, maar die wind is reg van ons af na hulle. Ons gaan bietjie nader en soos geluk dit wil he staan hulle net rustig daar. Ek sit die kruishaar van die 243 net agter die blad en die skoot loop. Die koedoe spring en sy val so 5 meter verder mors dood neer. Die 86gr Titan punt het mooi die hart en longe gevat en sit in die oorkantste blag in die been vas. Ongelukkig het dit verlore geraak met die slag iewers. Maar die vleis skade was vreeslik min. Sy het toe 96kg geweeg na vel, kop en binne goed uit gehaal is.
Die middag het ons net begin loop toe ek Marinus hoor skiet met my 30-06 so 5 min van die bakkie af. Hy het toe sy eerste koedoe bul geskiet in sy lewe. Wat 'n lekkerste is dit darem nie om 'n vriend so gelukkig te sien oor sy eerste koedoe. Dit was nie 'n vreeslike groot bul nie, 105kg karkas gewig, maar die opwinding wat hy gegee het is baie swaarder.
Die volgende dag het hy 'n rooibok ooi geskiet en ons kon darem die Rhino 165gr terug kry. Sy is reg van voor geskiet en ons het hom gekry net voor die boud. Die hele hart was weg geskiet. Na die tyd het ek gekyk en die gewig retensie was 96% (159gr) en het wonderlik mooi oop gemaak.
Ons het gesoek vir rooibokke verder maar kon nooit weer 'n skoot op een kry nie. Saterdag oggend het ek besluit om 'n vlakvark te skiet, mooi tussen die oe en ore, en hy het net daar geval - so die titan het weer wonderlik dood gemaak.
Ek kan regtig die titan koeeltjies aanbeveel en sal regtig nog wil sien wat hulle in die 30-06 sal maak. Maar ek dink met indien hulle op die regte plek geskiet word sal ek eenige iets met vertroue met hulle aan vat.